EFF vra swaar vonnis vir Coligny-moordbeskuldigdes

EFF-ondersteuners in die Noordwes-hooggeregshof. Foto: ANA

EFF-ondersteuners wat Maandagoggend die twee voorste banke van die Noordwes-hooggeregshof vol gepak het, dring daarop aan dat Pieter Doorewaard (27) en Phillip Schutte (34) lank in die tronk moet sit.

Die vonnisverrigtinge in die saak teen Doorewaard en Schutte begin vandag nadat hulle in Oktober verlede jaar skuldig bevind is aan die moord op die 16-jarige Matlhomola Mosweu.

“Ons doen ʼn beroep op die hof om geregtigheid vir Matlhomola Mosweu te laat geskied deur hulle elkeen 15 jaar tronkstraf op te lê. Ons soek niks minder as 15 jaar nie,” het Dintwe Mekgwe, EFF-streeksekretaris, gesê.

Daar was ook ʼn oproer in die openbare galery nadat ʼn joernalis ʼn foto van die EFF-ondersteuners wou neem terwyl daar gewag is vir die hofverrigtinge om te begin. “Jy is nie een van ons nie. Neem die wittes agter ons af, nie ons nie. Vee daai foto uit, vee dit uit,” het ʼn vrou dreigend aan die joernalis gesê.

EFF-ondersteuners in die Noordwes-hooggeregshof. Foto: ANA

ʼn Veiligheidsbeampte het die ondersteuners tot orde geroep waarna lede van die polisie se eenheid vir openbare orde na die hof ontbied is.

Die vonnisverrigtinge gaan vandag voort ondanks die feit dat die enigste ooggetuie in die saak teen Doorewaard en Schutte, Bonakele Pakisi, na bewering erken het hy het gelieg toe hy aan die hof gesê het hy het gesien hoe die twee mans die tienerseun vermoor. Die Sondagkoerant Rapport het vroeër vandeesmaand onthul dat Pakisi glo teenoor twee mense gebieg het dat hy in die hof gelieg het en dat sy bekentenis op band opgeneem is.

Die hof het vroeër op Pakisi se getuienis staatgemaak toe hy beslis het Doorewaard en Schutte het Mosweu op 20 April 2017 van ʼn bewegende bakkie af gegooi. Mosweu het sy nek gebreek en is kort ná die voorval dood.

Die staat sal na verwagting drie getuies oproep om ter verswaring van vonnis te getuig, waarna die verdediging sy getuienis ter versagting van vonnis sal aanbied.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

66 Kommentare

Thea ·

Waar kan die EFF die hof voorskryf, op watter grond
die enigste oog getuie het dan gelieg
hoe nou????

Blits ·

As dit 2 swart mans in die beskuldigde banke was sou hulle beslis oproerig geraak het omdat die saak nie uit gegooi is na die bekentenis van die oog getuie (as hy wit was).
Die EFF gee nie om of die 2 mans onskuldig is of nie, hulle gee nie om of die staat se saak vol gate is nie, al waaroor dit vir die clowns gaan is dat dit witmense is wat daar staan, al is die mans onskuldig sal hulle op tronk straf aandring, die EFF het nie die mentaliteit om tussen reg en verkeerd, skuldig en onskuldig te onderskei nie net tussen wit en swart, in hulle denke is die wit mense altyd skuldig al was dit n geval waar daar geen wit mense betrokke was nie sal hulle wel met n ding kom en se dat wit mense het hulle gemaak dit doen.

Loeis ·

As die EFF die handves van regte in die grondwet kan laat wysig, kan hulle seker maar so klein ou sakie soos die oppergesag van die reg ook oorheers? Mugabe het dit mooi gestel toe hy gesê het dat demokrasie in Afrika so bietjie anders werk.

Maar julle ouens het mos die mag vir hulle gegee, nie waar nie. Onthou. 1992.

Maljan ·

Hulle doen dit al jare. Kyk hoe loop die eff leier nog los na al sie klagtes teen hom. Hulle het ook die hof aangesê om die Middelburg duo vir lank tronk toe te stuur en hulle het.

