EFF wil Clicks-winkels Maandag sluit

(Foto: clicksgroup.co.za)

Die EFF vra vir die sluiting van alle Clicks-winkels weens die groep se “onboetvaardige en perverse rassisme”.

“Clicks het meegedoen aan die openbare verontmensliking van swart mense deur ʼn advertensie wat die hare van swart mense as ‘beskadig’ voorgestel het, in vergelyking met wit [mense se] hare wat as ‘normaal, fyn en plat’ beskryf is,” het die EFF Sondag gesê.

Die gewraakte advertensie.

ʼn Herrie het vroeër op sosialemediaplatforms losgebars oor die betrokke advertensie waarin na verskillende vroue se verskillende haarsoorte verwys word. In die advertensie word die byskrifte “frizzy & dull” en “dry & damaged” gebruik by die foto’s van swart vroue se natuurlike hare, terwyl die byskrifte “fine & flat” en “normal” by foto’s van wit vroue se hare gebruik word.

“Die implikasie hiervan is dat ʼn swart identiteit minderwaardigheid aan die identiteit van wit mense is. Dit is ʼn aanname dat wit standaarde van skoonheid nagestreef moet word en dat die kenmerke van swart mense skade, aftakeling en abnormaliteit verteenwoordig,” lui die EFF se verklaring.

“Die karakterisering is die grondslag van anti-swart rassisme en die EFF gaan dit nie duld nie.”

Die Clicks-groep het reeds om verskoning vir die advertensie gevra en dit onttrek.

Die EFF het vroeër egter geëis dat die name van almal wat by die advertensie betrokke was bekend gemaak word en dat hulle afgedank word. Hy het die winkelgroep 24 uur gegee om op sy eise te reageer. “Hulle reaksie op ons brief was niks minder as neerhalend nie en het gedui op ʼn gebrek aan berou vir hul aanval op die waardigheid van swart mense.”

Die party eis nou dat alle Clicks-winkels hul deure sluit en eers weer Saterdag heropen. Die EFF sê hy beskou nie die winkelgroep se verskoning as opreg nie en die enigste manier om “kapitaliste om verskoning te laat vra en opregte berou te laat voel, is vir hulle om geld te verloor”.

“As Clicks nie sluit nie, gaan ons lede van al ons takke al 880 Clicks-winkels landwyd van Maandag tot Vrydag sluit.”

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

46 Kommentare

Persheks Adri ·

Jy’s die grootste rassiste aan hitser so maak jouself toe ASB

Anel ·

Ag asseblief! Hoe minderwaardig kan mens wees! So, boere kan nou sê hulle verkoop niks meer aan swartes nie, want dit is die lot wat boere vermoor. So belaglik as wat my stelling is, is die eff se stelling. Die Here het ons geskape in die kleur, vorm, geslag wat ons is. Aanvaar wie jy is en sê dankie Here vir wie ek is. Om heeldag te poef en kerm omdat jy swart is, is ‘n klap in die Here se gesig en jy SAL gestraf word.

Marius ·

Kan nie wag maak hulle asb toe nog 1000 mense sonder werk idiot

Nie Verbaas ·

EFF kan nie eers n motorhuisdeur sluit nie. Hulle raak net al hoe meer lagwekkend. Hoop polisie doen moeite om die narre te arresteer.

nell ·

Ek dink die polisie is omtrent deur die bank almal EFF-gesind.

Snowball ·

Haarprodukte word vir spesifieke probleme/behoeftes vervaardig. Hoe moet hulle die teikenmark betrek as hulle nie die produk mag adverteer met ‘n toepaslike foto nie? Dis hierdie sotlikheid oor strooi wat nog meer mense hulle werk gaan kos!

Eerlik ·

Sal die grootste grap van die jaar wees indien die persoon verantwoordelik vir reklame by Clicks n nie-blanke is . Hoogtyd dat iemand die EFF sluit, grootste oorsaak van rasisme in die land!

Fedup ·

As i understand it, the advertising agent is black. Must have missed that day at work.

Fedup ·

That little gnomb and his entourage should take up gardening.

Pieter ·

Can’t agree with you. The plants will die. Only good to make compost of.

Alet ·

“Attack” ïs rassehaat aanhitsing….wie is nou die rassis ?

Stebastiaan ·

Hy ly aan ‘n minderwaardigheids kompleks, dis hoekom hy al sy hare afskeer. Siestog

Scalla ·

Stebatiaan, seker laat dit nie deurmekaar waai as hy agter op n voertuig ry nie.

Pompies55 ·

As die skoen pas trek hom aan,daarom pas die skoen malema want dis pateties verby.Niemand se skuld as die people minderwaardig voel nie.Clicks moet nie die eff hulle sin gee nie hulle is kinderagtig!!!!!!

Ann ·

Regtig? En wat van ander advertensies wat die wit vrou in die grond trap waar dit by velsorg kom? Dis maar reg?
Kom oor dit, man.

