Die EFF verwerp die uitspraak deur ʼn volbank regters wat bevind het dat die sogenaamde “rogue”-eenheid in die Suid-Afrikaanse Inkomstediens (SAID) destyds regmatig op die been gebring is.
Die party bestempel die uitspraak as “irrasioneel, ongrondwetlik en bowenal ʼn bedreiging vir nasionale veiligheid” en verbind hom daartoe om die uitspraak in die hoogste hof te betwis.
Die EFF het Dinsdag gesê hy het ʼn skrywe aan die gesamentlike staande komitee oor intelligensie gerig waarin hy die komitee versoek om ʼn ondersoek na die eenheid te gelas.
“Ons het alle rede om te glo dat die SAID geheime intelligensie ingesamel het deur gebruik te maak van indringende toerusting wat met staatsgeld gekoop is.”
Die party is ongelukkig met die uitspraak aangesien die regters, volgens die EFF, in wese sê dat die SAID, of enige ander staatsdepartement, koverte intelligensie kan insamel sonder enige ondersteunende wetgewing, toestemming van die president en enige parlementêre toesig soos dit deur die wet vereis word.
“Landsburgers, selfs dié wat van misdaad verdink word, het regte wat maghebbers nooit mag skend nie. Niemand het die mag om die privaatheid van mense in te dring en hul waardigheid aan te val nie. Dit is waarom die insameling van intelligensie te alle tye op verantwoordelike wyse en binne die raamwerk van die wet gedoen moet word.”
Die party het daarop gewys dat die SAID deur die parlement aanspreeklik gehou word.
Die EFF sê hy wil dus steeds weet wie in die “rogue”-eenheid in die parlement verslag gedoen het rakende die eenheid se aktiwiteite.
“Wie het toesig gehou oor sy geheime aktiwiteite? Die antwoord is niemand nie.”
O wee, die gesang is uit! Kommentaar word ná 48 uur op ʼn artikel op Maroela Media gesluit. Kom kuier gerus verder op ʼn meer onlangse artikel.
27 Kommentare
EFF, die oorgrote meerderheid van die land beskou JULLE as ‘n bedreiging vir nasionale veiligheid. Die verskil is ons kan dit bewys..
Die “Hoofnar” het gepraat!!!!
Bla bla bla ons weet hulle ondersteun diehuidige OB
Soos gewoonlik weet die nar weer van beter. Hoe pateties kan die EFF tog nog wees?
Iemand is geWORRY!!!!! BAIE GEWORRY….want sien die EFFers se finansies is als behalwe bo verdenking.