EFF wil Pta se standbeelde vernietig

Oudpresident Paul Kruger se standbeeld op Kerkplein in Pretoria (Foto verskaf aan Marianne Styan)

Oudpresident Paul Kruger se standbeeld op Kerkplein in Pretoria (Foto verskaf aan Marianne Styan)

Die EFF in Pretoria het gesê hy sal standbeelde van alle “apartheidsikone” in Pretoria vernietig, insluitend Paul Kruger se standbeeld op Kerkplein.

“Die feit dat die standbeelde, wat simbole van wit heerskappy is, steeds in die stad gevind kan word, is ʼn misdaad teen ons mense. Ons gaan alles verwyder wat apartheid en wit heerskappy in die stad verteenwoordig,” het Moafrika Mabongwana, adjunkvoorsitter van die EFF in Pretoria, gesê.

“Ons glo dat die standbeelde nie ons gemeenskap verteenwoordig nie. Ons gaan nie enigiemand se toestemming vra nie,” het Mabongwana gesê. “Ons het dit nie nodig nie.”

Oor die talle mense wat daagliks op Kerkplein foto’s by Paul Kruger se standbeeld neem, het Mabongwana gesê dit is weens ’n “gebrek aan opvoeding” dat meeste mense onwetend die figure van mense wat hul voorvaders onderdruk het, aanvaar.

“Ons mense dra nie kennis van die standbeelde en wat hulle verteenwoordig nie. Hoe aanvaar ʼn swart persoon só ʼn figuur? Ons sal ons mense deur die vernietiging van die standbeelde opvoed.” Mabongwana het gesê EFF-lede sal hulself aan die polisie oorgee nadat hulle die standbeelde vernietig het.

’n Groep mense het Saterdag by die Kruger-standbeeld foto’s geneem. Sherry Ntabeni het gesê sy is nie gepla oor “Oom Paul” se apartheidsgeskiedenis nie aangesien Suid-Afrikaners diegene wat hulle in die verlede onderdruk het, vergewe het. “My kinders geniet dit om op die plein te speel. Die energie wat ons tans bestee aan standbeelde kan eerder gebruik word om dienslewering te verbeter.”

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

18 Kommentare

Andre ·

Jis dis sensasie soek uit uit die boonste rakke hulle weet hulle gaan aandag kry met dade soos die, Eers ontwrig hulle die parlemaent en dan lyk hulle soos tipies stadsraad werkers, Juju jy moet wakker word dink jy regtig iemand sal jou volg as jy soos n sirkus nar te kere gaan

majha ludek ·

So ‘n bek moet jam kry. Sherry Ntabeni slaan die spyker op die kop. Neem notisie Mnr Nabongwane, dis ‘regdenkende landgenoot van jou en nadat julle alle sogenaamde wit euwels verwyder het, sal julle nuwe dinge vind om te vernietig en sodiende kosbare tyd mors wat kon aangewend word vir opvoeding en opheffing.

Boelie Brandt ·

Paul Kruger is oorlede lank voor die ontstaan van apartheid. Hierdie klomp aartappels kan nie op beskaafde wyse mee geredeneer word nie, want hulle het geen agting of belangstelling in die waarheid nie.

Gerard van Wilgen ·

Is dit in wese anders as wat die barbare van die IS in Irak met ou monumente doen?

Drieks ·

Eff lok ons wittes uit tot oorlog sodat hul kan sé ons het begin….

Pierre Celliers ·

Ek se ook, laat ons hulle konfronteer oor die vernietiging van ons beelde en laat die oorlog dan begin sodat dit kan uitwoed en ons uiteindelik kan voortgaan met ons lewens met die wete dat ons wel ingegryp het! ons Afrikaners se laksheid om hierdie kwessie te takel, en toe te laat dat hierdie woestaards ongehinderd voortgaan met hul arrogante optrede, gaan my verstand te bowe!

