Effense beurtkrag-verligting Saterdag

Die Lethabo-kragsentrale, noordoos van Sasolburg. (Argieffoto: Google Maps)

Eskom het aangekondig dat fase 2-beurtkrag Saterdag heeldag gaan geld, nadat fase 4-beurtkrag Vrydag inderhaas ingestel is.

Fase 2-beurtkrag is Vrydag om 23:00 in werking gestel.

Eskom sê beurtkrag was oornag nodig en sal Saterdag heeldag moet geld om voorsiening te maak vir verdere probleme by opwekkingseenhede en om kapasiteit te skep sodat waterreserwes by sy pompopgaarskemas opgebou kan word.

“Die stelsel is steeds onder druk, met onbeplande instandhoudingswerk bo 12 000 MW, wat dit nodig maak om diesel- en waterreserwes vir onderskeidelik oopsiklus-gasturbines en pomp‑opgaarskemas te gebruik.

“Weens die onophoudelike reën ervaar ons steeds steenkoolhanteringsprobleme by ons kragsentrales met die nat steenkool. Dit het beteken opwekkingseenhede kan nie krag opwek nie,” het Eskom gesê.

Die sukkelende kragvoorsiener het weereens by mense gepleit om krag spaarsaam te gebruik.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

33 Kommentare

TLC ·

Nee hoor ek weet dit gaan net erger word
Maar iets is vout by my sit al van 4uur gister middag sonder krag en al die mense in ons unit ook
Wat te erg is is te erg

Madeline ·

Hoe is dit moontlik dat beurtkrag fase 2 én toe 4 toegepas word, terwyl Bloemfontein se BAIE UITBREIDINGS EN INGANGE NA BLOEMFONTEIN SE straatligte AL VIR AFGELOPE TWEE MAANDE dag en nag skyn en nie afgeskakel word nie???????? Ry van uitbreiding tot uitbreiding en sien hoe word krag vermors. Hoeveel krag KON HIERMEE GESPAAR GEWEES HET!

Akademi Buktu ·

Moet iets drasties met die reën verkeerd wees – seker wraak deur ou bedelingspersoneel, want toentertyd het die steenkoll nooit só nat geword nie?

Strandloper ·

Mmmmmm…Ons het n soortgelyke geval by die werk gehad nadat ons n vakleerling moes aasnstel as gevolg van “BBE” druk. Wel ek kan sê dat hy darem nou na 4 jaar se intensiewe opeiding en 34 disiplinere ondersoeke n grinder kan operate sonder om sy eie fingers af te sny of die werks winkel af te brand. So volhadering betaal!

Wielspore ·

Ons kuier die naweek in Roodepoort vanaf Nelspruit. Die impak beurtkrag in Gauteng is skrikwekkend.

Jerry B ·

Maak Eskom toe punt. Hulle toon geen verbetering in dienste.

Strandloper ·

Volharding is die antwoord…..miskien nie in my leeftyd nie….maar iewers ver ini die toekoms sal my agter agter klein kinders sonder loadshedding wees….dalk mens weet nooit…

Gemaskerde Sopbeen ·

Strandloper is absoluut reg. Sy kleinkinders sal sonder loadshedding wees……Kerse, oop vure, lanterns en fakkels het nie loadshedding nie. Wat het Suid Afrikaners gebruik voor kerse, olielampe, fakkels, oop vure en lanterns? Jip….elektrisiteit!!!

Johanna Botha ·

Ons was gese geen beurtkrag in Des …..mens kannie op hulle woord gaan nie …en zuma het nogal gese never never again loadshedding toe klap almal nog hande ….en nou dit ! Wys jou net wat die mense weet hoe om n plek te bestuur …nine lost years en hier sit ons nogstreeds bet krag probleme !

Gemaskerde Sopbeen ·

Nou hoe lank gaan mense soos Johanna Botha besef “mens kannie op hulle woord gaan nie” as Piet Retief dit al eerstehands beleef het? Gaan lees tog ‘n geskiedenis boek of twee…..en leer iets daaruit!!

MF ·

Wat vir my baie eienaardig is, is dat beurtkrag elke keer ingestel word sodra dit skoolvakansie is.

