EFF wil glo Kampsbaai, Bishopscourt beset

Kampsbaai Foto: big10photo.wordpress.com

Kampsbaai Foto: big10photo.wordpress.com

Nazier Paulsen, EFF-LP, het gesê die Ekonomiese Vryheidsvegters beplan om die meer gegoede dele van Kaapstad te beset.

Ongeveer 500 mense beset reeds ʼn stuk grond in Khayelitsha, het die Ekonomiese Vryheidsvegters Dinsdag gesê. Die party het gesê die mense het reeds begin om strukture op die grond naby Nolungile-treinstasie op te rig.

Volgens berigte het EFF-LP’s Bernard Josephs en Paulsen die besetting gelei, maar Godrich Gardee, woordvoerder van die EFF, het aan News24 gesê die party ondersteun slegs gemeenskapslede om die oop stuk grond te beset. Maroela Media het vroeër berig die stad Kaapstad beoog om kriminele klagte teen Paulsen aanhangig te maak. J.P. Smith, Kaapstadse burgemeesterskomiteelid vir veiligheid en sekuriteit, het Dinsdag gesê ʼn klag met betrekking tot die Wet op Voorkoming van Onwettige Uitsetting sal teen Paulsen gelê word. Klik hier om meer te lees.

Intussen het die EFF gesê hulle sê nie, ‘daar is grond, kom ons beset dit’ nie. “Ons doen net wat Jan van Riebeeck gedoen het. Hy het die grond ingeval en dit beset,” het Paulsen verduidelik. Volgens hom beplan die party om die gemeenskappe te lei om ook grond in Bishopscourt, Kampsbaai en Rondebosch te beset.

News24 kon nie kommentaar van die Wes-Kaapse polisie bekom nie.

Skrywer: Lauren Hess, News24

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

9 Kommentare

Neptunus ·

Hulle moet sommer by ou Biskop Tutu, FW en Tannie Helen ook gaan intrek. Nie nodig om in sinkhutte te bly nie mense!

Peet Schabort ·

Dit laat my dink aan die klomp wat by die ou op die plaas gaan plak het. Nie te lank nie dan trek hulle! Op ‘n vraag van hoekom dit gebeur dat húlle moet trek en nie die plaaseienaar, was die antwoord: “Jô, daardie man is besig om ons rot en kaal te steel!!”

Theresa ·

Hierdie spul kan hulle darem ophou met snert. Pleks laat hulle gaan werk om hierdie land wat besig is om sy gat te sien – ‘n beter plek te maak VIR ALMAL!!!

Charles ·

Ja lekker nou hulle naby die see en ou FW gaan trek in alles is mos julle sn

jjobson ·

Tipies onopgevoed, EFF julle is nutteloos en het die persepsie van steel,vernietig,arrogant en verniet kry. Die BYBEL sê wie nie werk nie mag nie eet nie. Is dit waar dat Julius sy eie party se geld gesteel het!!!!!!!!!!!!!!!!!!!!!!!!

jjobson ·

my comment is nie geplaas-Ek wil weet het Juju die EFF se geldkas beroof!!!!!!!!!!!!!!!!!!!!!

Nina ·

Liewe hemel! Mens het nie meer woorde vir hierdie absolute belaglikhede van die EFF nie. Dis verregaande dat daar NIKS aan hierdie opstokers gedoen word nie.

Drieks ·

Sy ondersteuners begin sien hy is net ‘n Mugabe. Luister maar fyn wat hul praat in die straate, Hul beweer hy het geld van die party gevat vir hom self maar dit moet nog bewys word. Wag in spanning…

Het jy iets op die hart? Maroela Media se kommentaarfunksie is ongelukkig gesluit oor die Paasnaweek. Kom kuier gerus later weer!

Nuuswenke kan deur hierdie vorm gestuur word.