EFF woedend ná Mashaba kleinhandelaar vastrek

Herman Mashaba (Foto: ANA)

Die EFF het Dinsdag hul misnoeë uitgespreek nadat Herman Mashaba, burgemeester van Johannesburg, Maandag op Twitter aangekondig het dat hy ’n kleinhandelaar wat ’n trollie vol geslagte beeskoppe in die middestad gestoot het, op die plek in hegtenis geneem het.

“Dit is ondenkbaar dat ’n voormalige kleinhandelaar [Mashaba], wat al op verskeie geleenthede vertel het dat hy self in moeilike omstandighede deur ’n huishulp grootgemaak is, sulke rassistiese standpunte inneem en swartmense as onbeskaafd en draers van dodelike siektes beskryf,” het Musa Novela, EFF-voorsitter in Johannesburg, gesê.

Volgens Novela is die EFF in Johannesburg teleurgesteld oor die burgemeester se afsydige houding teenoor kleinhandelaars wat in die middestad handel dryf. “Die EFF veroordeel die ​​inhegtenisneming van kleinhandelaars ten sterkste,” het Novela gesê.

Mashaba het hom Dinsdag op Twitter verdedig deur middel van ’n opvolgtwiet wat lui dat hy ten gunste is van kleinhandelaars in Johannesburg. Hy dra egter ook die gesondheid van Johannesburgse inwoners op die hart. “Gesondheidsinspekteurs werk nou saam met kleinhandelaars in die middestad om hulle te ondersteun maar terselfdertyd om die riglyne van omgewingsgesondheid te volg terwyl hulle werk om ’n inkomste te verdien,” het Mashaba Dinsdag getwiet.

Dié EFF se ontstoke reaksie volg nadat Mashaba se aanvanklike twiet gelui het dat hy “self hierdie onwettige daad in ons stad gestop het. Hoe kan ons vleishandel op hierdie manier toelaat? Ek wag vir die (polisiehoof) om te kom voordat onbekende siektes in ons stad uitbreek.”

Mashaba het sy optrede verdedig deur te sê dat hy gelei is deur wetgewing oor die hantering van vleisprodukte, soos vervat in die Wet op Vleisveiligheid. “Ek is bygestaan ​​deur die hoof van polisie, asook ander JMPD-beamptes.”

Hy het later bygevoeg dat die handelaar die bepalings oortree het wat stipuleer hoe rou vleis gestoor en vervoer behoort te word. “Die handelaar het nie voldoen aan die wetgewende vereistes nie, aangesien die koppe aan kontaminasie blootgestel is.”

Die EFF is egter van mening dat die burgemeester daarop sinspeel dat die kleinhandelaar ’n moontlike draer van dodelike siektes is. “In sy opvolgtwiets verbind hy in ’n absurde logika hierdie handelaar met ’n Ebola-uitbreek in Wes-Afrika,” het Novela verduidelik.

“Die EFF wil graag die burgemeester se oningeligte sienings oor die verband tussen Afrika-handel en siektes veroordeel. Ons vermoed hierdie oningeligtheid is nie van hom afkomstig nie, maar op hom afgedwing deur ’n klomp met wit denkwyses wat in sy diens is,” het Nova gesê.

Die EFF het daarop aangedring dat Mashaba sy opmerking terugtrek en aan informele handelaars in die stad om verskoning vra.

Mashaba het met verwysing na klein-en straathandelaars in sy mees onlangse twiet oor die saak gesê hy en die Stad Johannesburg sal hulle beywer om klein asook mediumgrootte ondernemings te help om hul besigheid te ontwikkel en op hul beurt werk te skep.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

30 Kommentare

leser ·

mashaba jy het reg opgetree, elk jan rap en sy maat kan nie van die straat ‘n slaghuis maak nie, dis ‘n ongesonde situasie
waars die gesondheids inspekteurs ?
oooooo ekskuus dis hulle broers wat so maak, klein entrepeneurs onderneming

Johnnie ·

Geluk Mashaba wat jy gedoen het is reg. Daai tipe handeldryf kan groot gesondheids gevaar in hou. Die EFF soek net aandag en probeer so om dalk n stem te kan wen. Maar hierdie tipe van dinge gaan ons nog baie sien in die toekoms want dit is afrika se styl.

