EFF volgende week in hof oor ‘Kill the boer’

Julius Malema, leier van die EFF. (Foto: EFF/Twitter)

AfriForum se siviele saak teen die EFF en sy leierskap vir die sing van die “Kill the boer, kill the farmer”-lied by verskeie geleenthede, word van Maandag af in die Johannesburgse hooggeregshof aangehoor.

Die burgerregteorganisasie het einde 2020 ’n haatspraak-klagte teen Julius Malema en die EFF by die hooggeregshof, wat as die gelykheidshof sit, ingedien om dié party te dwing om op te hou om liedere te sing wat haatspraak en geweld aanhits.

Die lied, wat reeds tot haatspraak verklaar is, is onder meer in Oktober 2020 buite die landdroshof in Senekal gesing tydens die borgtogaansoek van Sekwetje Mahlamba en Sekola Matlaletsa wat aanvanklik van die moord op die plaasbestuurder Brendin Horner aangekla is.

“Die bedoeling van die EFF wanneer hulle die lied sing, is om hatig te wees,” het Ernst Roets, hoof van beleid en aksie by AfriForum, vroeër gesê.

Daniël Eloff, AfriForum se regsverteenwoordiger, het destyds gesê die organisasie se doel met die klag is om Malema, sy ondersteuners en die EFF te verbied om ooit weer “Kill the Boer, kill the farmer” te sing.

“Indien hy sou aanhou om dit te doen, kom dit wat ons betref op haatspraak neer en kan hy aan minagting van die hof skuldig bevind word. Ons wil sien dat Malema en die EFF tot verantwoording geroep word ten einde by ’n vooruitstrewende Suid-Afrika vry van haatspraak uit te kom.”

Die saak is vanaf 7 tot 18 Februarie op die hofrol geplaas.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

25 Kommentare

Di ·

Die EFF spul is so voorbarig, sal nie eers hof toe gaan nie. Malema moet eerder terug gaan Zimbabwe toe waar hy vandaan kom.

Julius ·

Ek weet nie of hy sal opdaag nie, hy is bang vir die boere.

Windhond ·

Hierdie mannetjie trap diep spore in die regering, hy is die verlore seun, dit vat hofsaak na hofsaak – uitstel na uitstel en absoluut niks sal teen die outjie gedoen word nie, hoe kan n persoon wat nie enige regskennis het deelname he by keuring van Regters, Mpofu ja,- maar hierdie stoker? haaikona!!!

Genis ·

Hy gaan wegbly en hulle gaan dit uistel… Hy mag mos die howe verontagsaam

MakersMark ·

Ag asseblief, grootmeneer sing brawe liedjies saam met die skare . Kry hom alleen……

Anel ·

Hy gaan in elke geval niks oorkom nie! Hy kan mos maak en breek en sê wat hy wil. Pleks gaan hy terug waar hy vandaan kom.

George ·

NIKS gaan kom van die nie, dis dan n “struggle” song, jy weet hoe moeilik dit is vir hom en sy blm maaitjies in n land soos SA, wat letterlike wette in plek het om EEN ras te bevorder, maar tog nogsteeds nie n sukses kan maak nie.

JohanR ·

Is Suid Afrika die enigste land in die wereld waar GROOTMENSE van die ANC/EFF wat in die land se parlement sit, en selfs die presidente van die land oor die jare, gesing het dat hulle wil die boere, die mense wat verseker dat jou eiers, brood en spek elke oggend op die ontbyt tafel is, doodmaak en vernietig. Kom ek se maar in Engels “I cannot get my brain around it!”

efjy ·

Gee vir ons statistieke van hoeveel ” blankes” swart mense vermoor teeoor hoeveel swart mense ” blankes” vermoor.

Lekker in SA ·

As dit nie vir n Boer was nie was jy nie hier vandag nie …. dit is rasisme hy moet tronk toe gaan saam sy volgelinge!

Martin ·

Hierdie persoon hits gedurig haatspraak aan en dit dek baie vorme van uitdrukkings wat haat, geweld en diskriminasie teen ‘n persoon of groep persone om ‘n verskeidenheid redes voorstaan, aanhits, bevorder of regverdig. Dit hou ernstige gevare in vir die samehorigheid van ‘n demokratiese samelewing in Suid Afrika, die beskerming van menseregte en die oppergesag van die reg. Ek is vas oortuig daarvan dat indien ‘n blanke persoon sulke haatspraak kwyt raak hy summier aangekla gaan word van rassisme en diskriminasie. Die EFF moet leer om hulle persoonlike “issues” nie in die openbaar te verkondig nie.

Gert ·

Jy vergeet die nuwe reël “Swartmense kan nie Rassisties wees nie al sê hulle ook wat en al IS hulle hoe Rassisties en irrasioneel.”

Pietertjie ·

Hopelik word die saak afgehandel voordat “all the boers are killed”.

Shakespeare ·

Mal-emma is nie in Zimbabwe gebore nie. Hy is ‘n Suid Afrikaner wat uit die hel gestuur om Satan te verteenwoordig.

Hendrik ·

Hoe werk die reg in SA dat iemand wat die K-woord gebruik tronk toe gestuur word, maar massas wat Kill the Boer sing, skotvry daarvan afkom? En waar is die Menseregtekommissie in hierdie ongelykheid? Verstaan my mooi – ek sê nie dis reg om die K-woord te gebruik nie – dis kwetsend, maar dit stook nie een groep op om ‘n ander groep te vermoor nie.

Maritza ·

Dis vir my so lagwekkend dat Julius altyd die witmense as rassiste uitmaak maar hy is voorstaander van daardie lied. Tog smul my alte lekker aan die kos wat die boere plant

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.