Eskom het Vrydag gesê weens die laer aanvraag oor die naweek sal fase 1-beurtkrag van 22:00 tot Maandagoggend om 05:00 toegepas word.
“Dit is moontlik om die beurtkrag verder oor die naweek te verminder afhangende van ʼn laer aanvraag en die verwagting dat sommige kragopwekkingseenhede oor die naweek weer gekoppel kan word,” sê die kragvoorsiener. “Eskom sal die stelsel bly monitor en veranderinge implementer soos nodig.”
ʼn Kragopwekkingseenheid elk by Matla, Hendrina en Arnot-kragstasies is sedert gisteroggend weer aangeskakel. ʼn Kragoppwekkingseenheid elk by Kendal en Matimba-kragstasies het egter kortsluitings beleef. Die nie-kommersiële eenheid by Kusile-kragstasie is ook afgeskakel.
Verdere vertragings om twee kragopwekkingseenhede by die Tutuka-kragstasie in diens te kry, dra by tot die kapasiteitsbeperking, sê Eskom.
“Ons het tans 4 323 MW op beplande instandhouding en 15 410 MW is nie beskikbaar nie weens eenhede wat onklaar geraak het.”
Die wat nog val vir die “maintenance” verskoning, moet hul medikasie laat hersien.
Nou…moet ons Eskom nou bedank vir die vergunning?
Ek mag nie sê wat ek wil nie maar ek kan dink wat ek wil.
Eskom is so goed vir ons. Hulle dink darem aan ons, die klïente wat so duur betaal vir hul produk, al is dit nooit beskikbaar nie
Ag asb ek glo niks meer nie laat hulle hulle self fool nie vir my nie
Nou wat is nou so goed daaraan? Eskom is pateties verby!!!
Moet net nie jou ketel, meer as een vertrek se ligte op ‘n slag of jou swembadpomp gebruik nie. As jy dit doen gaan ons sommer oor na fase 4 beurtkrag toe… Dit is so onregverdig dat ons so bitter baie moet betaal vir elektrisiteit, maar dan word daar vir ons besluit wanneer ons dit mag gebruik