Genieve ·

Ek wonder of die EEF hulle kinders van dai vleis sal gee jinee kan nie glo hulle praat dit goed nie dis reg agbare burgemeester jyt reg opgetree.

Ann ·

Wys jou wat weet die EFF van gesondheid af. Kan hulle nie verder dink nie?

jaco ·

vreemd dat gekla word as wette wat “hulle” (Ramaphoza se “our people”) gemaak het OF behou het uit die ou SA, toegepas word.

Dries ·

Eish EFF. Daar gaat ons alweer! Julle politiek gaan oor wit vs swart, en weer eens is dit ni rassisties ni?

FM ·

eff maak populistiese uitsprake om stemme te soek noudat shivambo moontlik by vms gebaat het. En speel telkemale maar weer die rassekaart. eff probeer nou enige iets om erens te kom. Gelukkig sien maalemaaa se eie mense deur hom. Hy s n lawaaimaker wat sy toys uit die kot uitgooi.ha ha he he.

Hendrik UAE ·

Ai julle kan mos sien dis eintlik die wittes se skuld dat die ou se besigheid toegemaak is.Wonder hoeveel huur en taks betaal hy en hoeveel mense gee hy werk.hoop ook hy het daai aflewerings voertuig gekoop.

Wie weet ·

ai Eff sjoe Julle kan maar daai vleis eet
Hoe oud is daai bees koppe

Daan ·

As ‘n beesboer wil ek die volgende stuiwer in die armbeurs gooi. Mense moet ‘n keuse hê. As ek in ‘n slaghuis koop verwag ek dat ek weet dat gesondheid regulasies geld. MAAR ook afgedwing word. En daar moet maniere wees om te weet dat wat gespesifiseer word, regtig in wors is.
Maar soos daar 5 ster plekke is moet daar 4 ster, 3 ster ens wees. En dit moet moontlik gemaak word vir die plekke om te bestaan. Alles moet nie oor gereguleer word nie.

Judge Dredd ·

Piekfyn solank as wat daai persone self hul mediese koste betaal as hul siek word.
Maar nee, dit sal alweer die verantwoordelikes wees wat moet betaal vir die onverantwoordelikes se vrye keuses.

Wouter. ·

Some people are not prepared to see something like that what about their emotions.

Koos de Meyer. ·

Nee man die aflewerings voertuig is affirmative shopping. Mooi man meneer Mashaba, beeskoppe, netnou skaapkoppe, skaap aval en nog meer. Tipies Afrika.

Janine ·

Word daar niks gedoen nie, skop die EFF weer ‘n kabaal op oor die swak of nie-bestaande higiene in die stede as iemand siek word. As mense siek word en nie gratis behandeling kry nie skop hulle weer ‘n kabaal daaroor op. Ek is regtig moeg vir die EFF en hul simpel redenasies …

Eish ·

Daar word gesondheidsinspekteurs na supermarkte gestuur (volgens wetgewing), so hoe kan mens hierdie bedryf goedkeur?

Robert ·

Nie net bees koppe in daai foto. Lyk soos swart of blou wildebees horing wat wys.

Hendrik UAE ·

Robert daardie onderste een is defnitief Wide bees.Wonder watter slagpale sal wild slag saam met gewone beeste?Of waar kom hy aan die goed?

D B ·

Die EFF is mal, niemand luister of gee om as hulle praat nie, hulle behepheid met kleur is nou al hol gery.

