Effense daling in werkloosheidskoers

finansies-sakrekenaar

Foto: Stevepb/Pixabay.com

Suid-Afrika se werkloosheidskoers het in die laaste kwartaal van 2018 van 27,5% tot 27,1% afgeneem, het die departement van statistieke Dinsdag gesê.

Die werkloosheidskoers bly egter oor die algemeen hoog en is ʼn voorbeeld van hoe trae ekonomiese groei pogings om werk te skep, benadeel. Die nasionale tesourie het ʼn toename van 1,7% voorspel in die BBP van ʼn geraamde 0,7% verlede jaar.

Statistieke Suid-Afrika het in sy kwartaallikse opname gesê die getal persone wat in diens staan, het in die vierde kwartaal tot 16,5 miljoen toegeneem. Die getal werkloses staan op 6,1 miljoen.

Werk is in die vierde kwartaal in drie van die vier sektore wat in die opname gedek word, geskep. Die formele sektor het 92 000 poste geskep, gevolg deur privaat huishoudings (65 000) en landbou (7 000). Die informele sektor het 15 000 minder mense in diens gehad.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ʼn vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

O wee, die gesang is uit! Kommentaar word ná 48 uur op ʼn artikel op Maroela Media gesluit. Kom kuier gerus verder op ʼn meer onlangse artikel.

9 Kommentare

jongste oudste gewildste
jaco

6.1 miljoen werkloos, maar die TOTALE wit bevolking is maar 4 miljoen, waarvan seker net oor die 2 miljoen ekonomies aktief of van werkende ouderdom is. Nou wonder ek maar net: regstellende aksie en BEE is die toorwoorde wat swart mense werk gee SONDER om na kwalifikasies en ondervinding te kyk. Waarom is daar dan so baie werkloses en waarom is die meerderheid swart? Wat dan van regstellende aksie en BEE? Na regte, as na al die lelike uitsprake teen wit mense gekyk word (“dood van wit kinders by skool is God se wil” en “wit mense buit net SA… Lees meer »

Opisthophthalmus

Hier is die ding in kort…. ‘ons’WIL werk en suksesvol wees en finansieel beter af wees en voldoende kan voorsien vir ons kids.. en dan het jy ‘hulle’ wat glo alles wat hul wil hê is gratis, waarom dan werk? Ek vra net!!

Ben

Paar mense het laaste kwartaal werk gekry. Miljoen kinners het matriek geslaag……..so werkloosheid het gegroei!

De Villiers

Dis maar net die weerloosheid syfers van die laaste kwartaal in 2018. Wag vir hierdie jaar, veral met die minimum loon-monster wat sy tande in daardie syfer gaan inslaan (en reeds begin byt het), asook die effek van beurtkrag wat besighede gaan benadeel tot middel 2020, volgens sommige ekonome. Wat nog van die hoë inflasiekoers, swak beleggersvertroue wat heers en Eskom se tarief wat moontlik gaan verhoog. Ek kan glad nie sien watse groei die nasionale tesourie in alles lees nie. Hulle moet baie optimisties wees, seker omdat dit verkiesingsjaar is en nét positiewe nuus moet oordra.

Sê net

Het ophou soek na werk, was vertel eks nie BEEE genoeg nie.