Lee ·

Nou wonder ek …… hoe lank gaan die manne nou in die tronk sit voordat die appèl saak afgehandel is. Die getuie het mos erken dat hy gelieg het. Hopelik kry die manne borg.

Paul ·

Kyk, die dag as hulle vrygespreek word, gaan hulle ook nog afslag kry.

Ai tog! ·

Hulle gaan voort om hulle te vonnis, maar die enigste getuie het onder eed gejok, en hy het gaan bieg daaroor! Hoe dan nou! Ek sien Gerrie Nel en Barry Roux samel geld in om hierdie 2 ouens te help.

Rina Kotze ·

Dit sal wonderlik wees as hierdie 2 kan saamstaan!

Dink net watter sports ons dan in die hof gaan sien, Wie gaan dan met ‘n rooi gesig staan en wie gaan laaste lag???

Ek hoop regtig dit word waar!!! en dat geregtigheid gaan geskied.

bollie ·

Die uitspraak is reeds gelewer en hulle is skuldig bevind en vonnis gaan opgelê word na gelang van die skuldigbevinding. Die enigste manier om die uitspraak en straf teen te staan is op appèl. Dis ongelukkig hoe die proses werk.

legens ·

stem saam met die EFF . kindermoordenaars verdien swaar strawwe . Lewenslank , met die klem op lewenslank , sonder aanmerking van parool . ons kinders moet beskerm word.

M ·

‘n 16-jarige krimineel is lankal nie meer ‘n kind nie.
Sy ouers het nie eers geweet waar hy is nie.

Wat wou... ·

Ek stem ook….veral as daardie kinders ernstige misdade pleeg ……beskerm hulle teen alle koste! Dis afterall die toekoms van ons land ne Legens…..sit eerder onskuldige mense in die tronk sodat chaos kan seevier.

legens ·

hierdie twee krygshelde is skuldig bevind deur `n geregshof aan moord . die kind is aan niks skuldig bevind nie , en het gesterf agv `n handvol sonnebloemsade . sy nek is gebreek deur twee groot heldhaftige bullebakke . dink `n bietjie daaraan .

Db ·

Legens uit watter gat het jy gekruip? Gaan kruip terug want jy is belaglik! Klim eerder agter op ‘n bakkie

Legend ·

Legens… die 16 jarige beskuldigde is wel aan niks skuldig bevind nie. Dit se nie hy was onskuldig nie. En daar os iets soos ‘citizens arrest’. Dit is wat gebeur het. Twee burgers van SA (jy sal dalk verkies om hulle onwettige Europeers te noem) het n krimineel gearresteer wat op heterdaad betrap is. Dit is hul volle reg. Die krimineel het uit sy eie van die bakkie af gespring en na sy dood geval. Ek noem dit selfmoord. Word tog asb wakker en skud jou “wit skuld” af… as jy wit is

Wittie ·

Jy weet lyk my nie eers waaroor dit gaan nie! Daardie 2 mans het nie aan daardie kind geraak nie, hy het self afgespring. As jy die forensiese oatoloog se verslag lees sal jy sien dat sy gese het sy kan aan sy spiere sien dat hy reggemaak het om te spring en dat hy nie afgegooi is nie!! Daardie 2 mans sal nie n vlieg skade berokken nie….!!!

willem Botha ·

Ek stem saam as hulle skuldig is en skuldig bevind word gebaseer op feite en in n hof waar die regter neutraal is.

Sê ook ma net ·

My liewe mens, kan ek my brille vir jou leen? Die getuie het erken hy het gelieg. Nou wat nou?

wet ·

antwoord jy nou omdat jy wil ´´stir´´ op hierdie nuus berig of omdat jy aandag soos die effers soek?

Wat wou... ·

Die saak was gebasseer op n leuen en enigste “ooggetuie” het dit bevestig….dink daaraan! Die twee was bekend daarvoor dat hulle diewe na SAP geneem het hoekom dan die een persoon van voertuig afgooi?! Dit se vir my dat ons misdadigers eerder moet uitlos sodat hulle kan maak wat hulle wil. Anyway is die duiwel op vrye voet so kom ons sit terug en geniet maar die show!

Zumie ·

Beste Legens
lyk my jy was daar en weet alles….. wil jy nie gaan getuig nie?

