EFF vir haatspraak verkla

Ernst Roets, adjunk- uitvoerende hoof AfriForum (Foto: Reint Dykema)

Die burgerregte-organisasie AfriForum het Woensdag formele klagtes van haatspraak teen die EFF by die gelykheidshof se kantoor in die landdroshof in Johannesburg ingedien.

Dít volg ná ’n voorval waartydens lede van die EFF ’n liedjie met die woorde “white man, you must die” en “shoot to kill the Boere” gesing het.

Ernst Roets, adjunk- uitvoerende hoof van AfriForum en hoof van AfriForum se teenrassisme-eenheid, sê die burgerregte-organisasie het ’n prokureursbrief aan die leierskap van die EFF gerig waarop die party onbevredigend geantwoord het. Volgens Roets het dr. Mbuyiseni Ndlozi, woordvoerder van die EFF, die optrede van hierdie EFF-lede ook geprys.

“Haatspraak teen boere moet in besonder stopgesit word, aangesien geweld teen boere reeds ’n ernstige krisis is. Hierdie is nie ’n filosofiese debat nie. Die EFF skree ‘maak dood die boere’, en die boere word doodgemaak. Dít is die harde werklikheid,” sê hy.

Volgens Roets sal dié saak prioriteit geniet. Hy sê die saak sal waarskynlik op ’n verhoor uitloop soortgelyk aan die haatspraakverhoor van 2011 waar die hof beslis het dat Julius Malema en die ANC haatspraak gepleeg het met hul sing van die lied “Dubula i’Bhunu” (“Skiet die Boer”).

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

26 Kommentare

Hettie ·

Alhoewel ons al julle werk waardeer wil ‘n mens net
Wonder of julle nie geld mors nie. Julius en sy makkers steur hulle nke aan wette en wat die hof besluit nie.Die vorige hof uitslag se ink was nog nie droog nie toe sê hulle diesefde dinge met mening weer, en met GEEN gevolge nie.
Die sap steun hulle en sal beslis nie teen hulle optree nie.

Pieter ·

Afriforum het die vorige keer vir Malema pragtig in ‘n hoek gehad in die hof en toe vir een of ander baie, baie duistere rede buite die hof geskik en die skikking ‘n bevel van die hof gemaak. ‘n Paar dae het Malema sy streke herhaal en Afriforum het niks gedoen nie en dus die hofbevel ongedaan gemaak deur gebrek aan optrede.

Hopelik het Afriforum nou geleer uit die vorige fout en gaan voluit om die jafel te wurg tot hy blou is in die gesig (as dit moontlik is) met ‘n volwaardige hofuitspraak.

Moet ASB nie weer buite die hof skik nie, dit is die domste ding om te doen want die klomp steur hulle eenvouding nie daaraan nie.

Reyna-Marie ·

Elke… liewe … dag word ons minderheids groepie doodgemaak en die bloed vloei van jonk en oud sonder genade. Dit is nie meer diefstal nie dit is net moord, gruwelike moord om ons bang te maak. Selfs babas word nie gespaar nie amper asof daar ‘n oorlog gevoer word. As ‘n mens stilbly gaan jy net so stilletjies verdwyn. Jy is reg niks sal verander nie en daar is ‘n komende anargie wat moeilik sal wees om te vermy. Afriforum wys duidelik met die krag wat hulle toegestaan is dat hulle nie net hulle koppe sal draai nie, maar bewus is van die sirkus wat om ons gebeur.

Johann ·

Die irronie hiervan soos al die ander regs sake en aanmanings en hof bevele is die EFF en ANC en BFLF en en en is onaantasbaar. Verhewe bo vervolging., boetes, tronkstraf. En hoe meer aandag hulle kry, soos met sulke aksies teen hulle, hoe meer suksesvil is hul propaganda aan die massas. Wens ek kon meer optimisties wees.

dewalds ·

Hahaha – alweer? In 2011 het Afriforum mos deur ‘n SMS-veldtog geld ingesamel om Malema hof toe te vat vir dieselfde ding. Toe gee regter Lamont ‘n perfekte, duidelike oordeel dat dit haatspraak is. Maar Afriforum verklaar hulle-self toe mos as Afrikaner-leiers en maak “n ‘historiese skikking’ met die ANC en Malema. Malema het nie eers opgedaag vir die skikkings-ooreenkoms se ondertekening nie – hahaha.

andrea van vuren ·

Kon Afriforum nie uit die historiese Piet Retief debakel wys word nie. Jy heul nie met die vyand nie!