SAMPIE ·

Suid-Afrika het reën gehad voor Zuma en die Guptas ingegryp het. Toe het die steenkool opgaar stelsel gewerk

Elizabeth ·

Vra gerus die mense wat weet … nat steenkool is geen probleem nie. Of brand hulle deesdae die steenkool in oop kaggels?? Selfs ‘n warm koolstoof gee nie om vir nat steenkool nie. Hoekom hoor ons sedert die ineenstorting van Eskom eers van sulke onsin?? Dink hulle ons is stupid? Mens sal sweer dis alweer apartheid wat die dekselse reën gereël het … en nou sal hulle ons daarvoor straf.

James ·

Dis snaaks hoe mens moet aanpas en leuns glo. En dan begin dankbaar raak vir n laer fase beurt krag, asof dit n norm word.

Coco ·

Dit het glad nie gereen vanaf 1994 by die kragsentrales nie maar nou raak die steenkool nat asseblief ons is nie almal dom in S Afrika nie

Alexz ·

Ek wonder net hoe kry die Engelse dir reg. In Engeland reen dit 200+ dae van die jaar en loadshedding is ongehoord. Ek dink ons sukkel met ñ Afrika probleem.

pieter ·

STEM saam met sampie wa word steenkool nie droog in meulens nie vra net – water voorraad laag wie moet die vlakke monitor nee as jy alles hoor en al die diesel verbruik klink dit daar is geen onderhouds beplanning nie , en as da is hoe word dit uitgevoer , da nog maatskappye oppad

Outoppie ·

Ons spaar krag want ons het vir 4 en ń half uur per dag geen krag. So eskom: Ons spaar

Razer Laszer ·

Eskom help om weer famielie tyd saam te bring. Ons speel maar board games en kaarte. Een van dae gaan SA mense baie goed wees met Poker. Sun City hier kom ons.

Pampoen ·

Eers het Eskom beurtkrag ingestel elke keer as hulle tariefverhogings voorstel. So dit was duidelik dat dit ‘n foefie was. Dis nou moeilik om te bepaal of dit nou weer ‘n foefie is of is daar nou regtig ‘n probleem. Ek sou graag van ‘n betroubare kundige wou hoor wat die situasie is.

Elizabeth ·

Plaas Eskom terstond onder sakeredding! Ek dink daar is darem nog bates oor wat iemand sal koop. As die nuttelose direksie afgedank word, is daar ook sommer weer geld vir noodsaaklike onderhoud. Ons is nou moeg om deur hulle gemanipuleer te word. ONS betaal vir Eskom en ONS sê nou: Stop Die Bus En Die Soustrein!!!

Johann cb ·

Ek stem saam! Beurtkrag is slegs ‘n verskoning wat hulle onbevoegdheid beklemtoon!

Pierre ·

Sny die nie-betalers soos Sowetu af. Dan kan ons betalers dalk na fase 1 skuif. Hier betaal jy vir ‘n diens wat jy NIE kry nie. Kan ons hulle dagvaar?

SAMPIE ·

Eskom plaas nog meer finansiële druk op hulle self met hierdie beurt krag. Die verbruiker spaar krag , minder inkomste agv minder verkope. Kleiner inkomste hulle grootste rede vir bakhande staan of aandring op hoër tariewe. Geen aanpassing om kostes te beperk in verhouding tot inkomste nie

Sê-maar-net ·

Die beurtkrag is ‘n manipulasietegniek om die verhoging van 16% te kan bekom. En sodra die elektrisiteit die Munisipaliteit bereik, word dit nog duurder. Almal skep net en ons ander sink!

Ja Jong ·

Dan is die nag sommer lekkkker donker vir enige dief, rower, moordenaar en wie weet watter ander boosaard wat duisternis benodig om te doen presies wat hy wil doen. Ondersteuning uit onverwagte oorde…

Leon S ·

Jan Oberholzer voor 1994 het dit mildelik gereen? Ns 1994 het affirmative action en bbe die vernietiging van die ekonomie veroorsaak….kom asb by, kaderontplooing en bee het die land vernietig!!!

Peter McCarthy ·

Wat se nonsens praat hulle. As jy jou kole stockpile moet jy dit nathou anders slaan dit aan die brand. Dit is maar net ‘n vlou verskoning en nie die waarheid nie.

Het jy iets op die hart? Maroela Media se kommentaarfunksie is ongelukkig gesluit oor die Paasnaweek. Kom kuier gerus later weer!

Nuuswenke kan deur hierdie vorm gestuur word.