EFF wil glo van “Die Stem” ontslae raak in volkslied

Innibos-fees in Nelspruit op 5 Julie 2014 Foto: Steve Hofmeyr, Facebook

Innibos-fees in Nelspruit op 5 Julie 2014 Foto: Steve Hofmeyr, Facebook

Die VF Plus het Dinsdag in ʼn verklaring gesê hy verwerp met minagting die oproep van die EFF om weg te doen met Die Stem as deel van die volkslied.

Anton Alberts, die VF Plus se parlementêre woordvoerder oor kommunikasie, het die Ekonomiese Vryheidsvegters (EFF) gewaarsku dat hy met dié onversoenende optrede ‘n omgewing skep waarin konflik kan ontstaan.

Dit volg nadat Mbuyiseni Ndlozi, EFF-LP en dié party se nasionale woordvoerder, Dinsdagoggend in ’n gesamentlike sitting van die portefeuljekomitee oor kommunikasie en telekommunikasie en die posdiens hierdie uitlating gemaak het.

Alberts sê dit is ‘roekelose politiekery’ van die EFF in die lig van die geskiedenis waar staatsmanne soos Nelson Mandela veel gedoen het om versoening aan die hand te werk. “Hulle moet besef dat hulle met vuur speel deur minderhede en veral die Afrikaner te teiken en dat dit tyd is vir hulle om groot te word en verantwoordelik politiek te bedryf tot voordeel van alle Suid-Afrikaners,” het hy gesê. “Die politieke styl van konflik wat deur die EFF toegepas word, is eindelik onvolhoubaar en dra nie by tot enige oplossings vir ons land se komplekse probleme nie.”

Alberts meen ʼn redelike oplossing tot die situasie word reeds deur die Grondwet daargestel deur die twee fundamentele regte van vryheid van spraak en vryheid van assosiasie. “Dit beteken op nasionale vlak is daar plek vir ‘n versoenende volkslied soos wat tans bestaan en by kulturele byeenkomste van die verskillende kultuurgroepe in Suid-Afrika kan mense sing wat na aan hul hart is, sonder om iemand anders te benadeel. Ons verduur vryheidsliedere van hul kant en hulle moet kultuurliedere aan ons kant ook akkommodeer,” het hy gesê.

Lees ook:
FAK: “Die Stem moet regmatige plek hê by kultuurfeeste”
Steve sê oor ‘Die Stem’
Nuuskommentaar: Om Die Stem te sing
Herrie bars los ná Steve “Die Stem” sing by Innibosfees

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

18 Kommentare

t willers ·

Wie is die eff? Kan ek ook sars geld skuld en met so ‘nroekelose mond spog?

t willers ·

Wie is die eff? Kan ek ook sars geld skuld en met so ‘nroekelose mond spog?

Frikkie ·

N Afrikaner is n snaakse ding vra vir die Engelse hulle laat hulle rond stoot tot op n punt en as hulle dan kwaad raak spat die poef.Al probleem is ons het nie n leier wat sterk genoeg is om op te staan vir ons regte nie ons kort n De La Rey of n De Wet.Die Engelse het ons ook onderdruk pas op as die afrekaner op staan.Jy kan n padda net trap tot hy bars onthou dit.

Grassie ·

Ek het al laaankal gewens die deeltjie van Die Stem word uit die huidige volkslied verwyder. Ek het met Die Stem grootgeword – dit van kleins af gesing en gerespekteer. Dit is meer as net bloot ‘n lied. Dit is ‘n lied waarin ‘n volk hul liefde vir hul volk en hul Godgegewe land verklaar en ook beloof om dit te beskerm tot die dood toe. Dit is ook ‘n ernstige gebed, veral die vierde vers. Om dit nou te gaan verbaster met ‘n anderstalige, vir my ‘n sinnelose, lied uit donker Afrika is vir my ‘n ernstige skending van Die Stem, en onaanvaarbaar. Ek sou graag wou sien dat ons kultuurskatte deur andere uitgelos word – dit is ons eiendom en ons is jaloers daarop. Vervang liewers daardie deeltjie in die huidige volkslied met die Pres se mashini wami liedjie. Dit pas beter.

Stokkie ·

Grassie N’kosie Sikelele is ook ‘n gebed. Gaan google dit!

Trippie ·

Ek stem saam met Grassie – haal DIE STEM uit die huidige volkslied.

GRASSIE: Jou skrywe is pragtig !

Grassie ·

‘n Gebed gerig aan wie? Onthou, dit is ‘n redelike ou Afrika lied van die swartmense. Wie aanbid hulle gewoonlik?

PURE BOER ·

Sing saam Suid-AFRIKA!!!!!

“Uit die blou van onse hemel,
Uit die diepte van ons see,
Oor ons ewige gebergtes
Waar die kranse antwoord gee.
Deur ons vêr verlate vlaktes
Met die kreun van ossewa.
Ruis die stem van ons geliefde,
Van ons land Suid-Afrika.
Ons sal antwoord op jou roepstem,
Ons sal offer wat jy vra:
Ons sal lewe, ons sal sterwe,
Ons vir jou, Suid-Afrika.”

