EFF wil hoogste hof toe oor OB-uitspraak

(Argieffoto: Oupa Mokoena/ANA)

Die EFF sê hy is nie verras deur Maandag se hooggeregshofuitspraak waarin die Openbare Beskermer (OB) wéér op haar neus gekyk het nie.

Regter Sulet Potterill het adv. Busisiwe Mkhwebane se voorgestelde regstellende optrede teen Pravin Gordhan ter syde gestel, hangende ʼn hersieningsproses van haar verslag.

Die EFF het in reaksie op die uitspraak gesê hy gaan die saak tot in die Konstitusionele Hof voer.

“Dit is omdat ons besef het hoe sigbaar geïrriteerd regter Sulet Potterill was met swart regsverteenwoordigers wat geargumenteer het teen die eksklusief wit regsverteenwoordigers van [Pravin] Gordhan, Ramaphosa en almal wat vir die hofbevel gevra het,” het EFF-woordvoerder Mbuyiseni Ndlozi in ʼn verklaring gesê.

“Die regter was baie ingenome met, en altyd bereid om te luister, na die argumente van al daardie wittes, terwyl sy sigbare irritasie met die swart prokureurs getoon het en hulle heeltyd in die rede geval het. Tydens die verrigtinge was dit asof die swart regsverteenwoordigers nie in die hof gehoort het nie.”

Die EFF sê die hofbevel stuit ʼn grondwetlik daargestelde instelling en dat hy die kwessie daarom in die Konstitusionele Hof gaan betwis.

Die VF Plus het in reaksie op die uitspraak gesê dit skep opnuut die indruk dat die OB misbruik word in die ANC se faksiegevegte en dat sy onbevoeg is vir haar pos. “Indien sy die reputasie en geloofwaardigheid van die amp en kantoor van die OB eer wil aandoen, sal sy onmiddellik moet bedank,” het dr. Pieter Groenewald, leier van die VF Plus, gesê.

“Die OB moet ophou om belastingbetalers se geld op hierdie wyse te mors. Dit is duidelik dat sy eenvoudige basiese regsbeginsels soos om die ander kant van die saak aan te hoor, nie nagekom het deur Gordhan die geleentheid te gee om te reageer nie.

“Indien ʼn regsgeleerde in so ʼn hoë amp nie eens die basiese regsbeginsels verstaan en toepas nie, moet die persoon nie in die pos wees nie en dadelik bedank.”

Mkhwebane se kantoor het die uitspraak as “teleurstellend” bestempel en gesê die OB het gehoop die hof spreek hom sterk uit teen Gordhan.

OB-woordvoerder, Oupa Segalwe. (Foto: Brenda Masilela/ANA)

“Ons het gemeen dat die minister se woorde die waardigheid van die kantoor van die OB sou skend. Ons is teleurgesteld dat die hof bevind het die soort taalgebruik in die minister se aansoek was nie ter sprake vir dié doel [van die aansoek] nie. Ons verskil daarmee, ons glo dit was wél toepaslik,” het Oupa Segalwe, OB-woordvoerder, ná die hofverrigtinge gesê.

Gordhan het in sy hofaansoek onder meer aangevoer die OB is onbevoeg. Potterill wou nie ʼn bevinding maak oor bewerings van vooroordeel teenoor die OB, óf haar bevoegdheid om haar amp te beklee nie.

Potterill het bevind Mkhwebane het Gordhan nie die geleentheid gegee om sy kant van die saak te stel nie. Sy het gesê die voorgestelde regstellende optrede is vaag en onsinnig en dat daar onherroeplike skade teen Gordhan aangerig kan word indien daar dringend teen hom opgetree word.

Potterill het Gordhan se dringende aansoek toegestaan en ook beslis dat Mkhwebane vir die koste van die aansoek aanspreeklik is.

Gordhan het die hofaansoek gebring om die remediërende optrede wat die OB in haar verslag oor die sogenaamde geheime eenheid by die Suid-Afrikaanse Inkomstediens (SAID) beveel het, te verhoed totdat die hersiening van die verslag afgehandel is.

