EFF wil polisielede en gesinne ‘in hul huise teiken’

Popcru sê Malema se uitlatings is ‘n oproep tot geweld teen polisielede en hul gesinne. (Foto: EFF/Twitter)

Die vakbond Popcru het uitgevaar nadat die leier van die EFF, Julius Malema, die afgelope naweek in die Vrystaat aan ʼn skare gesê het as die polisie ʼn geveg soek, moet hulle só sê.

Malema het in Mohokare tydens ʼn saamtrek gesê die polisie dink hul uniform gee aan hulle ʼn vorm van meerderwaardige mag. “Ons sal julle sien nadat julle die uniform uitgetrek het, snags in julle huise …” het die EFF-leier gesê.

“Ons sal hulle op dieselfde manier behandel as wat ons in die 80’s gedoen het. Ons sal hulle nie net by protesoptogte die stryd aansê nie, ons sal na hulle huise toe gaan en hulle in hul eie huise saam met hul eie gesinne uitdaag.

“Ons is nie bang vir die polisie nie… blêddie lafaards.

“Ons sal kom vir julle. Een vir een in julle eie gemaksones.”

Popcru het die opmerkings as neerhalend bestempel teenoor die rol wat die polisie speel in die handhawing van openbare orde.

“Hy uiter ook verdere dreigemente wat moontlik kan lei tot onregverdigbare aanvalle in gemeenskappe op polisiebeamptes en hul gesinne,” het Richard Mamabolo, woordvoerder van Popcru, gesê.

“Nes hy vantevore gedoen het, deur in September die goeie naam van ons manne en vroue in blou verbaal aan te val omdat hulle hul werk doen – tot só ʼn mate dat hy selfs hul stewels as stinkend bestempel het – het hy hierdie keer die beledigings na nuwe hoogtes geneem.

“Hy moedig nou regstreekse geweld teen polisielede en hul gesinne aan.”

Mamabolo sê dit is ʼn oproep tot wetteloosheid en dat Malema se houding nou op ʼn glibberige pad is.

Popcru sê die polisie en sy lede beskerm die regte van alle Suid-Afrikaners, ongeag hul politieke affiliasie. Mamabolo sê wanneer ook al daar beoogde betogings is, is dit standaardpraktyk dat die betrokke partye vooraf vergader om kwessies soos die handhawing van veiligheidsmaatreëls, die ontplooiing van wetstoepassingsowerhede en die nakom van munisipale verordeninge te bespreek.

“Vir iemand soos mnr. Malema, wat ook ʼn openbare verteenwoordiger is, om so laag te daal en die lewe en gesinne van wetstoepassers in moontlike gevaar te stel, is uiters onverantwoordelik. Dit kom ook op ʼn tyd wat ons by mense pleit om te help in die stryd teen polisiemoorde wat aanhou toeneem.”

Mamabolo sê Suid-Afrikaners kan nie aangemoedig word om wapens teen mekaar op te neem nie.

“Ons doen ʼn beroep op mnr. Malema om hom van sulke dreigemente te weerhou.”

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

99 Kommentare

domheks ·

Hoelank gaan cr en cele dit nog toelaat???
Dit is ‘n uitdaging vir cr en cele, kom ons kyk of die stout anc seuntjie oor die vingers getik gaan word?
Laat iemand anders (WIT) sulke dinge kwyt raak, wonder hoe julle dan sou gespring het.

Pieter ·

Dis presies wat anc wil hê, aanhitsing om anc se politieke agenda te pas en rassisme aan te hits en wittes as sleg uit te maak sodat die massas anc sal bly stem.

Nie Verbaas ·

Op jou vraag, iemand benodig ruggraat om iets te doen.

Samuel ·

Die regering( CR en Bheki Cele) is dood bang vir die EFF. Ek kry die polisielede jammer.

Megan Swart ·

Dagsê Zacahara
Ons vra om verskoning vir die oorsig. Die artikel is reeds gewysig.
Dankie! Groetnis
Megan
nms Maroela Media

Rentia ·

Hoekom word daar niks aan die EFF gedoen nie? Dis in effek ‘n aanval op elke Suid-Afrikaner. Almal wat die wet gehoorsaam. So ons sal ook in ons eie beddens vermoor word snags? Verdedig jy jouself teen hulle word jy aangekla van moord.

Minister van polisie, waar is jy? Kommesaris van polisie LEEF JY NOG? Maande laas van hom gehoor of gesien.

