EFF wil die see nasionaliseer

Argieffoto

Argieffoto

Die Ekonomiese Vryheidsvegters het gesê hy gaan die see nasionaliseer om seker te maak dat Suid-Afrika voordeel trek uit die land se natuurlike hulpbronne.

“Ons moet die beperkte toegang wat mense tot natuurlike hulpbronne het, tot ʼn einde bring,” het Nazier Paulsen, die EFF se premierskandidaat in die Wes-Kaap, Vrydag aan die Kaapstadse persklub gesê. “Ons sal die see en die perlemoen nasionaliseer.” Hy sê dit is ondenkbaar dat die nasionale regering viskwotas aan internasionale maatskappye toeken in plaas van arm gemeenskappe.

Paulsen (47), ʼn dosent, het gesê die EFF se doelwitte sluit algehele geslagsgelykheid, gratis opvoeding tot nagraadse vlak, minimum plaasarbeiderlone van R5 000, en ʼn provinsiale konstruksiemaatskappy wat 100 000 poste sal verseker, in.

Die maatskappy sal glo opgerig word om die korrupsie hok te slaan soos wat tans glo plaasvind wanneer privaatbouers gebruik word om maatskaplike behuising op te rig. Die “ruimtelike verdeling”, wat al 20 jaar lank voortduur, sal glo ook tot ʼn einde gebring word. “Ons leef steeds in apartheid se ruimtelike verdeling. Dit is nog nie beëindig nie, dit word slegs deur die Demokratiese Alliansie bestuur,” het Paulsen gesê. Die maatskappy sal glo ook beheer neem oor die verskaffing van elektrisiteit, water en sanitasie. “Ons sal hierdie putstelsel binne ʼn jaar tot ʼn einde bring.” -SAPA

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

8 Kommentare

anita ·

En hy het gedink voor hy dit gese het??? Wat wil hy met die see maak? Wil hy vir almal n boot gee om op see te gaan bly? Net my mening. Moenie dat my mening die appelkarretjie in die see gooi nie.

george barnard ·

Se my die EFF se leiers en onder steuners raas hulle koppe maar so, vra maar net

Jasper ·

Nazier Paulsen, doen die land n groot guns en word die 1ste mens wat n ruimtevaart na die son onderneem.

alet ·

Hahahaha waar gaan hy vir al die diere in die see rooi hoedtjies en T hempies kry laat lees jou kop .Hy het seker van kleintyd af op sy kop geval

Wessel ·

“Uitstekende” gedagte van hom. Hy sal dan lekker perlemoen vir homself kan hou. Hy moet dan sommer diep binne die see gaan bly.

Gerald Smit ·

Al die partye wil alles regmaak so voor die verkiesings tot hulle ingestem is dan sien jy hulle nie weer vir die volgende 5 jaar nie. Wat ‘n sirkus(politieke sirkus) al die narre bymekaar

Gideon ·

Ek dink ‘n goeie gedagte sal ook wees om die son en wind te nasionaliseer, dan kan die persone wat sonkrag en windkrag op plase gebruik aan die EFF maandelikse heffings daarvoor betaal!

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.