Vonkprop ·

Haai EFF, bestaan julle nog. Julle was so stil gewees. Daar is mos nou weer iets groots waaroor julle kan kla en daarom hoor ons weer van julle. Julle weet mos nie wat dit is om iets positiefs by te dra nie en daarom was die EFF so still oor die lockdown gewees, maar nou vandat besighede weer oop is en probeer bou aan die ekonomie moet julle nou eers weer iets breek om relevant te wees. As julle dan wil iets breek hoekom maak julle nie die gat groter in die EFF bootjie dat julle vinniger kan sink nie?

sterk soos n beer ·

ag sharrap malema jy is nie president van suid afrika nie! nie net witmense werk by clicks nie! hou jou rassistiese uitlatings vir jouself

J ·

Malema soek PUBLISITEIT en die breindood media speel saam!

Malema “melk” die media deur dreigemente te maak teenoor groot ‘name’ … soos bv. Vodacom, Clicks, FW de Klerk en vele ander.

Dis tyd dat groot spelers vir Malema en sy rampokkers op hul plek sit.

Groot ‘BESIGHEID’ en privaat sekuriteitsmaatskappye sal moet instaan om wet en orde te handhaaf omdat die ANC (rampokker) regering misluk het.

AJ

johan ·

Jy soek name kan jy dan vir ons asb die name verskaf wat agter al die plaas moorde sit asb

Ruaan ·

Malema word net wakker.wat het jy vir jou mense gedoen in die inperking wat vir jou stem niks.so word wakker.

Yvonne ·

Wat n belaglike mens is die man nie…..gelukkig het ek my woordeskat in toom gehou

MakersMark ·

“Fellow fighters and ground forces Attack” beteken slaan die deure stukkend beset die winkel, verniel die rakke en vat asseblief so veel as moontlik sonder om te betaal.

Sarel ·

Asseblief….. wens mense wil volwasse word. Die skepoer van die Advertensie moes ook geweet het dat met al die ” onvolwasse” mense in SA gaan dit probleme skep. Iemand gaan ook seker werk verloir.

Kanjynoumeer ·

Het Clicks dit met opset gedoen!!!???
Selfs individue weet van beter as n korporatiewe maatskappy soos Clicks
Die gebeurtenis is nou net weer om rassehaat aan te blaas.
Teleurstellend Clicks!!!

Emmerentia ·

Mal(ema) mens, lyk my die hele EFF sit sonder werk vir hulle hande. Hoekom nie die tyd gebruik om julself intellektueel te verbeter nie

Michael ·

Hulle probeer al vir honderde jare-dit werk nie en sal ook nooit nie

Barend ·

Afrikaners

Keer terug na God toe. Die tyd is min.

Genade vir julle en vrede van God onse Vader en die Here Jesus Christus!
I KORINTHIËRS 1:3

Mieke ·

Shame… arme Malema! Clicks luister nie na die EFF nie. Die EFF is steeds ‘n minority politieke groep – hoekom moet almal nou aan hulle giere en geite voldoen?

Johan ·

Dis baie ongevoelig van die EFF. Wat nou van al hulle comrades wat plat, gladde en mooi hare wil kry. Sies man.

Hoekom ·

Ag shame, does the baby need its binky?

“Fellow fighters and ground forces, ATTACK.”
Genl Twitter het gepraat…

Pieter ·

Bla bla bla bla bla, of is dit deesdae blm blm blm blm blm? Asof die regering al ooit omgegee het vir sy eie mense se menswaardigehid; wel net as daar politieke wins betrokke is word als aan die groot klok gehang.

Michael ·

Lyk vir my asof talle swart vroue glad nie van hul natuurlike hare hou nie want hulle dra of pruike met reguit gladde hare of hulle relax dit om gladder en meer reguit te wees. So dis nie die witmense wat dit so laat lyk nie, dis die swart mense self

LANA is ELANè ·

belaglik verby – hierdie drama terwyl ons land vedrink in korrupsie, moord, plaasmoorde ens. So tipies van die EFF, hulle sal enige iets ondersteun net sodat hulle anargie kan saai – wie gaan die meeste verloor as hulle die CLICKS winkelgroep boelie? Die werknemers waarvan 99.9 % swart is?
Al die drama oor ‘n oordeelsfout – witmense word al hoe meer uitgekryt as onbeholpe, onnosel mense wat vir enige iets sal val, soos die wit gesin wat ‘n tradisionele troue bywoon in belaglike tradisionele klere, terwyl die res van die geselskap wat swart is almal geklee is in gewone formele drag.
Of die witman wat vir die swartvrou se ouers ‘n bakkievrag ketels vat omdat hy nie weet wat CATTLE is nie.
Die advertensie word oor en oor op tv uitgesaai maar niemand se ego kry seer daaroor nie en niemand gaan hulle werk verloor nie – dit is wat dit is. Maar nou moet die hele CLICKS-groep deur die EFF geboelie word totdat hulle voel hulle het genoeg aandag uit die veldtog teen CLICKS gekry het.

Mallie ·

Laat die Eff, clicks toemaak dan sien ons hoeveel swart mense sit sonder werk. Dis mos altyd die wittes se skuld.

MakersMark ·

Beesvet en bytsoda week baie beter as die duur Clicks produkte.

Jack ·

Dis nou clicks se beurt so die boere kan nou eers weer asem haal maar moet nie verslap nie.

Het jy iets op die hart? Maroela Media se kommentaarfunksie is ongelukkig gesluit oor die Paasnaweek. Kom kuier gerus later weer!

Nuuswenke kan deur hierdie vorm gestuur word.