EFF vs Ramaphosa: Dis oorlog!

Die EFF het ’n streng nuwe reël – van vandag af mag geen EFF-lid ooit weer privaat met Ramaphosa ontmoet nie. Geen EFF-leiersfiguur mag ook ooit weer privaat met enige sakeleier ontmoet nie.

Die EFF se topleierskap het die afgelope vyf dae in Pretoria vergader en vanmiddag hul planne en doelwitte vir vanjaar bekend gestel. As hulle al hul planne uitvoer, gaan vanjaar vir hulle ’n tyd van konflik en botsing met omtrent elke ander belangrike rolspeler in die Suid-Afrikaanse politiek en ekonomie wees.

Die EFF stel dit reguit dat hulle Ramaphosa nie as eerbaar beskou nie. Hulle meen sy ontmoetings met opposisieleiers het nie ten doel om die opposisie te raadpleeg of in te lig nie, maar om die opposisie te neutraliseer.

Wat die staatsrede betref, meen die EFF pres. Cyril Ramaphosa kan nie op ’n enkele noemenswaardige sukses aanspraak maak vandat hy staatshoof geword het nie. Die werkloosheidsyfer styg en staatsbeheerde ondernemings soos Eskom en die SAL gaan ten gronde.

Die EFF hou die minister van openbare ondernemings, Pravin Gordhan, hiervoor aanspreeklik, maar sê hy blyk onaantasbaar te wees. Dieselfde reëls geld nie vir hom as vir ander politici nie, met die media, Ramaphosa en sakeleiers wat hom glad nie op die nodige kritiese wyse hanteer nie.

Oudpres. FW de Klerk. (Foto: ANA)

Die EFF het reeds die afgelope twee maande gesê hulle sal die staatsrede (wat Donderdagaand in Kaapstad plaasvind) ontwrig as Ramaphosa nie vir Gordhan afdank nie.

Tensy Gordhan voor Donderdagaand afgedank word as minister van openbare ondernemings, meen die EFF “’n vreedsame staatsrede is onmoontlik”.

Dit lyk dus asof die EFF die staatsrede gaan ontwrig en dit gaan moeiliker wees om hulle onder bedwang te bring, want hulle het sedert verlede jaar se verkiesing omtrent dubbeld die getal LP’s as vroeër.

Die EFF het ook die afgelope twee weke sy visier op oudpres. FW de Klerk gerig. Die EFF en vele van die wit Suid-Afrikaners wat hulself aan die oudpresident se regterkant bevind, vind dalk nie aldag dat hulle saamstem nie, maar verskeie vurige De Klerk-kritici sal met die EFF saamstem dat die oudpresident sy Nobelprys moet teruggee. Die EFF weier boonop om in dieselfde vertrek as De Klerk te wees – in hierdie geval tydens die staatsrede. Die EFF se rede hiervoor is dat hulle meen De Klerk is ’n apologeet vir apartheid.

Aangesien De Klerk beslis Donderdagaand by die staatsrede gaan wees, laat dit die EFF in ’n verknorsing – vir hulle om ’n vreedsame staatsrede onmoontlik te maak, moet hulle teenwoordig wees, en as hulle teenwoordig is, moet hulle saam met De Klerk in dieselfde kamer wees.

Hoe dit ook al sy, Donderdagaand beloof meer drama as met die meeste ander lande se parlementsopening, en die top-kykersyfers staan op die punt om herhaal te word.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ʼn vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

O wee, die gesang is uit! Kommentaar word ná 48 uur op ʼn artikel op Maroela Media gesluit. Kom kuier gerus verder op ʼn meer onlangse artikel.

22 Kommentare

jongste oudste gewildste
SomeOne

ek sal laaik om daar te wees om die fight te sien, maar by die huis het ek in elkgeval ringside seats

Strandloper

Hier kom n ding….wonder wat die kaartjies kos op die swartmark

Snowball

Narre wat gereedmaak vir die sirkus.

Pieter J

Ek hoop die EFF gee vir FW soveel moeilikheid dat hy liewers in die buiteland loop bly. Dit grief ń mens om net sy naam te hoor.

Oujongvrou

Ek sal maar tuinmaak. Dis n tragedie en ek kyk nie sulke vertonings nie. Hou meer van minderverhale. Het altyd komedie gekyk maar selfs hierdie komedie raak te ernstig. Die Here moet ons sterk maak. Dis al waarvoor ek bid.