Wonder ? ·

… “Die hof het vroeër op Pakisi se getuienis staatgemaak toe hy beslis het Doorewaard en Schutte het Mosweu op 20 April 2017 van ʼn bewegende bakkie af gegooi.”

Wie het bestuur?

MW ·

Ek het nie die saak gevolg nie, het in elk geval na ‘n wolhaar storie geklink van die begin af. Wie het na bewering die daad gepleeg, en wie het bestuur? En was die duidelik ongeloofbare getuie regtig in die rondte? Iemand word van ‘n bewegende bakkie afgegooi en skielik is daar iemand wat alles gesien het en SO goed kan lieg dat hy die hof oortuig, @ vergoeding. Nou laat dit my EERS wonder?

Anni ·

Die EFF glo natuurlik dat die Staatsgetuie gelieg het toe hy gese het dat hy gelieg het in die hof? Tipies, glo NET wat hulle en hulle agenda pas. Here help ons…

Skroef ·

Die getuie her sederdien alweer gesê iemand het hom (hie hie hie hie) R3miljoen aangebied om te sê hy het gelieg. Het die polisielede wie na die ongeluk erken het hulle het al tevore kwaad doeners ongedeerd by die polisiestasie aangebring in die verband getuig?

corne ·

wonder wat sal gebeur as ons almal by malema se volgende hof verskeining ook vra vir n swaar vonnis

legens ·

is hy dan al skuldig bevind aan iets ? lig ons onkundiges in asseblief.

@ legens lib ·

JA HY IS SKULDIG BEVIND OP MENIGE AANKLAGTE LEGENS (DIE LIB) .. MAAR HY STEUR HOM AAN GEEN HOF SE GESAG NIE, SOOS HY NIE DIE GELD TERUGBETAAL WAT HY MOET NIE …

legens ·

dit maak natuurlik heeltemal sin om by `n hof op te daag 8 jaar nadat die saak afgehandel is . julle spulletjie sal lank sit en wag .

Irene ·

Wat van ander moorde wat daagliks gebeur of dien hul net wit raak. So moeg vir die gemors in ons land

JG ·

Het hierdie spul rooi-kappies nie werk nie ? Dit kom voor hulle is oral, behalwe daar waar dit saak maak…om te help dat die ekonomie verbeter.

Estelle ·

Seker die duidelikste teken ooit dat geen lid van die EFF kan lees of omgee oor geregtigheid nie. Dit gaan eenvoudig net oor ras. Dit moet skandelik moeilik wees om so eng en oningelig te wees en dan nog te wil voor sê ook.

Paul ·

En dit sal die skare se gejil ter wille wees, hoe harder die skare skree, hoe swaarder gaan die vonnis wees.

Rooikappie ·

WHAT THE???? is die EFF doof en blind? Die ENIGSTE GETUIE HET GESE HY HET GEJOK, nou soek die EFF die SWAARSTE STRAF vir twee ONSKULDIGE ouens wat NIKS verkeerds gedoen het nie?? HOE WERK DIT? Hulle self vat nie enige verantwoordelikheid van hulle WANDADE (protesoptrede, brandstigting en vernietiging) en LOOTING (VBS BANK) nie maar wil onskuldige mense aan die pen laat ry?? WAT IS DIT???

Andrew ·

Is daar darrem iemand wat die klas fotos op ‘n “Check your mate” tipe webblad plaas. Ek sal nogal graag wil sien wie is my vriende.

Katryn ·

Ja legend doodstraf moet terug kom ook vir al die plaas moordenaars en die van oumense hulle wat in bendes aanval

Legend ·

Legens Die Lib, hierdie was selfmoord… as jy so onnosel wil wees om van n bewegende voertuig af te spring omdat jy deur burgers onder arres geplaas is… dan hoekom moet hulle die gevolge dra?
Terloops ek het n bakkie as jy agterop wil ry

Rooi-beret ·

Hoekom is die EFF -opstokers in die howe??
Het hulle nie elders werk nie !!

Michael ·

Wat soek die EFF in die hof moet hulle nie by die werk wees nie????

Andrea ·

Nee, hul hoef nie te werk nie, hul leef op my en jou belasting.

