Effense daling in werkloosheidskoers

finansies-sakrekenaar

Foto: Stevepb/Pixabay.com

Suid-Afrika se werkloosheidskoers het in die laaste kwartaal van 2018 van 27,5% tot 27,1% afgeneem, het die departement van statistieke Dinsdag gesê.

Die werkloosheidskoers bly egter oor die algemeen hoog en is ʼn voorbeeld van hoe trae ekonomiese groei pogings om werk te skep, benadeel. Die nasionale tesourie het ʼn toename van 1,7% voorspel in die BBP van ʼn geraamde 0,7% verlede jaar.

Statistieke Suid-Afrika het in sy kwartaallikse opname gesê die getal persone wat in diens staan, het in die vierde kwartaal tot 16,5 miljoen toegeneem. Die getal werkloses staan op 6,1 miljoen.

Werk is in die vierde kwartaal in drie van die vier sektore wat in die opname gedek word, geskep. Die formele sektor het 92 000 poste geskep, gevolg deur privaat huishoudings (65 000) en landbou (7 000). Die informele sektor het 15 000 minder mense in diens gehad.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

9 Kommentare

jaco ·

6.1 miljoen werkloos, maar die TOTALE wit bevolking is maar 4 miljoen, waarvan seker net oor die 2 miljoen ekonomies aktief of van werkende ouderdom is.
Nou wonder ek maar net: regstellende aksie en BEE is die toorwoorde wat swart mense werk gee SONDER om na kwalifikasies en ondervinding te kyk. Waarom is daar dan so baie werkloses en waarom is die meerderheid swart? Wat dan van regstellende aksie en BEE?
Na regte, as na al die lelike uitsprake teen wit mense gekyk word (“dood van wit kinders by skool is God se wil” en “wit mense buit net SA uit met wit monopoliekapitaal”), dan moet daar eintlik mos net wit werkloses wees.
Iets maak nie sin nie.

Opisthophthalmus ·

Hier is die ding in kort…. ‘ons’WIL werk en suksesvol wees en finansieel beter af wees en voldoende kan voorsien vir ons kids.. en dan het jy ‘hulle’ wat glo alles wat hul wil hê is gratis, waarom dan werk? Ek vra net!!

Ben ·

Paar mense het laaste kwartaal werk gekry. Miljoen kinners het matriek geslaag……..so werkloosheid het gegroei!

De Villiers ·

Dis maar net die weerloosheid syfers van die laaste kwartaal in 2018. Wag vir hierdie jaar, veral met die minimum loon-monster wat sy tande in daardie syfer gaan inslaan (en reeds begin byt het), asook die effek van beurtkrag wat besighede gaan benadeel tot middel 2020, volgens sommige ekonome. Wat nog van die hoë inflasiekoers, swak beleggersvertroue wat heers en Eskom se tarief wat moontlik gaan verhoog. Ek kan glad nie sien watse groei die nasionale tesourie in alles lees nie. Hulle moet baie optimisties wees, seker omdat dit verkiesingsjaar is en nét positiewe nuus moet oordra.

Sê net ·

Het ophou soek na werk, was vertel eks nie BEEE genoeg nie.

Judge Dredd ·

Dis logies dat werkloosheid sal afneem soos die jaar aangaan en mense werk kry – maar dan weer opskiet aan begin van volgende jaar wanneer amper 800 000 Matrieks die werksmag betree.

Vraag is hoeveel nuwe poste deur die jaar geskep is?
92000 + 65000 + 7000 – 15000 = 149 000/kwartaal
As ons dit as gemiddeld gebruik dan is dit minder as 600 000 poste vir die jaar.

Hu ·

Moenie worry nie Netcare is besig om te kyk hoe om hulle bydrae tot werkloosheid kan maak

Pieter ·

Uhm…. die statistiek is deur STATSSA gedoen…. say no more !

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.