EFF wil voortveg ná hof weer teen OB beslis

EFF-woordvoerder Mbuyiseni Ndlozi. (Foto: ANA)

Die EFF sê hy gaan appelleer teen die bevinding van die Pretoriase hooggeregshof wat pres. Cyril Ramaphosa gelyk gegee het in sy besluit om tugstappe teen die minister van openbare ondernemings ter syde te stel, hangende ʼn hersieningsaansoek.

Die hof het Donderdag bevind Ramaphosa het wél voldoen aan die Openbare Beskermer (OB) se opdrag dat tugstappe teen Pravin Gordhan gedoen moet word. Die uitspraak laat Ramaphosa nou toe om te wag vir die uitslag van dié aansoek voordat hy besluit op gepaste optrede teen die minister.

Mbuyiseni Ndlozi, EFF-woordvoerder, het ná die uitspraak gesê die uitspraak is strydig met die gety van die Konstitusionele Hof. “Die remediërende optrede van die OB is nie sommer net optrede nie, dit is bindend totdat ʼn hof dit ter syde gestel het. ʼn Blote aansoek vir hersiening stel dit nié ter syde nie,” het hy gesê.

Die EFF het ter ondersteuning van adv. Busisiwe Mkhwebane, OB, by die geding betrokke te raak. Die party het gesê hy steun haar nie as individu nie, maar eerder die amp wat sy beklee.

Mkhwebane en die EFF is boonop beveel om die regskoste vir die saak te betaal. Volgens Ndlozi is die party ook van plan om hierteen te appelleer.

“Die regter het gesukkel om haar eie uitspraak te lees en sy kon nie vir een oomblik die buitengewone omstandigede in die saak staaf om die magte van die OB op te skort nie,” het Ndlozi gesê.

Die OB het haar verslag oor Gordhan se hantering van die voormalige adjunkhoof van die Suid-Afrikaanse Inkomstediens (SAID), Ivan Pillay, se vervroegde aftrede, in Mei vanjaar bekendgestel. Sy het bevind Gordhan het onwettig opgetree toe hy die aftreepakket in 2010 goedgekeur het. Gordhan was destyds die minister van finansies. Nadat die pakket goedgekeur is, is Pillay op ʼn kontrakbasis in dieselfde posisie aangestel.

As deel van die remediërende opdrag het Mkhwebane beslis dat Ramaphosa teen Gordhan moet optree omdat hy die Grondwet geskend het.

Die IVP het die beslissing verwelkom en het gesê die OB se optrede lyk soos ʼn heksejag.

“Wat betref die kostebevel wat teen die OB en ander gemaak is, is dit ʼn skande dat haar kantoor weer eens gaan moet opdok vir die koste, wat beteken Suid-Afrikaners betaal daarvoor,” het Mkhuleko Hlengwa, die IVP se woordvoerder, gesê.

“Die IVP is uiters bekommerd oor die OB se optrede en ʼn magdom kwessies wat haar persoonlik – én haar kantoor – in die gesig staar.

“Dit is jammer dat Suid-Afrikaners tans na ʼn sepie van regsake moet kyk wat voor hulle afspeel. Ons land verdien dit nie,” het Hlengwa gesê.

Hy het gesê dit is vir die party verblydend dat die howe en die regbank verseker dat die onderskeie staatsafdelings verantwoordelik gehou word.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

14 Kommentare

Arno Scheepers ·

Wat is die kans dat ENIGE regter in Suid Afrika teen cyril rampspoedig sal beslis. Daarmee sê ek nie die uitslag teen die OB en die eff was verkeerd nie. Bloot dat regters nie mans genoeg sal wees om teen cyril te beslis nie.
Die man en sy anc party stel hulle immers in hul poste aan.
Almal weet ons howe is lankal nie meer onpartydig nie

Gaitsigubib ·

Goeie plan! Ek hoop hulle kry nog n kostebevel teen hulle!

aj ·

Wens Afriforum of iemand wil haar (OB) aankla vir belasting verkwisting en ‘n hofbevel kry wat haar verplig om PERSOONLIK die regskoste in dié saak te dra!

Vic ·

As die eff nie wil nasionaliseer nie dan wil hulle appeleer. Ek wens hulle wil net LEER.

Gaitsigubib ·

Lyk nie of jy die nuus lees nie. Sy het reeds die 2de kostebevel teen haar persoonlik.

Tokkie ·

Dit kos derduisend om so n hofsaak te dryf – waar kry die eff al die fondse ?

Devill ·

Ek ruik ook ‘n rot, maar ‘n baie groter een….

en dis nie net Busi en die Eff nie, ek dink hier is baie ander goed ook aan die gang!

Daai regter het gesukkel met haar uitspraak, so asof sy dit nie self geskryf het nie.
Dit is baie vreemd, of is ek net onkundig oor die binne werke van die regbank?

Pop ·

Ag asb, hierdie vrou is nie net jn die bed met eff nie, so paar ander wat op die soustrein is ook. Die Presedent stel nie regters aan nie, kom tog by. Die regsbank is nie gekoppel aan die regering nie, behalwe vir salarisse. Hulle kan dalk omgekoop word, dit gee mens toe. In die land lyk my is almal omkoopbaar

EFF -OB ·

Ndlozi die ‘wannabe’ Malema is glo ‘n rewolusionêr by uitstek. Miskien dink hulle bloot dat anti -ANC (lees Ramaphosa en Gordhan) rewolusionêr is, want dit is verstommend hoe hierdie VBS skandemakers soos ‘n vrot walm al om die OB en haar twyfelagtige bevindings hang.

Henry ·

Ons sal nog 50 OB moet aan stel met al die bedrog wat in die land aan gaan geen wonder sy kan nie haar werk deeglik doen nie want sy het skaars met een saak begin dan is daar 50 nuwe bedrog amptenare wat die koffers leeg dra. Sy sal nooit voorbly met al die bedrog sake nie. Afriforum moet maar in spring en ons OB te hulpe kom. Die arme vrou.

Hendrik van George ·

Stadig maar seker is die EFF besig om hulle bankrot te littegeer in hul strewe om die OB te help. Doen so voort…..

Het jy iets op die hart? Maroela Media se kommentaarfunksie is ongelukkig gesluit oor die Paasnaweek. Kom kuier gerus later weer!

Nuuswenke kan deur hierdie vorm gestuur word.