Johan ·

Rassehaat is die motivering dat onskuldige mense dalk in die tronk sal beland. Alle moontlike scenario’s behalwe “skuldig” word summier verwerp. Hierdie manne is skuldig bevind nog voor die hofsaak begin het.

EFF ·

Dit is baie duidelik dat die EFF net in een rigting verkeer belangstel. Die geregtigheid is nie n prioriteit vir hierdie party nie, net die aanhitsing van rassisme, geweld en anargie. n Skerpioen probeer sy angel inslaan waar hy kan, net omdat hy kan. Rasse haat teenoor sekere mense deur sekere ander mense sal die oorsaak wees tot die totale verval van ons land en samelewing en die rede wees dat geen jongmens en of kind n toekoms hier sal he nie. Die feit dat hulle nie omgee waaroor die saak gaan, die feit dat hulle anker getuie gelieg het en die feit dat geregtigheid moet geskied gaan hulle nie aan nie, Hulle het klaar besluit die mans is skuldig bloot oor die kleur van hul vel en ongelukkig sal niks wat ons se hul kortsigtigheid beinvloed nie. daar is n ware spreek woord wat lui “in die land van die blindes is die een oog koning”

Hoe nou... ·

Wonder wie sou die meeste baat by dit…..sekerlik nie die mense in rooi nie aangesien hulle so SEKER is die twee is skuldig?

christa ·

jy mag enigiets doen solank jou kleur reg is. Hulle kinders bly kinders al is hulle 100 jaar. geen geleerdheid laat jou afhanklik bly vir die res van jou lewe.

Blits ·

Legens is baie deurmekaar, shame het glad nie die saak gevolg of na die getuienisse gekyk of geluister nie, ek bly ek nie so toe oë in die lewe nie, ek wonner waar was die ou persoontjie met berigte en sake waar onskuldige wit mense vermoor is, o ja sorry in mense soos legens is almal wat wit is skuldig hulle mentaliteit laat nie toe om verder as hulle neuse te dink nie, het n lekke wanbegrip van geregtigheid en orde.

leser ·

nou waar kom die ander 3 “getuies” nou vandaan

ek en my broer jack en neef liegbek was ook in die bakkie, ons weet wat gebeur het
moenie vergeet dat die vrouens en kinders agter ons gery met die trekker en sleepwa nie

hendrik ·

hierdie EFF mense word betaal om daar te wees, glo nie eers hulle weet waaroor dit gaan nie.

Hartseer ·

As ek so al die magistrate se kommentaar lees wat teenwoordig was op die moordtoneel sidder ek nogal n handvol sonneblomme nee maggies twee buffels en n skrander seun sies man wat as dai seun wit was met twee fris manne sou julle dieselfde wees dai seun was vrek bang!

Bossie ·

Skrander seun? Hoekom dan nie in die skool nie? Buffels? Wat v twee boere wat keer dat hul oes nie handjie vir handjie weggedra word nie?

liefie ·

As iemand iets verkeerd doen, kyk maar liewers weg. Jou betrokkenheid is nie die straf werd nie.

James ·

Die EFF gepraat, nou moet julle spring asb. Al hrt getuienis gelieg soos hy op n opname erken het. Dis nie belangrik nie. Die EFF verteenwoordigers is nou die jury soos oorsee. Finaal klaar.

Msp ·

Die lag op die eff se gesigte wys hoe hulle van die regerende party en ons howe ń “fool” maak.

At ·

Regstelsel in SA het geen geloofwaardigheid nie. Nes politiek!

Hazeldean ·

Legens (huh?) jy wou seker net n slang in die hoenderhok gooi met jou kommentaar ne…wou die reaksie sien ne…want iemand met verstand sou nie sulke nonsens kwytraak nie

Koos de Meyer. ·

Nee ou legends, die boere het seker die bakkie met ‘n remote bestuur sodat hulle hom kon afstamp.As altwee hom af gestamp het wie het dan bestuur. Waar kom die kamtige 3 getuies nou ewe skielik vandaan. Daar was dan net een getuie in die loop van die hofsaak, hoe nou. Hulle

BAREND ·

wie is die EFF of wat is hulle …………………………………………….NIKS NIE

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.