EFF-voorsitter oor ʼn EFF sonder Malema

Julius Malema. Foto: EFF

Dit gons in politieke kringe nadat die nasionale voorsitter van die EFF, adv. Dali Mpofu, gesê het hy sal verbaas wees as die EFF-leier, mnr. Julius Malema, homself vir nog ʼn termyn beskikbaar stel.

Die volgende EFF-leiersverkiesing vind in Desember in Johannesburg plaas.

Daar is meningsverskil in politieke kringe oor wat presies Mpofu bedoel het, en die EFF swyg tans amptelik oor die saak. Sommige interpreteer dit as dat Mpofu meen Malema gaan al in Desember uittree as leier. Ander meen Mpofu dink Malema behoort oor vyf jaar uit te tree. ʼn Derde mening is dat die taalvaardige Mpofu juis sy woorde ambivalent kies om mense aan die wonder te hou.

Mpofu se presiese woorde was: “As hy [Malema] in Desember vanjaar herkies word, sal ek verbaas wees as hy sou staan vir nog ʼn termyn. Dit is ʼn moeilike taak en ons glo in die oordrag van leierskap. Sover dit myself aangaan, sou ek byvoorbeeld nooit in dieselfde posisie wou aanbly nie, miskien nie eens vir een volle termyn nie, wat nog te sê twee of drie termyne. Want dit sal die organisasie dooddruk om dit te doen. Ons het vars idees nodig. Ons het vars denke nodig. En ons kan almal verskillende rolle speel.”

Mpofu is ook gevra of hy dink daar is ʼn toekoms vir die EFF sonder Malema. Sy antwoord was: “Natuurlik is daar ʼn toekoms vir die EFF. Ek weet nie eens of hy [Malema] weer gaan staan as leier nie.”

Volgens Mpofu is posisies nie vir die huidige EFF-leierskap belangrik nie. Hulle is besig om in moeilike omstandighede die fondament te lê vir toekomstige EFF-suksesse onder ander leiers.

“As dit vir ons om persoonlike ambisie gegaan het, sou ons in die ANC gebly het, waar party van ons teen hierdie tyd al LUR’e of ministers kon gewees het,” aldus Mpofu.

Die EFF het aangekondig sy weergawe van ʼn nasionale kongres waar leiers verkies word, wat bekend staan as die Nasionale Volksvergadering, sal van 13 tot 16 Desember by Nasrec suid van Johannesburg gehou word.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

30 Kommentare

Stormrider ·

Hoekom is ‘n dubbelsinnige uitlating oor ‘n klomp twak enigsens nuuswaardig?

Johan ·

Malema sal beslis aanbly want as die party-leier is hy in ‘n magsposisie. Dít sal hy nóóit prysgee nie.

moedswillig. ·

Hy sal by die anc ansluit sy ambisie is Om president van SA te word dit sal hy slegs regkry as hy by die regerende ????? aansluit.

Kom raid ·

Ag wat, vinkel en koljander, die een rewolusionêr is soos die ander. Me, myself and I…. klomp despootjies in wording, ‘n comrade hier, is ‘n comrade daar en siedaar! ‘n Rooi bere’tjie, ‘n Breitling horlosie en ‘n bekvol opsweep; enige leë dop sal doen.

Gert ·

Moedswillig, Jy is 100% reg. Kyk maar elke keer as Ramapoza in parlement praat hoe vry hy na Malema. Volgende jaar is Malema volbloed ANC en Rampie se minister in die presedensie saam met Zuma se ex vrou, Rampie weet met Malema onder sy vlerk , hy (Malema) nie so groot probleem vir Rampie sal wees nie, en ook met die baie stemme wat die ANC verloor het sal Malema weer n hele klomp kam bybring en ANC is weer veilig

Shaun ·

Hoe lank is Buthelezi al leier van die IVP? 29j ….Malema sal dieselfde doen….

Jannie van Niekerk ·

Ons President met die lang Pinnochio neus vry openlik na Malema. Malema gaan aan die einde van sy EFF ermyn ‘n baie baie hoë pos by Ramaphosa in die ANC kry. Dan is ons bollie geboek. Verseker!

Helene Heyns ·

Ek het so n ongemaklike gedagte dat jy die waarheid praat en dan is dit nag.

Gert van Wierdapark ·

Wie gee nou regtig om watter outjie voor gaan loop by die Efl!!!

GP ·

Wens alle nuus huise wil ophou van hom skryf. Krap my dag net om. Wil ook nie elke liewe ding van hom weet nie.

Merie Perd ·

Ek stem saam GP. Ek gril eintlik as ek Malema of Zuma sien, en dan verafgod die media hulle. Waarom?

D Meyer ·

Moet ons dan ons koppe soos n volstruis in die grond druk ? Die probleem gaan nie verdwyn nie.

SjN ·

Hoekom al die media dekking, laat hy eerder sy houtwerk klasse herhaal. Hy kan n kabinet werker word

Sakkie ·

@SjN Mooi gestel. Dink jy hy sal die vloere kan skrop in die “kabinet”

Riaan ·

Almal in Des onder een dak…… Wonder hoekom ek nou skielik aan Hirosjima dink.

Wakker Akker ·

Hy het baie gewig verloor…..dalk om gesondheidsredes……..EFF of ANC maak nie saak nie….die Here het die laaste sê!

John ·

Daar is ‘n ander moontlikheid, komende van ‘n andvokaat, waarom Malema & kie so te velde trek teen Gordhan. Dalk was daar handjies onder die tafel met geldjies wat gewas is en die betrokkendheid by die bank wat ingeplof het. Die maatjies raak dalk bang. Dit is natuurlik ook moontlik dat indien meer ace bygegooi word CR se soet drankie te dun kan word en sekerlik is baie beloftes gemaak aan helpers, soos ‘n wyn- of wildplasie en/of die pos van minister van ekonomiese sake ens vir die grootse denker.

Marius ·

Hy kon nie n kabinet van hout maak nie nou is hy maar in die kabinet.

Nel ·

Ek sou weer dink hy kon ‘n kabinet maak – het genoeg hout daarvoor, in ag genome die hengske ”chip” op sy skouer.

Michael P ·

Ek net een vraag. Hoe kry die mense met niks tussen die ore n graad soos Doktor. Dokter. Advokaat ens.?

Efi ·

Dis eenvoudig, DOOD. Dit is wat gebeur as jou party op sensasie gebou is.

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.