EFF vies oor appèlhofbeslissing in ‘doodskis-saak’

Jackson en Oosthuyzen in die hof. Foto: Landi Slatter

Die EFF gaan die Nasionale Vervolgingsgesag (NVG) vra om te appelleer teen ʼn hofbeslissing om die twee mans in die “doodskis-saak” se skuldigbevindings en vonnisse om te keer.

Dit volg nadat Theo Martins Jackson en Willem Oosthuyzen se appèl teen hul skuldigbevindings en vonnisse Maandag in die appèlhof in Bloemfontein geslaag het.

Jackson en Oosthuyzen is in 2017 gevonnis op ʼn reeks aanklagte nadat daar bevind is hulle het Victor Mlotshwa aangerand en in ʼn doodskis ingedwing. ʼn Video van die voorval is wyd op sosiale media versprei. Oosthuyzen en Jackson is onderskeidelik tot effektief 11 jaar en 14 jaar tronkstraf gevonnis. Hulle het reeds drie jaar van dié vonnis uitgedien.

“Die EFF verwerp die appèlhof se besluit om die skuldigbevinding van hierdie twee rassiste ter syde te stel. Mlotshwa se menswaardigheid is geweldig deur die voorval aangetas,” sê die party Dinsdag in ʼn verklaring.

Die EFF wil nou hê die NVG moet die saak met die Konstitusionele Hof opneem. “Ons howe moet regtig in ag neem dat anti-swart rassisme ʼn werklikheid vir wittes is wanneer hulle met swart mense te doen het. Wit bevoorregting red wit mense altyd van die lang arm van die gereg en dit moet einde kry,” lui die verklaring.

 

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

22 Kommentare

magda ·

EFF – ag regtig – praat wanneer julle nie moet nie – en as julle iets moet se wat iets SAL beteken – is julle monde stil.

sdp ·

Genadiglik weet niemand wat ek eintlik wil se nie!!!maar nie mag se nie

Gedagte ·

sdp, ek kan gedagtes lees ! LOL. Hoef nie veel te uiter nie, kan dink, almal wil dit uiter.

Cherokee ·

Toe..toe..toe! Sensor daai gedagtes asseblief! Daai woorde wat julle dink!

Eugene ·

Lê en Le, Sê en Se het verskillende betekenisse. So ook vele meer met of sonder leestekens.

Andre ·

Hulle het nog nooit iets gese wat sin maak of iets werd is nie….as hulle dit doen gaan niemand meer vir hulle stem nie.

Sobymykoolkop ·

Spaar julle energie vir AS julle gevat word vir vbs en on point engineering. Dan gaan julle geld nodig hê vir appél as die grootoog siekte nie julle leier voor dan kom haal nie.

Ronell ·

Ag tog, as dit nie Jan van Riebeeck is nie, dan is dit kolonialisme of Verwoerd of apartheid of die Europeërs of wit rassiste.
Hulle kan maar gerus nou ander slaansak redes begin soek, die ander is nou al so holrug gery dit maak mens eenvoudig siek

Johanna Botha ·

Waaroor ek ongelukkig is is dat die VBS gelde nognie terugbetaal is nie

Johann van Cullinan ·

Aag siestog. EFF, wil julle ook iets sê. Julle dag van afrekening deur GOD van Abraham, Isak en Jacob kom. Gaan maar voort. Julle het haat in julle harte, maar dit is nie uit julle self nie. Wat het julle gedink. Indien jou lewe met Jesus van Nasaret reg was en jy is gelukkig om die ewige lewe in te gaan, gaan julle verbaas wees, hoeveel verskillende rasse daar gaan wees, ongelukkig gaan dit nie oor vel kleur nie, maar oor jou geloof in Jesus. Ek kan net een ding sê, ek sien nie die lede van die EFF die ewige lewe beërwe nie. Maak julle saak met Jesus reg. Die tyd is min. Dit maak nie saak of daar eindtyd natuurrampe kom nie, waarvan ek praat is om julle lewe reg te kry, want jy kan sterf aan ñ siekte en deur sulke haat gaan julle die ewige lewe mis. Maak plek vir liefde in julle harte. Die haat oorweldig julle. Die bybel het baie antwoorde. Lees Dit, maar loop ook die pad. Elke dag. Nie net Sondae nie.

johan ·

moes n paar van julle nie al in die tronk gesit het nie …ooo verkeerd julle mag mos korrup wees…sorry…

Fanie Meintjes ·

Ag shame man, hulle moet kommentaar lewer om die aandag van hulle siek ideologie weg te neem.

Boerseun ·

Julios!!! Jou dag kom my boeta – die “lang arm van die gereg” gaan dan nie omgee of jy wit, swart of pers is nie – jou nuwe kleur is oranje!!!!

Margaret ·

sdp,jy haal die woorde uit my mond uit, en Gedagte, jy is 100 reg. Almal wil dieselfde sè, maar……

Christa ·

Dankie tog. Daai Manne hoort lankal tuis te gewees het. Rasisme vier hooggety. Dankie dat iemand wel ingredient het hoe rassisties Howe Kan wees.

Sarel ·

Verwaande haatdraende klein verskoningkie, enige mens met die geringste aanvoeling vir reg en geregtigheid het geweet dat die oorsproklike uitspraak irassioneel en populisties was. Net soos die Cogliny uitspraak wat ook gewysig sal word.

MarieM ·

My menswaardigheid word elke dag geweldig deur die EFF aangetas !!!

Hans ·

Die EFF moet ingedagte hou dat hul versoek/vertoë na beide kante toegepas sal moet.

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.