EFF weier Sanef-vergadering ná aanval op joernaliste

Julius Malema. Foto: EFF/Twitter

Die Ekonomiese Vryheidsvegters het ʼn versoek van die Suid-Afrikaanse Nasionale Redakteursforum (Sanef) om dreigemente en intimidasie teen joernaliste te bespreek, van die hand gewys. Dit volg ná uitlatings deur EFF-leier Julius Malema.

Maroela Media het vroeër berig Sanef wou ʼn vergadering met Malema en die party se uitvoerende beamptes belê ná hy lede van die EFF aangehits het om “beslissend teen verslaggewers op te tree”. Hy het selfs ʼn paar joernaliste op die naam genoem toe hy die skare buite die Zondo-kommissie se verhore toegespreek het.

Een van die verslaggewers, wie se naam Malema genoem het, is in ʼn winkelsentrum fisies aangerand en ander is op sosiale media geteister.

Godrich Gardee, sekretaris-generaal van die EFF, het Dinsdag skriftelik aan Sanef gesê die party se “skedule is volgepak met vergaderings en aktiwiteite tot en met die verkiesing”. Die verkiesing sal na verwagting in Mei 2019 plaasvind.

Mbuyiseni Ndlozi, nasionale woordvoerder van die EFF, het tydens minstens twee radio-onderhoude en op nasionale televisie gesê die EFF is bereid om met Sanef te vergader. Ná Sanef Saterdag aangekondig het dat hy ʼn vergadering met die EFF sal belê, het Malema op Twitter geskryf hy is bereid om met die organisasie te vergader, “op voorwaarde dat julle nie rassistiese goed soos hierdie wit jong seun Adriaan Basson saambring nie”.

Basson is Sanef se tesourier en sou deel gevorm het van die Sanef-afvaardiging wat met die EFF vergader.

“Ons erken Malema se reg om die media te kritiseer, maar ons is uiters besorg oor die dreigemente en intimidasie van individuele joernaliste – gewoonlik vroue – wat krities oor die EFF berig en die impak wat dit op nuuskamers mag hê,” het Mahlatse Mahlase, voorsitter van Sanef, in ʼn verklaring gesê. “ʼn Vergadering met die EFF se leierskap is die eerste stap in Sanef se reaksie op hierdie dreigemente en ons glo dit is absoluut noodsaaklik voor die verkiesing.”

Mahlase het gesê Sanef sal regsadvies inwin oor moontlike stappe om verslaggewers teen ʼn geboelie en intimidasie deur politici te beskerm. “Ons raadsvergadering het bepaal dat verslaggewers vry is om perskonferensies of politieke byeenkomste te verlaat as hulle bedreig voel. Ons moedig verslaggewers aan om hul kollegas te ondersteun deur ook die betrokke perskonferensies en byeenkomste te verlaat.”

Mahlase het bygevoeg Sanef neem kennis dat die EFF beplan om spesifieke mediaorganisasies, soos die Sunday Times, van hul byeenkomste te verban. “Ons het vroeër met die EFF vergader toe hulle ANN7 verban het en ʼn beroep op hulle gedoen om dié verbod terug te trek. Ons veroordeel die besluit om verslaggewers van die Sunday Times te verban.”

Die Verenigde Nasies se Algemene Vergadering het in 2017 ʼn resolusie goedgekeur waar ledestate (insluitend Suid-Afrika) eensydig “alle aanvalle en geweld teen verslaggewers en mediawerkers” veroordeel.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

14 Kommentare

Roussouw ·

Dit is belaglik. Die media het self die EFF gebou deur uitermatige dekking. Al wat nodig is, is om op te hou om die EFF media spasie te gee en hulle sal gou gou agterkom. Vraag is maar eintlik hoekom die monster toegelaat word om elke dag voorblad nuus te maak…

Ja Nee ·

Roussouw.
Nou praat jy die waarheid. As die media ophou om die eff aandag en dekking te gee! Maar ons weet daar is Baie sensasie in die soort nuus!!!