“In die murg van ons gebeente,
in ons hart en siel en gees,
In ons roem op ons verlede,
In ons hoop op wat sal wees.
In ons wil en werk en wandel,
Van ons wieg tot aan ons graf.
Deel geen ander land ons liefde,
Trek geen ander trou ons af.
Vaderland, ons sal die adel,
Van jou naam met ere dra:
Waar en trou as Afrikaners,
Kinders van Suid-Afrika.”

“In die songloed van ons somer,
in ons winternag se kou,
In die lente van ons liefde,
in die lanfer van ons rou.
By die klink van huw’liksklokkies,
by die kluit-klap op die kis.
Streel jou stem ons nooit verniet nie,
Weet jy waar jou kinders is.
Op jou roep sê ons nooit née nie,
Sê ons altyd, altyd ja:
Om te lewe, om te sterwe –
Ja, ons kom, Suid-Afrika.”

“Op U Almag vas vertrouend
het ons vadere gebou:
Skenk ook ons die krag, o Here!
Om te handhaaf en te hou.
Dat die erwe van ons vadere
Vir ons kinders erwe bly:
Knegte van die Allerhoogste,
Teen die hele wêreld vry.
Soos ons vadere vertrou het,
Leer ook ons vertrou, o Heer:
Met ons land en met ons nasie
Sal dit wel wees, God regeer.”

Theresa ·

Hel, julle kan julle met &^%$ besig hou. Pleks dat julle ons land red wat ten gronde gaan……..

Grassie ·

Theresa – ons volkie is reeds in ‘n stryd om oorlewing gewikkel. So ‘n stryd het twee fasette. Een is die fisiese stryd en die ander een,ewe belangrik die meer abstrakte geestelike stryd, waarin ons veg vir ons taal, ons kultuur, ons reg om in hierdie land te leef en na onsself om te sien. As ons hierdie tweede faset van die stryd suksesvol doen sal ons mense, wanneer die fisiese deel aanbreek, geestelik gereed en gemotiveerd wees om te doen wat hulle moet doen. Dink weer ‘n bietjie mooi – dit is nie &^%$ waarmee ons ons besig hou nie.

estelle ·

EFF!!! Kan doen wat hulle wil, of dink hulle kan doen wat hulle wil! Die Stem sal altyd die Afrikaner en baie Suid-Afrikaners se VOLKSLIED bly! Dink hulle nou vir een oomblik dat hulle honderde jare se tradisie in ‘n “request” kan uitvee!! Dink weer!!

Conrad ·

“Uit die blou van onse hemel,
Uit die diepte van ons see,
Oor ons ewige gebergtes
Waar die kranse antwoord gee.
Deur ons vêr verlate vlaktes
Met die kreun van ossewa.
Ruis die stem van ons geliefde,
Van ons land Suid-Afrika.
Ons sal antwoord op jou roepstem,
Ons sal offer wat jy vra:
Ons sal lewe, ons sal sterwe,
Ons vir jou, Suid-Afrika.”

Theresa ·

Hi Grassie. Ek stem saam. Ek het eintlik met die EFF gepraat toe ek sê hulle hou hulle met ^%$# besig. Dis dieselfde met Victor Matfield se kopskerp. Ek hoop maar dat “ons” weet hoe om saam te staan.

Grassie ·

Theresa – jammer dat ek jou kommentaar verkeerd vertolk het. Ek het seker maar net ‘n dowwe oomblik gehad.

Groetnis.

Jas van As ·

Is dit regtig nodig om sulke swak taal te gebruik? Hierdie volk is ver weg van hulle Skepper. Bou ‘n nasie!! (sug)

Mariette ·

Hulle kan doen wat hulle wil, name verander wat hulle wil, wegvat wat hulle wil maar my respek en my Gelofte en my godsdiens sal hulle not te tiekie kan vat nie. Ek sal Die Stem sing wanneer en waar ek wil en uitsprake maak soos ek wil, net soos hulle. Ek is siek en sat daarvan dat ‘n mens nie mag praat van ‘n sekere kleur nie. Genade tog, word groot en bou ‘n brug (oeps, dit het hulle klaar gedoen, hulle moet nog net oor hom kom).

Mariette ·

Hulle kan doen wat hulle wil, name verander wat hulle wil, wegvat wat hulle wil maar my respek en my Gelofte en my godsdiens sal hulle not te tiekie kan vat nie. Ek sal Die Stem sing wanneer en waar ek wil en uitsprake maak soos ek wil, net soos hulle. Ek is siek en sat daarvan dat ‘n mens nie mag praat van ‘n sekere kleur nie. Genade tog, word groot en bou ‘n brug (oeps, dit het hulle klaar gedoen, hulle moet nog net oor hom kom).

Het jy iets op die hart? Maroela Media se kommentaarfunksie is ongelukkig gesluit oor die Paasnaweek. Kom kuier gerus later weer!

Nuuswenke kan deur hierdie vorm gestuur word.