Sakkie ·

oor hulle vir die huidige regering doen wat die nie mag doen nie net soos die freedom fighters in Zim mogabe se werk gedoen het wat hy ook nie mag gedoen het nie

Rentia ·

Die MRK het letterlik jare terug hulle keuses duidelik gemaak. Tydens die optog was een van die MRK lede op die nuus, wat vreeslik tekere gaan oor hoe vreeslik is dit dat rassisme nogsteeds aanhou. Niks soos in NIKS oor die EFF en die geweld, skade, brande wat gestig is nie. Net oor rassisme wat steeds heers en “meer integrasie” nodig is. Ek kon nie help om te wonder nie, hulle het reeds letterlik naby alles gevat, wat meer wil hulle hê? Omtrent net die Reserwebank is (nog) nie onder hulle totale chaotiese beheer nie.

Gerrie ·

Rentia, noem een persoon wat homself verdedig het wat skuldig gevind is aan moord. Hoe dink jy gaan hulle die leër toemaak as daar nie ‘n ondersoek was nie? Jy moet aanvanklik aangekla word van moord na ALLE skietery, selfs die polisie word aangekla.

Annelize ·

Die EFF moet onbind en verban word, en BITTER vinnig ook. Hulle is ‘n terroriste organisasie wat daarop uit is, om die bietjie wat van hierdie land oor is, heeltemal te verwoes, en hulle gaan nie ophou met hulle taktiek nie, nie voor hier ‘n volskaalse burgeroorlog in hierdie land is nie.

Tewis ·

Goed julle veroordeel Malema se aanhitsing!! So wat gaan nou gebeur??

Pieter ·

‘n Aanval op die polisie, is ‘n aanval op die Staat se gesag. En hy kom weg hiermee??? Die vuur wat hy aanblaas gaan nog Suid-Afrika verteer, maar is dalk ‘n uitkoms in hierdie situasie want die ekonomie is ook pootuit en so gaan die talle welsyntoelae ontvangers ook in opstand kom as hul fontein opdroog.

Eltan ·

En dit kom direk neur op hoogveraad…maar nie n vinger word gelig teen hom nie..

gatgogga ·

Ons moenie toelaat dat hierdie ding ook weer onder die mat gevee word nie.

Die Wolf ·

Nee hy kan nie want hoe gaan hy daardie duur drankies sluk?

Deon ·

As dit nie n direkte dreigement teen die polisie asook lede van die publiek (polisie en hul gesinne in privaat hoedanigheid) is nie, dan weet ek nie wat is n dreigement nie. Daar moet iets wees waarvoor hierdie man aangekla kan word om hom te stop om hierdie tipe uitsprake te maak.. Daar moet daadwerklik opgetree word teen enige persoon of instansie wat n veiligheids bedreiging vir ons land inhou.. Ek sien nie kommentaar vanuit die polisie se rigting nie, net die unie

jzjz05 ·

Hulle is bang want hier word hul huise en famielies gedryg en daar is n dawerende stilte van die regering wat al meer lyk of hulle die handeling goed keur,

Hoekom ·

Hy kruip weg tot hulle hom vra en uitlaat uit sy gat om op tv te verskyn…

Althes ·

Volgens my is dit intimidasie en aanhitsing tot geweld.
Wat baie interessant is, is dat JM praat van hul sal toeslaan wanneer polise lede tuis is en in hul genaksone is. Ek wonder hoeveel van die geweldsmisdaad kan direk voor die EFF gelê word.
JM verklap homself al hoe meer. Lyk my die ANC is bang vir hom en sy aanhangers.

jzjz05 ·

As n wit persoon die dinge gese het was die MRK lankal op hom ,nou n doodse stilte

Dries ·

Hoe lank nog? Ek wens iemand kan my antwoord. Hoe lank nog gaan hierdie ‘leier’ toegelaat word om net eenvoudig weg te kom met ‘moord’?

Casper ·

Oompie met die hoed en my fellow south Africans moet hierdie dreigemente nie ligtelik opneem nie.As daar nou ‘n polisielid vermoor word het Julia’s saamgesweer daartoe.Hy wat julias is,is lankal nie meer bang vir die gereg nie die gereg is bang vir hom.

Werner ·

Cele sit dan en handjies vashou met ou Malema hoe nou.Hy moes al lankal togesluit wees kry maar vir julle

H ·

plein en simpel malema jy is n TERRORIS!!!!!!!!!!!!!!!!!!!!!!!!!!!!!!!!!!!!!!!!!!!!!!!!!!!!

