EFF: ‘Vryheid kwyn weg onder ANC-beheer’

Mbuyiseni Ndlozi. Foto: Twitter

Mbuyiseni Ndlozi. Foto: Twitter

Op 27 April 2016 is Suid-Afrika besig om te sien hoe die vryhede en regte wat die afgelope 22 jaar ná die aanvang van demokrasie behaal is, weg te kwyn.

Só meen die Ekonomiese Vryheidsvegters (EFF). Mbuyiseni Ndlozi, woordvoerder van die EFF, het in ʼn verklaring gesê die vryhede en regte wat besig is om weg te kwyn, sluit onder meer in die reg op lewe, die reg op vryheid van assosiasie, die reg op vryheid van uitdrukking en die reg om te stem.

“Dit is ʼn feit dat toe die ANC-regering die mense in Marikana, Mothutlung, Relela en tydens ander protesaksies in die land doodgemaak het, dit ʼn skending was van hul reg tot lewe en hul reg om te protesteer. Enige regering in die wêreld, selfs al is hulle ingestem deur die meerderheid, is onwettig as dit sy eie mense sonder straf kan doodmaak.”

Volgens Ndlozi laat die regering ook die oppergesag van die reg, wat volhou almal is gelyk voor die reg, wegkwyn. “Talle politici van die ANC verontagsaam die wet en niks gebeur ooit met hulle nie. Die president van die ANC het die Grondwet verontagsaam, maar tog word hy steeds toegelaat om die regeer volgens die einste Grondwet wat hy verontagsaam het.”

Ndlozi het gesê die demokrasie het nog nooit die belofte van ekonomiese voordeel ingehou nie behalwe om die rykes en bevoorregtes te beskerm. “Die arm mense, waarvan die meerderheid swart is, se lewensomstandighede is steeds benard aangesien ons demokrasie nie daarin kon slaag om in ekonomiese vryheid omgeskakel te word nie. Die enigste dag wanneer hierdie demokrasie volhoubaar en van gehalte sal wees, is wanneer daar grond aan dié sonder grond gegee word. Sonder grond word ons hele gemeenskap in ʼn strik gevang met ʼn vinnig naderende tydbom.”

Volgens Ndlozi moet daar dringend grondherverdeling plaasvind aangesien dit die beginpunt van ekonomiese vryheid is en ook die enigste manier is om die demokrasie vorentoe te laat beweeg. “Op Vryheidsdag doen ons ʼn beroep op die mense van Suid-Afrika om die ANC te verwerp aangesien hulle die verontagsaming van die Grondwet beskerm. Ons doen ook ʼn beroep op die mense van Suid-Afrika om die ANC in alle munisipaliteite op 3 Augustus te verwerp.”

Ndlozi het gesê statistieke van die kommissie vir billike indiensneming bewys dat swart mense steeds nie waardeer word deur maatskappye wat deur wit mense bestuur word nie. “Dit is ondanks die feit dat amper al die maatskappye in ons ekonomie steeds deur wit mense besit word en deur wit mans gedomineer en bestuur word. Dit is dus onverantwoordelik van ʼn swart regering om op markte wat deur wit rassiste gelei word staat te maak om die ekonomiese probleme van swart mense op te los.”

Volgens Ndlozi sal die bevolking, en veral swart mense, ekonomiese vryheid ervaar wanneer die regering ʼn aktiewe rol in die ekonomie speel deur die nasionalisering van strategiese sektore soos banke en myne.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

12 Kommentare

lettie ·

Die EFF is behep met grond en glo as hul grond besit is al hul probleme opgelos. Dis belaglik. Die swartes glo dat alle wit boere ryk is. Hul besef nie dat daardie einste boere gebuk gaan onder skuldlas. Nie almal is gebou om boere te wees nie en ons land het kommersiele boere dringend nodig wat volhoubaar kan boer

TREVOR ·

ag asb tog hou die wit uit en dit is nie wit se skuld nie.