Elsie ·

Wat help dit? Aankla en aankla en intussen word ons mense nogsteeds vermoor

Jerry ·

Ek stem saam met Hettie en Johan. Die geld, tyd en werk kon baie beter aangewend word om die jeug te begin voorberei om die wye wereld in te vaar en hulle daar te vestig waar daar vir hulle en hulle kinders n toekoms is. Wanneer hulle gevestig is, dan volg die ouers. Hierdie is die enigste werkbare en realistiese oplossing vir die jeug. Indien julle aanhou om die jeug hier in Suid-Afrika gevangene te hou, moet julle hulle eerder vir oorlog voorberei, want na CR se termyn is die kanse goed dat die popo die fan gaan strike. Indien dit nie dan gebeur nie, dan het julle net meer tyd om voor te berei vir die onvermydelike, maar kom gaan daai tyd kom, dis verseker. Julle visie vir die jeug is goed gerig volgens besigheidsbeginsels gekombineerd met emosionele belange soos in die geval, geregtigheid. Julle sit egter die pot lelik mis, want julle visie sal klaaglik misluk in Suid-Afrika waar die Afrikaner nie meer welkom is nie. Julle wat Afri-Forum is maak die Afrikaner nog meer onwelkom deur inisiatiewe wat die radikales teiken. Deur dit kom wraak wat weerlose boere op plase teiken. Ek het in verskeie kommentare julle reeds hierteen gewaarsku, maar dit lyk my julle arrogansie maak julle doof. Net die tyd sal leer wie reg is, ongelukkig vir julle en die jeug sal julle uurglas uitgeloop het indien ek reg is. Leiers doen wat in beste belang van hul lede is, nie vir hulle sakke nie

Dallas007 ·

Jerry ten minste doen Afriforum iets omtrent die onregverdigheid.Skuif uit die land uit as jy wil maar ek is n Trots Suid Afrikaner en ongeag van al die probleme in die land en ja ons het net so n bietjie meer as die res op sekere aspekte maar dit is herstelbaar verder hoeveel honger kinders het jy al gehelp in jou lewe ..hoeveel arm witmense het jy al gehelp in jou lewe die mense maak n verskil of jy nou dit wil weet of nie…..

Kellies ·

Jerry, jy kon dit nie beter gestel het nie. Afriforum moet eerder geld insamel en gebruik om al hulle lede oorsee te vestig waar die Afrikaner waardeer word. Hier gaan hulle almal net doodgemaak word.

ag! Jerry ·

Jerry, dis NIE so maklik om net op te pak en te waai nie – gèèn land ‘aanvaaar’ jou netso nie! Ek praat van ondervinding; jy moet kwalifikasies hê, die poste word adverteer op webtuistes maar dis ‘n bitter lange proses. Jy wag letterlik jare vir permanente residensie, dan wag jy weer jare om te kwalifiseer om ‘n burger v/d land te word sou jy daar wou bly en dit is te sê as die Maatskappy nie besluit om ‘n landsburger aan te stel en dan stuur hulle jou terug nie – ondanks jou harde werk en lojaliteit. Dis nie net vir oppak en waai nie! I wish!

HPV ·

Malema leef in ‘n tronk van haat en bitterheid wat hyself geskep het uit vrees vir die witman. Nou ry hy sy vrese, haat en bitterheid holrug om sy partytjie staande te hou. Mens kan hom eintlik net bejammer, dit moet vreeslik wees om so in vrees te lewe.

Gerhardt O ·

As betalende lid van Afriforum, gee ek my volle steun en mandaat vir hierdie aksie.

Adam ·

Ek neem aan jy het jou steun en mandaat ook vir die Grace Mugabe-Me Engels aksie gegee.
Is jy ook nie moeg gewag vir Gerrie Nel se optrede nie? Afrikaners leer ongelukkig stadig, Baie, baie, stadig.