Cherokee ·

Die media het malema op die toring geplaas waar hy is en hulle kan slegs hulself blameer. Die pen is magtiger as die swaard. As die media nie dit tot hul beskikking gebruik, is hulself skuldig. En ja, dit is verstaanbaar dat die koerante wat uitgesonder word om oor die eff verslag te lewer, daarvan gebruik sal maak. Dit behoort ‘n weg te wees waarin dit bespreek kan word tussen medias en hulle kan, as hulle saamwerk, die eff doodswyg.

aj ·

Malema is ‘n maaksel van die media!!!

Sonder die breindood, sensasiehonger, publisiteit wat die media GRATIS aan Malema gegee het, sou hy baie laer mediaprofiel gehad het.

Nou het die media se aanvanklike klein rooi ‘Mickey mouse’ bevelvoerdertjie ontaard in ‘n walglike Frankenstein monster wat sy maker (media) teister.

Wat gaan die media nou maak met hulle monster?

Prik sy ballon …. deur hom te ignoreer!!!

GEEN PUBLISITEIT AAN DIE EFF!!!

SWYG HULLE DOOD!!!

Julie ·

Stem saam. Gee hulle GEEN publisiteit. Sien wat word dan van hulle

RG ·

Om met ‘n ‘fool’ te redeneer maak twee. Gaan doen aansoek by die polisie vir persoonlike VIP beskerming soos die hanswors.

Johannes ·

Julius Floyd Cyril en Zuma hoort almal agter tralies so eenvoudog soos dit. Die land kan net beter doen sonder hulle

ZAR ·

Ek stem saam met almal wat hierbo genoem het dat die media verantwoordelikheid moet aanvaar vir die monster wat hulle gekweek het. Hoofopskrifte wat sensasie soek, want dit gee meer klikke. Kom ons begin dit op die naam noem; Malema maak alweer sensasie, want hy soek onderdane.
Meeste van die media se opskrifte van hom is goeie nuus vir ‘n nasie wat ‘n sterk leier soek in moeilike tye. Hitler het ook op sy beste gedoen toe dit sleg gegaan het met die mense. Eerstens soek mense die rede vir hul swaarkry (hier is dit witmense), dan soek hulle ‘n oplossing (verwyder genoemde probleem), dit alles word verkry deur die hardste en meeste te skree en iets doen wat buite die norm is. Matigheid sus nie ‘n sukkelende nasie nie. En so word ‘n monster gebore.

Elize ·

Hierdie klein kapokhaantjie wat op sy ashoop staan en gil gee my ‘n pyn waar ek dit nie wil hê nie. Sy bek is so groot soos die Kango grotte

Francois le Cochon ·

Ek weet dat dat daar iemand soos Malema is, nie omdat ek hom ontmoet het nie, maar omdat die Media hom aan my voorgestel het, en nogsteeds alles wat hy se^ vir hom gratis aan almal verkondig. Dit sal so voortgaan in die toekoms. Dit is nie nodig dat die EFF samekomste hou nie. Hulle hou net ‘n media verklaring, en die media doen die res, -versprei dit wat hul te se^ het wereldwyd, en gratis daarby.
Malema se gewildheid moet 100% toegeskryf word aan die media, insluitende Maroela.

Judge Dredd ·

Is dit nou dieselfde media wat lieg of stilbly as boere vermoor word?
Dieselfde media wat stilbly as Malema rassisties uitlatings maak? -Maar behoed as ‘n witte dieselfde sou doen.
Dieselfde media wat rasse haat help aanblaas teen wittes?

Dieselfde media wat leuens/halwe waarhede(fopnuus) versprei vir sensasie of doodeenvoudig stilbly oor waarhede om hul eie persepsie van die waarheid daar te stel.
Hoeveel lewens het die media nie al verwoes met hul leuens en sensasie soekery?

Ek keur nie Malema/EFF se gedrag goed – maar mense moet herinner word dat die media ‘n groot rol gespeel het in die opbou van die EFF/Malema.

So net soos die media anderkant toe kyk as my geliefde boermense vermoor en onderdruk word – net so sal ek ook nou maar anderkant toe kyk as die media hul karma ontvang.

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.