Wat ek wel graag sal wil sien is dat die EEF iets beheer, bv. ‘n provinsie. Dan kan hulle al hierdie nie-wit sienings van hulle toepas. Dan kan ons sien hoe lank hou die provinsie…

Nonnie ·

Baie dankie vir daardie vinnige optrede Mnr Mashaba, DIT WORD WAARDEER!!!! Eff, hou julle rassistiese uitsprake asb. vir julself!!!!!!! EK WIL BAIE GRAAG TEENWOORDIG WEES EENDAG AS DAAR DIE EEN OF ANDER BOSE PES SOU UITBREEK WAAR JULLE ONDERSTEUNERS IN DIE MEERDERHEID IS………WIE GAAN JULLE DAN VERWYT…???

Geeltrui ·

Kan jy jou die grizly gesig voorstel? Hier kom jy straataf gery en die oujie kom straat op met n draadtrollie vol afgesnyde dierekoppe? Wat vertel jy die kinders saam met jou? Dis mos gros. Wat, pray di tell, is RASSISTIES aan Mashaba se daad en woorde? Jet die nare eff n woord geleer?

Geeltrui ·

Kan jy jou die grizly gesig voorstel? Hier kom jy straataf gery en die oukie kom straat op met n draadtrollie vol afgesnyde dierekoppe? Wat vertel jy die kinders saam met jou? Dis mos gros. Wat, pray do tell, is RASSISTIES aan Mashaba se daad en woorde? Het die nare eff n woord geleer?

GM ·

Dalk moet een van daai manne vir Malema nooi vir ete! Ek sal betaal om dit te sien. Dis nou as hy nie te ‘grand’ is om vleis te eet wat só in ‘n trollie, deur die stofstrate, rondgestoot is nie, om nie eers te praat van die ou bloed en hare van vorige diere wat nog daar iewers in die trollie vassit nie. En menshare. Die sweetdruppels help seker dat geen verdere sout bygevoeg hoef te word nie. Eeeeeuw…

Karolis ·

Die betrokke man is in geen vorm ‘n handelaar nie, hy is ‘n smous.
Daarby onwettig ook.
Daar bestaan nie gesonheidswette in die oe van straatsmouse nie.

RN ·

Die EFF kader wat hierdie strooi kwytraak moet terug middeleeue toe. Daar werk alles so. Nie in stede nie. En moenie sinspeel oor wat Mashaba gesê het nie. Hy het niks oor die handelaar of Ebola gesê nie. Jy sê en versprei goed wat vals is. Waar val jy uit? Ai tog…

Hanna Hoekom ·

Iemand moet tog asb vir my verduidelik hoe RAS in hierdie prentjie inpas. Dis n swart smous wat aan swart mense swart beeskoppe verkwansel! Ek wonder of die Free-dumb-fighters hierdie vleis sal eet. Beslis nie! Klomp raasblikke, dis wat julle is.

Chrisjan ·

Onthou RN, die Middeleeue bestaan slegs vir wit kolonialistiese. Afrika het die Middeleeue vrygespring.

schalk ·

EFF rassisme is die woord wat onnosel mense gebruik om dat hul onbevoeg onnosel en nie objektiewe taalvaardigheid het nie..Wat weethierdie ding in elk geval van gesondheid bakteriee of virusse.Hulle sal hom seker aanstel as minister van gesondheid en rassisme..Die politiek is wrang onsmaaklike grap.

Deon ·

Duidelik was nie een van julle kantoorstoelkrygers onlangs in een van ons groot middestede, of by besige taxi sentrums of selfs township markte nie. Hierdie manier van “vleis” verkoop is niks nuuts nie en is alledaagse gebruik. Sedert die populasie in stedelike sakekerns oorgeswaai het na ‘n meer plaaslike en tradisionele kopersmark, het die tradisionele verkope ook net wyer uitgekring. Welkom in Afrika.

Hans ·

Toe daar ‘n listeriose uitbraak was daar omtrent ‘n”opstand” ens oor die hantering van vleis, nou moet die informele handelaar se optrede kondoneer optrede word-onverstaanbaar.

Het jy iets op die hart? Maroela Media se kommentaarfunksie is ongelukkig gesluit oor die Paasnaweek. Kom kuier gerus later weer!

Nuuswenke kan deur hierdie vorm gestuur word.