Mkhwebane hou in die verslag vol dat Gordhan destyds die Grondwet asook die uitvoerende etiese gedragskode oortree het. Sy het verskeie regeringsfunksies, onder andere pres. Cyril Ramaphosa en die polisie, versoek om teen Gordhan op te tree vir sy rol in die destydse stigting van die sogenaamde geheime eenheid.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

21 Kommentare

CallieL ·

Gaan kyk na alle staatsdepartemente. Die mense het geen vermoe on n saak te beredeneer nie. Kan niemand dit raaksien nie. Denel kan nie meer salarisse betaal nie, die bestuur weet dit al vir maande, niemand reageer nie. Daar word niks gedoen nie want hulle glo daar sal geld uit die hemel val. Selfde met Eskom, SAA en al die ander. Ek sal waarborg die swart prokureurs se redenasie vermoens het dalk die regter grensloos geirriteer. Weereens, common sense, is nie n karakter eienskap van die mense nie.

koos ·

Mmmmm. Dieselfde EFF wat se leier wit mense as lyfwagte aanstel. Wat met wit ANC lede vergader om Zuma uit te kry. Wat saam met wit mijoenêrs etes hou. Wat geld kry by wit tabak smokkelaars. Moet ek aangaan Ndlozi?

DubbelStandaarde ·

Solank hy nooit van wit regsgeleerdes, dokters, vlieeniers etc gebruik maak nie. Veral as ‘daai wittes’ hom so irriteer.

Jaques ·

Nie een van die OB se kamtige prokureurs / advokate sal eens ‘n hoërskool debat kan wen nie, so kan seker nie anders dat ‘n regter geïrriteerd raak met die kamtige prokkies nie.

Linda ·

Wat het die EFF te doene met die Openbare Beskermer, wil die EFF hul eie korrupsie onder die mat instoot ????

Henry ·

Die EFF laat my dink aan ‘n kleintjie wat tekere gaan as jy sy speelding af vat. Hulle kan net nie aanvaar dat hulle nooit by die blanke kan kers vashou nie. Hulle kry hulself so jammer omdat hulle nie blank is nie, ha ha haaa…..

Lou ·

Los die EFF dat hulle maar hulle geld mors op hofsake. Wonder in elk geval waar kry hulle al die geld om met elke tweede ding hof toe te hardloop. Het hulle nie by die vorige verkiesing gesukkel om hulle registrasie geld bymekaar te skraap nie ?

Nelia van Zyl ·

Wil Malema en die EFF hulle nie maar bepaal by aksies binne hul liga nie? En sommer sorg dat hul aand- en morepraatjies ooreenkom? Hul opruiery raak nou voorwaar afgesaag.

Gert van Wierdapark ·

Wat hulle nie sal doen om die nuus te probeer bly nie, al kos dit hul en hul “finansierders baie geld! Die EFF se steun aan die OB-tjie kan dalk later nog boemerang! Miskien moet die DA versoek dat die OB die Efl ondersoek! He-he-he!!!

Callie van der Merwe ·

In alle erns verstaan ek nie wat hier aangaan nie behalwe om als in die land om te krap. As X vir Y hof te neem en Y verloor die saak is dit korrek dat Z dan die saak verder neem. Behalwe as die OB se kantoor in die EFF struktuur sit weet ek nie waar die logika is nie. Kan iemand help dalk?

Hansie Slim ·

Die EFF hou nie van Gordhan nie. Dis hoekom hulle nie van die uitspraak gehou het nie. Hulle sou die uitspraak van ‘n nie swart regter verwelkom het as dit teen Gordhan was. Dit gaan oor die halsbandjie….

Hansie ·

Kan iemand my dalk sê wat die sogenaamde geheime eenheid vir Gordhan gedoen het? Het dit ooit bestaan? Was dit nie om nie-belastingbetalers op te spoor nie?

Oom Kalahari ·

Voel so jammer vir EFF dat hul dolosse gooiery nie nou gewerk het nie. Pravin sal in die visier nly omdat hy destyds bietjie agterstallige en onverklaarde inkomste tax geldjies van die rooikappie bendeleier ingepalm het. Pravin het destyds ‘n senuwee raak geboor, maar die rooi pette het hul bronne van inkomste voeding en ‘n Koninklike besoek is ook eersdaags op die agenda. Hul moet maar die verlies dra na die Hoogste Hof.

George in Bloem. ·

EFF segsman se “blah blah wit dit blah blah swart dat blah blah blah!” Ek se……GAAP……pfffttt. Niks nuuts hier nie.

Louis Eksteen ·

Ons kry een ding reg. Ons is die grootste sirkus in die wêreld met die grootste konsentrasie van die duursbetaalde NARRE .

CJ ·

Indien die regter geïrriteerd was, sou dit beslis nie gewees het omdat ‘n persoon se sigbare dele van sy/haar vel meer of minder pigment vertoon nie. Dit sou suiwer n geval wees van “Watter deel van die regsbeginsel(s) verstaan jy nie?”

Het jy iets op die hart? Maroela Media se kommentaarfunksie is ongelukkig gesluit oor die Paasnaweek. Kom kuier gerus later weer!

Nuuswenke kan deur hierdie vorm gestuur word.