EFF vertraag mini-begrotingsrede

Die EFF het die parlement tydens die mediumtermyn-begrotingsraamwerk verlaat (25 Oktober 2017). Skermskoot: eNCA

Die EFF het Woensdag probeer om Malusi Gigaba, minister van finansies, te verhoed om sy mediumtermyn-begrotingsraamwerk te lewer deur hom ʼn “misdadiger” en ʼn “Gupta-seun” te noem.

EFF-LP Mbuyiseni Ndlozi was die eerste EFF-lid wat opgespring het en gesê het: “Ons kan nie mnr. Gigaba toelaat om die parlement toe te spreek nie, want hy is die enigste rede hoekom ons staatskaping in Suid-Afrika het.”

Ndlozi het beweer Gigaba was medepligtig daaraan om die Gupta-familie te help om winsgewende transaksies met die staat aan te gaan. “Die parlement kan nie gesien word dat hy iemand wat in werklikheid ʼn Gupta-kader is, regverdig nie,” het Ndlozi gesê.

Baleka Mbete, speaker van die nasionale vergadering, het probeer om Ndlozi en sy mede-LP’s uit die parlement te laat verwyder, maar is gewaarsku dat sy die korrekte prosedure moet volg, insluitend om vir Ndlozi te vra om sy uitsprake terug te trek.

LP’s word nie toegelaat om die integriteit van ander lede van die nasionale vergadering te beledig nie. Sulke bewerings kan slegs gemaak word deur ʼn ondersteunende mosie by die parlement in te dien.

Mbete het die EFF-lede versoek om stil te bly en na die begrotingsraamwerk te luister of die parlement te verlaat. Hulle het gekies om die parlement te verlaat.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

4 Kommentare

Alida ·

Iets om vanaand oor te lag 7 uur nuus. Skandalig mens kry skaam vir jou land.

Fourie ·

A-politiese waarneming :- Salut! vir die EFF wat keer op keer bereid is om hulle monde oop te maak in die parlement en vas te staan by hul beginsels, wat meestal heeltemal reg is.

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.