Johannes ·

Pieter, ek stem saam met jou. Dit is ‘n definitiewe oorlogsverklaring teen ons witmense. Hulle het lank reeds daarmee begin met “kill the boer, kill the farmer”. Ek glo dat dit hulle strategie is om ‘n gemeenskaplike vyand vir die meerderheid swartes te skep, sodat hulle die massas kan opsweep om vir hulle te stem. Julius Malema is so naief, hy glo homself dat hy nog President gaan word, veral nou dat hulle reeds in die parlement sit. Sy geveg is eintlik teen Zuma, maar hy het ook geleer dat “Whites bashing” in Suid Afrika baie gewild is en reeds vir baie ander swartes politieke voordele gebring het. Ek dink nie ons moet toelaat dat hy ons emosioneel opsweep tot geweld nie, want swartes sal glo dat ons die skuldiges is, en sal dan met groot entoesiasme oorgaan tot fisiese geweld. Ek dink hulle het reeds besef dat hulle nie die ANC by die stembus kan verslaan nie. Ek is ook bewus daarvan dat die ANC jeugliga dieselfde geluide maak t.o.v. ons standbeelde. Maar in hulle geval gaan dit daaroor dat hulle van jongs af by hulle voorgangers geleer het om die witmense te beledig en te dreig, want dit sal verseker dat jy raakgesien word (bv Peter Mokaba wat begin het met “kill the boer, kill the farmer”, en vandag is ‘n groot sportstadion na hom vernoem). Dan is daar nog die uiters negatiewe houding van die ANC regering teenoor die blankes se kultuur, soos die huidige stryd rondom die voortbestaan van Afrikaans in ons universiteite, skole en orals in die openbare lewe. Hulle ignoreer die grondwet en/of interpreteer dit so om hulle eie politieke doelwitte te bereik, wat duidelik daarop gerig is om die Afrikaner oor die lang termyn uit te skakel. Hoe langer hulle hiermee volhou, hoe meer weersin en haat wek dit op by al hoe meer mense, wat uiteindelik op erge konflik sal uitloop. Hierdie konflik sal vir baie jare aanhou en sal die land enorme skade berokken. Sulke konflikte het al in ander dele van die wereld tot so lank as sewe honderd jaar en selfs langer geduur. Ek kry die gevoel dat baie swartes glad nie in versoening belang stel nie. Ek onthou nog Zuma se opmerking oor Jan van Riebeeck. As hy as die president van die land sulke goed se , dan wonder ek ook hoe lyk die pad vir ons vorentoe. Maar as die konflik uiteindelik op geweld gaan uitloop, en ons het nie meer ‘n ander keuse nie, sal ek ook saam met my eie mense staan, want dit is ‘n universiele reg om jouself te beskerm.

Jean ·

Oog vir n oog….Mandela se beeld moet val as die Afrikaner beelde aangeraak word. sien dan hoe hul voel.

Swanna ·

Stem. As ons beelde val laat hulle sin ook val sodat ons kan sien wat gaan aan.

Jeanetta Taljaard ·

Hoekom help ons nie en breek alles in SA af nie. Dit is tog deur die wit onderdrukkers gebou. Gee Malema dan die geleentheid om self die land op te bou uit niks, laat ons kyk hoe ver kom hy, aangesien hy nie eers houtwerk kan doen nie. Hy en sy volgelinge het almal ‘n IK in die minusse.

Jeanetta Taljaard ·

Hoekom breek ons nie alles in SA af nie. Alles in die land is tog deur die wit verdrukkers gebou. So kan ons dan vir Malema en sy trawante ‘n geleentheid gee om alles weer op te bou en te sien hoe ver kom hy, aangesien hy nie eers houtwerk kan doen nie. Malema en sy volgelinge het almal ‘n IK in die minusse.

Bierneef ·

Manne, vroue, broers, susters, neefs, niggies. Ons bly in Afrika. Graag wys ek julle op lande in Afrka waar dit net beter en beter gaan onder Afrika regerings:

1.

OKeeeeeeeeee, sal moet werk aan daardie lys. Nietemin. Ek stel voor julle kry ‘n bier, of Coke, of wyn, sit agteroor, voete op die tafel, en geniet die lekker April weer. En as julle so tussen julle tone deur oor die vlaktes mik, kyk weer mooi na daardie tone. Die vel is wit. En dit is ongelukkig die probleem. Nie ons skuld nie, maar vir ander ‘n probleem.

John ·

Hierdie perre kry dit reg om die visie van die groter prentjie te verkuif na die minder belangrike. Hou die oor op die grond en luister na die trillings. Daar is geen bakleiery tussen die EFF en die ANC nie. Inteendeel hulle is besig met ñ gemeenskaplike doel, totale vernietiging en verarming van die blanke.

Chivago ·

Goed, dis reg so, op voorwaarde ALLE standbeelde word verwyder – insluitend die TERRORISTE s’n. Ek is ook nie lus om heeldag vas te kyk in beelde van mense wat bomme geplant het en onskuldige lede van die publiek se lewens verwoes het nie.

Grassie ·

Toe ek nog op laerskool was het die seuns ‘n gewoonte gehad – as jy kwaad raak vir ‘n ander outjie het jy tot voor hom geloop, ‘n streep op die grond getrek, hom ‘n ligte stampie gegee en vir hom gesê “Hier is jou kês.” As hy vir jou kans gesien het, het hy jou ook gestamp en gesê “Hier is jou kês terug.” Dan was die “faait” aan. As hy egter bang was vir jou het hy net weggestap, dan het die meisies hom uitgelag. Met hierdie beelde-storie het die EFF nou vir ons ons “kês” gegee. Gaan ons ‘faait” of gaan ons wegstap? Ek het my bedenkinge.

Ryno Botha ·

Gee dit deur op die nuus dat al die swart Malemas bietjie van hulle wit name ook ontslae raak , soos JULLIUS

Het jy iets op die hart? Maroela Media se kommentaarfunksie is ongelukkig gesluit oor die Paasnaweek. Kom kuier gerus later weer!

Nuuswenke kan deur hierdie vorm gestuur word.