EFF vies oor verpligte inenting by NWU

Hoofgebou-potchefstroomkampus

Hoofgebou by die Potchefstroom-kampus van die Noordwes-Universiteit. (Foto: Maryke Laas/NWU)

Die EFF se studenteorganisasie, die EFF Student Command (EFFSC), op die Noordwes‑Universiteit (NWU) se Mafikeng-kampus is vies oor dié instelling se besluit om inenting teen Covid-19 verpligtend te maak vir alle studente aan die universiteit.

Luidens ʼn verklaring wat deur die organisasie uitgereik is, is hy veral ontevrede dat dié mandaat ingestel is sonder om die studente te raadpleeg en sê die beleid maak inbreuk op studente se basiese menseregte.

Die organisasie het die universiteit tot einde vandag (Vrydag) gegee om hul besluit te hersien en met ʼn alternatiewe oplossing vorendag te kom.

“Moet ons nie druk nie, want ons sal baie hard terug druk,” dreig die EFFSC in hul verklaring.

Volgens die nuwe beleid sal studente voortaan ʼn bewys van inenting moet lewer indien hulle onder meer toegang tot die universiteit se kampusse wil verkry, klas wil loop, in een van die universiteitskoshuise wil tuisgaan of aan die studentelewe wil deelneem.

Die South African Parastatal and Tertiary Institutions Union (Saptu) sê ʼn aantal werknemers van die Mafikeng-kampus vrees nou vir hul veiligheid aangesien die universiteit skynbaar nog nie op die EFF se ultimatum gereageer het nie.

“Sommige personeellede het selfs oorweeg om vandag tuis te bly as gevolg hiervan,” sê die vakbond.

Saptu meen dat die universiteit en die EFF se verskille wat betref die beleid van verpligte inenting deur middel van onderhandeling opgelos kan word.

Die vakbond het ook ʼn beroep op alle politieke partye met studenteverteenwoordiging gedoen om die hoofdoelwit van tersiêre instellings – om verdere leer te bevorder – in gedagte te hou wanneer meningsverskille soos hierdie ontstaan.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

28 Kommentare

Marius ·

Dit gaan oor mense regte wat onderdruk word. Nie almal is lam sakke wat alles maar net gelate aanvaar nie.

Misky ·

Gelukkig is hulle net vies en nie kwaad nie. Ons het mos gesien wat gebeur as hulle kwaad raak en selfs shampoo krap hulle om

Johan ·

Dis nonsens dat jy mense probeer verplig om n middel in hul ligame te spuit…dit terwyl dit GEEN voordeel inhou nie maar erge neweefekte kan beteken. Bitterlik teleurgesteld in ons “akademici”.

Jr ·

Kry net traan gas, blou smurfie water kannonne en rubber bullets. Dis al voorheen hoe hol hulle wanneer dit gebruik word

piet ·

Hier is ‘n patroon met die anti-vaxxers hier in SA: Konserwatiewe, Apartheidsimpatiserende Afrikaners, SA Trump-ondersteuners (beter bekend as die trompoppies), EFF ongehoorsames……

VaalDonkie ·

Die ouens in die middel is slim genoeg om te besef dit gaan nie oor 5G en die merk van die Dier nie, maar nie slim genoeg om te volg wanner die 120+ ouens verduidelik wat hul besware is nie.

Weereens, ek stel net feite. Ek beledig nie.

JohanR ·

Die EFF is vies vir alles! Gaan brand ietsie af. Dit is wat julle doen. Tyd om weer Brakenfell toe te kom dat ons kan sien hoe vinnig hardloop julle!

marbacca ·

Die EFF is ‘n grap, en hoe vinniger ons hulle begin ignoreer en geen media spreekbuis gee nie, hoe vinniger kan Suid Afrika hulle in die tru-spieëltjie sit…

Herman ·

Nou hoekom is hulle nou vies vir NWU? Hoekom nie ook vir al die ander plekke wat dit verpligtend maak nie. Dalk omrede daar meerderheid swart studente by Mafikeng kampus is. Voel vere vir wit.

Lekker in SA ·

1ste wat ek saam EFF stem oor die verpligte inenting my lewe my liggaam my keuse maar nie nodig om uitspattig te raak nie

VaalDonkie ·

Mens hoef nie altyd kant te kies nie. Laat hulle baklei

Dapper Patriot ·

Ek het nie gedink die woorde sal ooit oor my lippe gaan nie…
Maar hier stem ek saam met die EFF…

Robert ·

Hulle is maar wipplank ryers, in 2020 het hulle gehuil en geskree vir die Jab.

MakersMark ·

Sien Investec vra werknemers om in te ent of te betaal vir hul eie PCR toetsies om by die kantoor in te kom, anders om hul ry te kry. Lankal gesê dit gaan gebeur……

Karlahari ·

Waar was julle toe Vrystaat universiteit dieselfde mandaat ingestel het?
Nog op vakansie?

Jannie van Niekerk ·

Die spul manteldraaiers sal enige iets doen om aandag te trek. Eers was hulle vir die inenting en nou is hulle kastig daarteen.

Jannie van Niekerk ·

Is daar ENIGE iets in die heelal waaroor die spul grootbek lawaaimakers van die EFF nie tevrede is nie?
Selfs al gee elke wit mens op aarde vir die “beste bevelvoerder” van ongedissiplineerde rooi trroepe elkeen duisend miljard rand sal hulle nogsteeds vies wees vir iets.

Marius ·

Dalk moet die universiteite en besighede wat inentings afvorseer eers brand voordat iemand gaan luister….

piet ·

Ek sien ‘n paar koppige, verregse, Afrikaners saam met die EFF gepeupel mars. Kop in een mus, albei partye soek chaos in die nuwe SA.

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.