lettie ·

Die EFF moet eerder die sosio ekonomiese probleme aanspreek van kinder toelaes. Straatkinders raak n groot probleem omdat hul ouers hul net verwek vir die toelaes vir hul eie selfsugtige gebruik van dwelms of drank of om tuis tebly. Daardie verwaarloosde kinders wend hul toe na misdaad om hulself te klee, te eet of gom te snuif.
Die Staatsdiens is die grootste werkgewer en ons sien hoe hul mense in poste aanstel wat nie bevoeg is nie sodat die wit mense nie bevordering kry nie.
Selfs in banke is wit mense minimaal.
Al buig die hele privaatsektor agteroor om swartes te bemagtig gaan hul dit nie regkry nie. Hoekom. Omdat swart mense eers kinders kry voordat hul in staat is om vir hulself te sorg of om eers n loopbaan te vestig.
Dis logika en dat die EFF en ANC dit nie kan raaksien nie, gaan my verstand te bowe.

John ·

Die EFF kla steen en been oor die ANC se inperking van die vryheid van die inwoner en die party se wreedheid jeens die mense, maar sien die oplossing van die probleem in die inperking van die regte van die wittes deur hul grond te vat. Die logika is asemrowend!

Rynhardt ·

Ndlozi moenie huil nou oor vryheid wat weg kwyn onder Anc nie, jou leier, Malema (toe hy nog leier was van Anc jeugliga desryds)het gese dat as Zuma tronk toe gaan, maak hy oorlog.Moenie nou huil nie, vat jou pak soos n man.Verder ondersteun jull die Anc se Vryheidsmanifes!M.b.t. grond het die staat baie waaraan hy vasklou, maar dan moet die blankes verby kom.Dit werk nogal nie so nie.Maak jou stem dik teen jul geliefde Anc wat hulle en hul maatjies so lekker verryk met grond!!Dit is op rekord dat die staat met hope grond sit! Die “blame game” teen boere vir grond werk nie!!

HEVW ·

Wie sal hom verheug in n dooie rot? Maar miskien is daar tog n ligpunt. Daar word immers van herverdeling van grond gepraat.

Werner ·

Ai, wat gaan ons nog te hore kom? Dis nie asof die eff vryheid en regverdigheid steun nie. Dink hulle al die blankes ervaar ekonomiese vryheid, wys jou net hoe min weet hulle wat aangaan. Hulle ondersteun dan grond vergrype, verbasend hoe hulle redeneer.

Dan ·

As die EFFse bek oop gaan, dan wil hulle grond he, om wat mee te maak, vat nou vir Malema wat nog nooit iets gedoen het in sy lewe nie, hy het al vantevore n plaas mel koolkoppe op gehad, maar het nie dit self geplant nie, en ook nie ge-oes nie. Hulle moet sien daar is baie eiendomme te koop, dan doen hulle die regte ding en koop vir hom n plaas, en hou sy bek.

Janneman ·

Regtig! Totaal lagwekkend van n party wat alles wil steel, afvat en dan vernietig as hulle nie hulle sin kry nie.
Al wat hulle sover kon bou was n huis in Nkandla wat binne n jaar uitmekaar geval het. Wat egter meer skrikwekkend is, is dat die gepeupel hulle ondersteun.

Mike de Beer ·

En hoeveel van die plase en grond wat reeds oorhandig is aan die “voorheen benadeeldes” word daar suksesvol en produktief geboer? Daar moet eerder klem gele word om die behoud van produktiewe boere.

Mike de Beer ·

Malema gaan blykbaar van hoogverraad aangekla word synde hy tydens ‘n onderhoud met Al Jazeera skynbaar gedreig het dat die EFF die land deur die loop van ‘n geweer sal oorneem..wel, is daar enige verskil tussen Malema se uitspraak en “kill the Boer…” en Zuma se singery van sy masjiengeweer en wat hy alles daarmee sal doen?

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.