EFF wil spogskool sluit oor ‘rassisme’

Die EFF beskuldig die Riebeek College Girls’ High School op Uitenhage daarvan dat die skool swart leerders anders as die res behandel. Foto: riebeekcollege.co.za

Die EFF dreig om die Riebeek College Girls’ High School op Uitenhage in die Oos-Kaap met geweld te dwing om te sluit weens wat lede beskryf as gevalle van rassisme by dié spogskool.

Die polisie is Dinsdag twee keer ontbied om die orde by die skool te handhaaf nadat ʼn groepie EFF-ondersteuners opgedaag het, maar toegang tot die skoolperseel geweier is. Hulle wou met die skoolhoof, Kieran Stear, oor bewerings van rassisme praat.

“Hulle het die probleme gaan lug wat hulle reeds met ons gelug het,” het Malibongwe Mtima, woordvoerder van die Oos-Kaapse onderwysdepartement, Woensdag aan Maroela Media gesê, maar bygevoeg die departement kan nie beswaarmakers “beperk” ten opsigte van hoe hulle wil betoog nie.

“Ons is tevrede nadat ons met die ontevredenes gesels het dat ons tot ʼn vergelyk gekom het dat die probleem van rassisme nie deur die departement alleen opgelos kan word nie,” sê Mtima, “maar dat ons alle betrokkenes se samewerking nodig het.”

In die geheel kon geen bewyse van kwaadwilligheid of rassisme gekry word nie.

Hy sê die ongelukkigheid oor beweerde rassisme in die skool het twee weke gelede kop uitgesteek. “Daar was bewerings dat sommige [onderwysers] rassisties is en dat swart leerders anders [as bruin en wit leerders] behandel word. Ons het dit toe begin ondersoek en ʼn program vir maatskaplike transformasie by die skool ingevoer.”

Mtima sê die doel daarvan is om die skoolgemeenskap “tot ʼn verenigde gemeenskap te help vorm” en “toe te sien dat teen niemand op grond van hul ras gediskrimineer word nie”. Van die aantygings teen onderwysers was dat sommige swart leerders as “julle mense” aangespreek is.

Volgens hom is hul ondersoek egter afgehandel en is bevind van die onderwysers se uitlatings is uit verband geruk. “In die geheel kon geen bewyse van kwaadwilligheid of rassisme gekry word nie.”

Die EFF meen egter die departement kon meer gedoen het om teen vermeende rassiste op te tree en dat die skool steeds rassiste huisves.

 

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

39 Kommentare

thelsa ·

Hulle wou seker beswaar maar oor die rassisme want kinders wat nie geleer het nie en gaan druip word teen gediskrimineer.

sies tog ·

Die EFF wil die skool sluit oor rassisme. Ons die belastingbetaalende publiek wil weer die EFF sluit oor hulle rassisme. Ontbind die rasiistiese EFF. Ons demand dit

Ivan ·

die eff weet nie wat hulle wil he nie.hulle spring van een ding na n ander..altyd rassisme..hulle moet hul skuld betaal. en oor die mensdom bekommer as om vure aan te steek.

christa ·

hulle ruk alles uit verband. Elkeen van ons het sekerlik die reg om self te besluit met wie ons wil meng en wie nie. Hulle maak die lewe vir hulself moeilik

Bullseye ·

Hierdie klomp kry heeltemal te veel dekking in die media.. Gaap… Gaan speel asb…julle is nie by magte om skole te sluit soos dit julle pas nie

Andre ·

Siestog Julias ou pel, julle sweet seker lekker voor die verkiesings. Wat het julle al beryk die jaar?

Die ANC het julle ore aan gesit, wie gaan vir julle wil stem?

lewies ·

Die departement verstaan nie wat die woorde dreig”, “geweld”, dwing beteken nie. Net die gebruik van hierdie woorde deur die EFF regverdig drastiese optrede. Kry ‘n inderdik teen die EFF en as dit verbreek word dagvaar hulle, sodat hulle ook hierdie hofkostes kan betaal. Hoe meer hofsake hulle verloor hoe gouer gaan daar rus en vrede wees.

Piet ·

As Ramaphosa kan vewys na “ons mense” wat is fout met “julle mense”

Andrew ·

Piet, jy onthou nou ‘n ding so reg uit die perd se bek. Selfs donkies behoort dit te verstaan.

jakes ·

Malema en sy maters moet liewer hul oor hul eie ernstige probleme bekommer want binnekort gaan hulle bankrot verklaar word. Die druip kwessie kannie eintlik ter sprake wees nie want dis moeiliker om deesddae te druip as om te slaag veral as die slaagsyfer omtrent net 25% is.