Arthur ·

Dit moet ‘n bitter donker en eensame plek wees, waar dié leier homself bevind….’n plek waar onnoselheid en baarbaarsheid seëvier!Gelukkig hang sy dwaasheid aan ‘n klok, vir almal om te sien. Danksy die blootstelling wat die oorgrote mediahuise hom gun, sal hy voortstorm, totdat sy eie boosheid om straf!

Persheks Adri ·

Hy dreig en dreig en nou die uniforms ook! Hoop Cele ruk hom in sy groot bek, sluit hom toe en gooi die sleutel weg! Dit nou nadat hulle in Senekal hand om die blaas was in die hof pffft

jzjz05 ·

lammer hulle is boesem viende ,het mekaar ondersteun in senkal in die hof.

Keelvol ·

Dis waar ou malema nie gedink het nie. Art49(2) kom in spel hier. Want enige aanval op n polisie lid en sy gesin waar hulle lewens bedreig word mag daardie lid nou skiet om dood te skiet.

MakersMark ·

Commander in chief is grootmond. Dalk moet jy verduidelik hoekom sy ground forces nou al twee keer op hul herrie gekry, by dieselfde skool. Een keer die ouers toe die SAP.

Hoekom ·

Ja hulle blaf, byt en gaan aan met hulle nonsense totdat iemand ingryp en hulle vas vat dan hardloop hulle weg, is maar die manier van ‘n lafaard.

Wat is rooi en hardloop met sy stert tussen sy bene in die straat af? EFF lid wat vanaf die trop verdwaal het en homself alleen bevind…

Connie ·

Cele, CR wat se julle nou hiervan. Cele jy moet ook maar jou rug watch, jy is ook in die mag.

Aai ·

Die grootkoppe se niks te veel geraamtes in hulle kaste wat die manne van weet.

Nette ·

Was hulle optog in Senekal nie om staatseiendom te beskerm nie? Polisiemanne is ook mos staatseiendom.

Estelle ·

Hoekom arresteer hulle hom nie! Hy kan nie so dreig en niks oorkom nie. Hy gaan maak dat mense reg in eie hande gaan neem. Dit kan nie so aangaan nie. Hier gaan nog oorlog uitbreek!

Skybird7 ·

Dreiging teen polisie (Staats liggaam ) en publiek (inwoners van ń Staat ) = terroriste aanslag. Waarvoor wag die hoedmafia en paddaman nog, die berig moes eintlik al ń “update ” gehad het, die grootste terroris is agter trallies ” Of gaan hul wag tot die staat oorval is, wat maklik kan gebeur. In ń ander berig gelees, huidiglik is 1 Polisie lid vir elke 407 publiek lede en die Weermag is nie veel sterker nie ! Baie probleme oppad.

Piet parys ·

So en wat gaan die polisie doen . NIKS WANT HULLE IS BANG VIR HOM .

Karina ·

Maar dit is mos ‘n dreigement/haatspraak teenoor die polisiemag, en daar word niks aan die mannetjie gedoen nie?!?!?!! Skande – dreig boere, dreig blankes, nou dreig hy polisiemag, en hy loop lag lag weg!

Anton ·

“Ons doen ʼn beroep op mnr. Malema om hom van sulke dreigemente te weerhou.”
Wow, sulke sterk asksie teen hom gaan verseker vrute afwerp. Doen n “beroep” op hom.

Juls ·

Die enigste logiese gevolgtrekking is dat die staat bang is vir Malema. Geen ander mens wat sulke goed se en doen sal nie gearresteer word nie. Net soos met Jacob Zuma wat nooit gaanboet vir sy plundering nie, net so gaan Malema nie vervolg word nie. Total anargie wag vir hierdie land want sulke kommuniste word vrye teuls gegee.

Die Goodwoodianer ·

Hulle gaan maar bitter swáárkry wanneer daar eendag weer ñ Godsvresende regering aan bewind kom in Suid-Afrika.

