Effense beurtkragverligting voor naweek

(Foto: John-Mark Smith/Unsplash)

Eskom het Vrydagmiddag aangekondig dat hy beurtkrag na fase 3 verminder.

Dit het om 14:00 in werking getree.

Suid-Afrikaners moes die afgelope paar dae op hul tande byt nadat ʼn seewaterpomp by die Koeberg-kernkragsentrale probleme gegee het. Fase 4-beurtkrag is noodgedwonge in werking gestel om druk op die stelsel te verlig.

Koeberg sal na verwagting teen Sondag weer by die res van die netwerk inskakel.

Eskom sal later vandag meer besonderhede oor die beurtkragvooruitsigte vir die naweek bekend maak.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

4 Kommentare

MANVANPRETRORIA ·

Dankie julle. Dis net jammer dis geen verligting……ons het die selfde tye beurtkrag op fase 3 as op fase 4

Christina ·

Dis snaaks dat daar nooit beurtkrag was totdat Eslom in geldelike
moeilkheid beland het nie

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.