EFF vies oor ‘onvoldoende’ kennisgewing oor grondonteiening

(Argieffoto: GCIS)

Die EFF sê die parlement het die nuwe wetsontwerp oor grondhervorming sonder vergoeding vrygestel sonder behoorlike kennisgewing aan die publiek.

Die party, wat sterk fokus op grondhervorming, het die afkondiging van die wetsontwerp in die Staatskoerant verwelkom, maar sê dit is “gedoen sonder genoeg publisiteit en, erger nog, net voor Kersfees”.

Die wetsontwerp is op 6 Desember in die Staatskoerant afgekondig. Die tydperk vir openbare kommentaar verstryk op 31 Januarie.

Ingevolge die voorgestelde wetgewing moet art. 25 van die Grondwet gewysig word, spesifiek om voorsiening te maak vir onteiening sonder vergoeding. Die wetsontwerp spesifiseer egter nie die omstandighede waaronder dit kan gebeur nie, maar stel dit wel dat wetgewing opgestel moet word wat moet bepaal wanneer ʼn hof kan besluit wanneer grond sonder vergoeding onteien kan word.

“Ons doen ʼn beroep op Suid-Afrikaners om die wetsontwerp so ver moontlik te versprei om te verseker dit bereik soveel moontlik mense,” het die EFF gesê.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.