Hoekom ·

My magtig, hy sê hulle gaan doen met die polisie wat hulle met ons wit mense doen. So wat hy eintlik sê is dat die EFF verantwoordelik is vir moorde op mense in die veilighed van hulle eie huise. Ons word bestempel as terroriste terwyl die regte terroriste in die parlement sit en kan praat net soos hulle wil. Hulle weet die polisie en ANC cartel regime gaan niks doen nie, so hulle kan almal uitdaag soos hulle wil…

Gert ·

Dis tyd dat die regering teen hom optree. Laas toe ek gekyk het was ons almal onderhewig aan dieselfde wet. Maar hy is onaantasbaar. Laat enige ander leier dieselfde aanmerkings maak is hy geskors en in die tronk!

johanf ·

Ai, hy moet tog nie sê “ons in die” 80’s” nie, die ventjie is eers in “81” gebore…… Hoe kan die Staatspresident ń Parlements lid in die Parlement toelaat, wat is Mbeki Cele se kommentaar oor die dreigemente……of eindig alles nou by Popcru se kommentaar….?
Indien wel, is skaamte, sies en verdere teleurstelling nie die woorde vir Ceril Rhamaposa, sy kabinet, oa Mbeki Cele, en al die ander Politiese Partye nie, wie steun dan Demokrasie…….

Charlotta ·

En wat gaan die anc daaromtrent doen. Soos gewoontlik niks, want Malema kom met moord weg

Vernon ·

Maar laat dit nou n wit persoon wees wat so n uitlating maak…dan was hy al in die tronk.

JohanR ·

Ek kan sien dat iemand hier baie gaan seerkry, en ‘n paar of baie gaan hulle lewens verloor. Polisiemanne hou maar die geweer/e naby want die EFF kom vir julle en julle gesinne. Hulle wil betoog en geweld aanhits maar wil nie he dat wetstoepassing hulle stopsit nie soos gebeure het in Brakenfell.

Genis ·

CR sal nie sy seuntjie tugtig nie… hy doen al sy vuilwerkies vir hom…

Piet ·

Hierdie perd word definitief as pion gebruik om geweld en rassehaat aan te wakker in die land. Kan ‘n sekere groepering in die ANC self wees wat neig na anargie en burgeroorlog wat hom so gebruik. In enige ander land sou hy al die tronk gesit het. Sal interessant wees hoe dit alles gaan uitspeel vir ons landjie.

Marilize ·

Hoe lank gaan die man nog gelos word om net te se en te doen wat hy wil? Geen respek vir owerhede of lewens nie.

Thea ·

Ek is nie eers so moeg vir my eks soos wat ek vir hierdie siel is nie. Kan een van hierdie polisiemanne nie maar net hierdie siel stuit in sy spore nie? Mens hoor altyd sy groot smoel na elke betoging, maar sien hom nooit saam sy “comrades” nie.

Ronel ·

Ja nou dat hulle eie mense gedreig word, NOU wil hulle all of the skielik optree, maar dreig die boere??? Dan is dit mos niks nie.

Tsek! ·

Ek het n idee…SLUIT DIE DROMMEL TOE! Hoeveel mense moet nog seerkry voordat enige iemand iets doen omtrent hom?

Elize ·

Hoe is dit moontlik dat hy net doen en se wat hy wil en niks oorkom nie?

Anel ·

As dit nou ek was wat dieselfde uitlatings teenoor die eff gemaak het, was ek dslk al vermoor ofvas ek gelukkig is klaar verhoor en toegesluit lewenslank sonder parool en die MRK het my goed verkoop en die geld aan die arme eff gegee want hulle is soooo in hul eer en waardigheid gekrenk. Hoe durf ‘n blanke niu teen hulle opstaan? WAAR IS CELE EN CIREL? HULLE KEUR DIE PRAATJIES NATUURLIK GOED MET HUL STILSWYE. MAAR HULLE MOET MAAR KOM. ONS IS REG VIR HULLE!!!

Pierre ·

Moenie kla as julle nie teen hom optree nie hy het al welke elke mindersheids groep in die land al beledig en gedreig sy waansin ken geen end, maar kom ons kyk of daar iets hiervan kom en of die regering nou daadwerklik sal optree.

LANA is ELANè ·

So reg in die regering se kraal, die tipe uitsprake vat die aandag weg van hulle af rondom als wat in hul binnekring aan die gang is. Die regering sal hulself nooit teenoor Malema se manewales uitspreek nie daarom doen hy net dit wat hy wil, want hy rule, en is onaantasbaar in die howe ens. Watter siek land waarin ons lewe dat selfs geregsdienaars gedreig word met moord en doodslag. Dit is baie moeilik om nie te haat nie.

Zombie ·

Hierdie modus operandi herinner aan plaasaanvalle:
Val ń enkel, weerlose gesin aan.
Teiken die vrouens en kinders.
Doen die aanval in ń trop.
Doen dit in die nag.
Openlike konfrontasie waar die slagoffers hulleself effektief kan verdedig, word dus vermy.
MRK waar is julle???