MS ·

Nou wil die EFF n spog skool toe maak in n land waar daar reeds nie genoeg skole is nie???

CRS ·

Baie dankie MS , Ek stem saam , daai is ‘n baie goeie skool

MS ·

Wil die EFF n spog skool toe maak wanneer daar reeds nie genoeg skole in ons land is nie??? IS JULLE ERNSTIG???

Msp ·

As jy rasisme wil sien kyk net na malema en sy rassehaat aanmoedige party.

Johann cb ·

Ek wens net die EFF wil ophou inmeng in alles! Hulle vererger baie situasies tot nadeel van almal! Ai tog!

Maarnetekke ·

Dis seker rasisties omdat die skool “Riebeek College” genoem word en nie “Maphefo Congress” nie…..??? Hierdie is Suid-Afrika, enige iets wat wit klink of lyk, ongeag van wat daar aangaan, is mos rasisties…..

Philip ·

Weg met eff. Ek is al siek en sat vir die lot en hulle kry baie meer lugtyd op tv ook
Weg met sabc ook.

Alida ·

Maar dis reg om te praat van grond wat aan “our people” behoort.

Gert ·

Kan fie effies nie gesluit word oor domgeid. Maklik alle studente en leerders met 80% gemiddeld jan strike en demands maak. Die res gaan leer

Mrs J ·

Afbreek-taktiek = 100%
Opbou en saamwerk = 0%
You are the weakest link, good bye.

Adrian ·

Hulle leiers is ,,looters” van vbs so hul sal alles doen om daai saak op n sylyn te plaas, gister het die nar tevelde getrek teen almal wat in sy beperkte brein gekom het. Hul gryp aan strooihalms maar elke dag en elke uur word ie strop al nouer om die nar en floyed se kele getrek, eff jul tyd loop uit

Kyk net ·

Kyk net hoe mooi werk dit in ons ou landjie. Die regeringsamptenaar raak die volgende kwyt: om toe te sien dat daar teen niemand op grond van hul ras gediskrimineer word nies. Kyk nou mooi: dis die regering se standpunt waar swartmense betrokke is en na bewering teen gediskrimineer word. Kyk dan waar witmense betrokke is: Reserwebank, Discovery, Sasol, staatsdepartmente – dis amptelike beleid en heeltemal in orde om te diskrimineer teen witmense op grond van hul ras. En moenie in debat tree met hulle nie, dan is jy ‘n rassis en die wet is regstellende aksie. Witmense het geen toekoms in hierdie land nie. En dan word pionne soos AgriSA en Adrian Gore gebruik om die onderang v witmense te bespoedig omdat hulle mos die bedryf ‘verteenwoordig’ en witmense se geld bestuur.

Andrew ·

Hulle wil ook alles toemaak wat werk. Hulle moet eerder die EFF toemaak en die skuld aan Afriforum betaal.

Anoniem ·

Die EFF gryp na strooihalms om die aandag van al hul skandes (VBS en AFriforum regskoste) af te lei, en relevant te probeer bly.

Pleks hulle gaan toi toi voor die skool waar ‘n Gr 11 leerder ‘n Gr 1 leerder in die kleedkamers doodgesteek het om wraak te neem op die suster (van die Gr1 leerder) met wie hy ‘n verhouding gehad het.

Oujongvrou ·

Malema wys elke dag al meer en meer dat hy eintlik nie baie intelligent is nie. Die kop het vasgehaak op rassisme. En daar sit dit nou. Geen ander plan kan by hom opkom om stemme te kry nie. Die pap is rou en die pap is gaar. Selfde deuntjie oor en oor en oor. Boring!!!!

liz ·

Die rassistiese EFF het nie eers meer geld oor in hulle organisasie om vir skryfbehoeftes te betaal nie, Foeitog nou soek hulle op allerlei manietjies aandag, kry vir jou Malema jy gaan een van die dae gesig eerste in die hek van duik.

Lizelda ·

Ai, tog. Kan die EFF nie aan iets anders krap as rassisme nie. Die ou deuntjie is al sooooooo lam gery.

Cobus ·

Lat hy die skool toemaak in December en weer oop in Jan 2019….Sot…

Frank ·

Weet u hulle soek net aandag wat hulle in elk geval nie gaan kry nie..,

Poppie ·

Eff het altyd die kat aan die gat beet. Dit is tyd dat hul hulself sluit… of sommer toesluit en sleutel weggooi

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.