EFF wil glo van “Die Stem” ontslae raak in volkslied

Innibos-fees in Nelspruit op 5 Julie 2014 Foto: Steve Hofmeyr, Facebook

Innibos-fees in Nelspruit op 5 Julie 2014 Foto: Steve Hofmeyr, Facebook

Die VF Plus het Dinsdag in ʼn verklaring gesê hy verwerp met minagting die oproep van die EFF om weg te doen met Die Stem as deel van die volkslied.

Anton Alberts, die VF Plus se parlementêre woordvoerder oor kommunikasie, het die Ekonomiese Vryheidsvegters (EFF) gewaarsku dat hy met dié onversoenende optrede ‘n omgewing skep waarin konflik kan ontstaan.

Dit volg nadat Mbuyiseni Ndlozi, EFF-LP en dié party se nasionale woordvoerder, Dinsdagoggend in ’n gesamentlike sitting van die portefeuljekomitee oor kommunikasie en telekommunikasie en die posdiens hierdie uitlating gemaak het.

Alberts sê dit is ‘roekelose politiekery’ van die EFF in die lig van die geskiedenis waar staatsmanne soos Nelson Mandela veel gedoen het om versoening aan die hand te werk. “Hulle moet besef dat hulle met vuur speel deur minderhede en veral die Afrikaner te teiken en dat dit tyd is vir hulle om groot te word en verantwoordelik politiek te bedryf tot voordeel van alle Suid-Afrikaners,” het hy gesê. “Die politieke styl van konflik wat deur die EFF toegepas word, is eindelik onvolhoubaar en dra nie by tot enige oplossings vir ons land se komplekse probleme nie.”

Alberts meen ʼn redelike oplossing tot die situasie word reeds deur die Grondwet daargestel deur die twee fundamentele regte van vryheid van spraak en vryheid van assosiasie. “Dit beteken op nasionale vlak is daar plek vir ‘n versoenende volkslied soos wat tans bestaan en by kulturele byeenkomste van die verskillende kultuurgroepe in Suid-Afrika kan mense sing wat na aan hul hart is, sonder om iemand anders te benadeel. Ons verduur vryheidsliedere van hul kant en hulle moet kultuurliedere aan ons kant ook akkommodeer,” het hy gesê.

Lees ook:
FAK: “Die Stem moet regmatige plek hê by kultuurfeeste”
Steve sê oor ‘Die Stem’
Nuuskommentaar: Om Die Stem te sing
Herrie bars los ná Steve “Die Stem” sing by Innibosfees

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.

18 Kommentare

jongste oudste gewildste
t willers

Wie is die eff? Kan ek ook sars geld skuld en met so ‘nroekelose mond spog?

t willers

Wie is die eff? Kan ek ook sars geld skuld en met so ‘nroekelose mond spog?

Frikkie

N Afrikaner is n snaakse ding vra vir die Engelse hulle laat hulle rond stoot tot op n punt en as hulle dan kwaad raak spat die poef.Al probleem is ons het nie n leier wat sterk genoeg is om op te staan vir ons regte nie ons kort n De La Rey of n De Wet.Die Engelse het ons ook onderdruk pas op as die afrekaner op staan.Jy kan n padda net trap tot hy bars onthou dit.

Grassie

Ek het al laaankal gewens die deeltjie van Die Stem word uit die huidige volkslied verwyder. Ek het met Die Stem grootgeword – dit van kleins af gesing en gerespekteer. Dit is meer as net bloot ‘n lied. Dit is ‘n lied waarin ‘n volk hul liefde vir hul volk en hul Godgegewe land verklaar en ook beloof om dit te beskerm tot die dood toe. Dit is ook ‘n ernstige gebed, veral die vierde vers. Om dit nou te gaan verbaster met ‘n anderstalige, vir my ‘n sinnelose, lied uit donker Afrika is vir my ‘n ernstige skending van… Lees meer »

PURE BOER

Sing saam Suid-AFRIKA!!!!! “Uit die blou van onse hemel, Uit die diepte van ons see, Oor ons ewige gebergtes Waar die kranse antwoord gee. Deur ons vêr verlate vlaktes Met die kreun van ossewa. Ruis die stem van ons geliefde, Van ons land Suid-Afrika. Ons sal antwoord op jou roepstem, Ons sal offer wat jy vra: Ons sal lewe, ons sal sterwe, Ons vir jou, Suid-Afrika.” “In die murg van ons gebeente, in ons hart en siel en gees, In ons roem op ons verlede, In ons hoop op wat sal wees. In ons wil en werk en wandel, Van… Lees meer »