Bosveld ·

Ja dit sal interesant wees om te weet waarom daar aanvanklik geskik was en nou weer die proses te begin. Mors van tyd en geld en laat my wonder of ek my lede geld wil betaal.

Wonder ·

AfriForum hou so aan asseblief. In God se hande is niks ontmoontlik nie.

Moeg vir SA ·

Afriforum mors net tyd en geld.Daar sal niks van dit kom nie.Dit is net die wit man wat dadelik aangekla en toegesluit word as dit kom by haatspraak en veral rassisme.Hulle gaan tog niemand inhegtenis neem vir dit nie,selfs die student van potch wat haar sê gesê het op sosiale media het nie eintlik iets oorgekom nie.Alles gaan net erger word.SA is besig om te sink.

Johann ·

AFRIFORUM? Sekerlik verwittig julle julself van n bewese sentiment rondom julle optrede met n vorige soortgelyke aksie? Hoekom nie reageer op ons vrae nie? Of moet ons maar blindelings die geldjies aangee vir die finansierimg van julle en die EFF se stryd vir meeste aandag? Want dis presies wat ons en julle voor betaal: n MALEMA MOMENT, wat hy RY vir elke sent se waarde van aandag om sy rooi pette en die oningeligde massas net nog verder aan te hits om te verwoes en brand en breek en moor. MORS van geld.

Han ·

Malema laat my dink aan ‘n leë blik met ‘n paar klippe in. Hy het ‘n abnormale drang na aandag. Ek dink dat die tyd min is voor God gaan ingryp. Dit kan nie so aangaan nie!

Eish ·

Née wat, die aksie het slegs simboliese waarde en niks verder nie vanweë omgekeerde diskriminasie op alle vlakke.
Ek is nou keelvol vir al die simboliese aksies wat absoluut niks in die praktyk uitrig nie. Dis nou soos om n derm uit n liggaam wat dood is te trek. Dit word al langer soos jy trek maar dit dood nie die dooie nog verder nie. Futiele oefening in subjektiwiteit.

leon ·

Ek sien die kommentaar van die beswaarmakers. Ons stryd is fel en het vele fasette. Een en ‘n belangrike een is om ons op die howe te beroep vir beskerming. Mislukking is moontlik maar dan sal die meerderheids staat sy redes moet gee. Die sal weer ons toekomsplanne bepaal. Onthou selfbeskikking gaan ‘n lang moeisame pad wees.

Herman van Tonder ·

Aan al die Anti Afriforum mense wag tot iets met een van julle gebeur dan praat ons weer ten minste is daar iemand wat iets probeer hulle sit nie net en kla nie wees dankbaar daar is n Organisasie wat vir ons opkom.

Ag Jerry !! ·

Liewe Jerry, ek weet uit ondervinding dat mens NIE sommer kan oppak en landuit gaan nie. AS dit moontlik was, was ek ook al 5jr terug weg toe my kinders landuit is. Hulle het kwalifikasies NODIG gehad. GEEN land in die wêreld maak net hulle deure oop omdat ons wil ‘vlug’nie. Jy moet ‘n werk hê, en dan moet jy veg vir PR (Permanent Residency) en dan veg om ‘n citizen (verskoon my Engels, kannie nou op die Afrikaanse woord afkom nie) en dis GLAD nie te sê dit gaan gebeur nie. Mense met grade kry nie sommer werk oorsee nie.

Theresa ·

Bravo, Afriforum! Geen negatiwiteit moet jul onderkry nie. Maar hierdie keer moet die groot leë blik wat so lekker raas, vasgevat word vir sy haat-leierskap. Hy kerm gedurig oor Mnr no. 1 se oneerlikheid, maar hy is ‘n groot megafoon vir haatsaai en doodspreek. Vat hom vas.

Het jy iets op die hart? Maroela Media se kommentaarfunksie is ongelukkig gesluit oor die Paasnaweek. Kom kuier gerus later weer!

Nuuswenke kan deur hierdie vorm gestuur word.