EFF wil begin met program om grond te beset

Julius Malema, leier van die EFF, op 14 Desember 2014 tydens die party se leierskongres by die Universiteit van die Vrystaat in Bloemfontein Foto: Getrude Makhafola/Sapa

Julius Malema, leier van die EFF, op 14 Desember 2014 tydens die party se leierskongres by die Universiteit van die Vrystaat in Bloemfontein Foto: Getrude Makhafola/Sapa

Die EFF in Gauteng gaan vanjaar begin met ʼn program om vakante grond te beset.

“Die grondbesettingsprogramme is bo-aan ons prioriteitslys, wat tot gevolg sal hê dat gemeenskappe wat uitgedryf is, eienaarskap neem van vakante grond as ‘n middel om hulself te bemagtig,” het Ntobeng Ntobeng, woordvoerder van die EFF, gesê.

Die Gautengse provinsiale bevelspan (PCT) het Saterdag sy eerste vergadering gehou. Die vergadering volg op die EFF se eerste leierskongres wat in Desember in Bloemfontein gehou is. Tydens die kongres is die party se top ses leiers en 35 bykomende lede in die party se bevelstruktuur aangewys.

Ntobeng het gesê hulle sal ook in die provinsiale wetgewer aandag gee aan die eis dat president Jacob Zuma ʼn gedeelte van die R246 miljoen wat op veiligheidsopgraderings aan Nkandla bestee is, moet terugbetaal.

“Hierdie inisiatief van die EFF berus op ons nie-onderhandelbare anti-korrupsie standpunt wat bepaal dat, onder ‘n EFF-regering, staatsamptenare en politici wat skuldig bevind word aan bedrog tronkstraf van nie minder nie as 20 jaar sal kry,” het Ntobeng gesê.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

7 Kommentare

Nico ·

Myself te bemagtig gaan ek maar Zuma se kantoor oor neem, ek kan ONMOONTLIK ‘n slegter job doen

Drieks ·

Nee jy kan nooit slegter wees nie. Malema gaan jou nog ‘n medalje gee ook.

JZ ·

Malema magt dink hy is slim,maar miskien dink ek hy speel met vuurwat hy later mag ondervind.

SNEL ·

As ons jou maar in daai stoel kan sit Nico, ek ken jou nie, maar ek weet sommer jy sal dinge laat draai.

adrian ·

En wanneer gaan jy 20 jaar tronk toe Julius? jy het miljoene in limpopo bekom deur korrupsie

Deon ·

Wanneer gaan die dom aap besef dat dit is nie hoe dit in `n normale staat werk nie. Jy kan nie maar net beset nie, jy moet werk om iets te bekom. En al beset hulle, om hulself (sogenaamd) “te bemagtig”, wat gaan daar gebeur? Dit gaan maar net weer `n mistroostige plakkerkamp word, waar mense in elende gaan leef. Onder die leiding van dié dom aap gaan niemand hulself ooit kan bemagtig nie.

pop ·

Nouja kan die witmense wat nie grond het, ook maar gaan beset. My oog is lankal op n lekker plekkie in die berge. Daar is mos baie vakante grond.

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.