Jakes ·

En steeds swyg hoed en CR oor die EFF se uitlatings. Malema het een ding reg en dit is dat die ANC en polisie niks aan hulle sal doen nie. En waar is die MRK nou skielik?

AndrewL ·

Hierdie is niks minder nie as terrorisme! As die tipe opmerking in enige ander demokrasie gemaak is, het hul die klein nikswerd gearresteer en aangekla.

Malematjie, jy soek vir bollie en jy gaan dit kry!!!!!!

Nie Verbaas ·

Julle is nie bang vir polisie nie? Nou verduidelik dan asseblief die “fun run” in alle rigtings. Wonder of hy gedink het voor hy gepraat het. Die hele land lag julle narre uit. Paar rooi kepse lyk seker nou nog soos smurfies.

Jaco ·

Die swart EFF wil meestal swart polisie teiken. Iets maak nie sin nie.

Piet ·

Die EFF het mos reeds ‘n verklaring uitgereik waarin hulle se dat die swart polisiemanne se optrede om “wit rassiste” te beskerm (na die polisie se optrede by Brackenfell) vergeld moet word. Hulle gaan dus met die swart polisielede by die se huise afreken. Rampokkers man, se en maak net wat hulle wil.

Piet ·

Ek het nou baie gedink oor hierdie EFF optredes en kan werklik net tot een logiese gevolgtrekking kom. Daar moet ‘n skakel met die regerende party wees want die optredes word stilswyend gekondoneer. Persoonlik dink ek daar is ‘n faksie in die ANC wat hierdie narratief van anargisme aandryf. Dan is daar die gematigde faksie (Cyril-hulle) maar laasgenoemde doen niks nie want dit sal die ANC laat skeur en hulle gaan hul joppies kwyt wees. Ons weet mos nou in elk geval die ANC is belangriker as SA, dis al deur hulself gese.

Vrijburger ·

Mmmm selfde strategie as die Demokrate mbt Antifa & BLM.

ronel ·

Mens kan maar nie help om te wonder hoekom word sulke aanhoudende arrogante aggressie toe gelaat nie? Presies wat verhef die man bo die wet?

Pieter J ·

Ek verstaan die EFF wil glo deur tot deur besoeke gaan doen in Brackenfell oor ń rooi beret wat afgeneem is by een van hulle. Ons sal maar moet sien hoe ver hulle gaan kom. Die polisie het nogal Vrydag so min of meer hul kant gebring in Brackenfell so hulle moet maar by ons kom skuil as hulle bedreig word.

H ·

terroris… wat gaan hiervan word . Hoekom is hy nie gearresteer nie ??????

gatgogga ·

Hierdie is ‘n baie ernstige oortreding.
Ons moet hierdie ding lewendig hou op sosiale media, want die konvensionele media sal probeer om dit te ignoreer, sodat dit vergeet word.
Boonop het Malema nou vir Ramaphosa in ‘n baie moeilike posisie geplaas, want aan die een kant beskerm CR vir Malema, maar aan die ander kant moet CR ook die veiligheid van die staat beskerm. Ek het net so min simpatie vir CR as wat ek vir Malema het – so hou die ding warm!

Yvonne ·

Hoe lank gaan die EFF nog wegkom met die opruiende spraak oor alles en almal….die regering is soos n hond sonder tande…..hy daag hulle blatant uit….eish

Robert ·

” Ons doen ń beroep op mnr Malema om hom van sulke dreigemente te weerhou ” Wat ń grap!!!!!

Regverdigheid ·

Geen gesag of respek vie ons Polisie Tyd dat hy op sy vinngers getik word sluit toe as hul dreig en so toy toy want hulle venietig als kan nie iets ordentlik doen , maak voorbeeld van hulle

agnes ·

Hoe kan Hulle sulke kriminele opmerkings van Mal Emma toe laat en niks doen nie. Hy is n vyand van die staat en opstoker tot terrorisme. Vat hom vas en gooi die sleutel weg

Gerrie ·

Snaaks dat dit nou skielik sulke groot nuus is omdat Malema een maal die polisie gedreig het. As hy die boere so aanval en vra en sing dat hulle geskiet en vermoor moet word en die polisie en die regering staan by en doen niks, dan is dit vir hom en die regering reg. Sal hy uiteindelik sy dag kry? Ek NEE!!!!!

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.