Effense toename in petrolprys verwag

Argieffoto

Motoriste kan vandeesmaand ʼn petrolstyging van 50 sent per liter verwag terwyl diesel na verwagting met 56 sent en paraffien met 75 sent gaan daal. Só het die Automobiel-Assosiasie (AA) Vrydag bekend gemaak.

Luidens ʼn verklaring deur die AA het die olieprys verlede maand ʼn dramatiese ommeswaai  getoon, nadat dit vir lank aanhou daal het. Internasionale produkpryse wat gebruik word om Suid-Afrika se basiese brandstofpryse te bereken, het sedert einde April byna verdubbel.

Die AA sê die verandering in die brandstofprys hou waarskynlik verband met die wanbalanse in die wêreldwye raffineringsvermoë in die eerste week van Mei, aangesien die oliebedryf ʼn ongekende ooraanbod in April ondervind het.

Volgens die AA dra die verswakking van die rand by tot ʼn verhoging van die petrolprys. Die rand staan tans op R18,40 teenoor die dollar, omtrent drie keer swakker as drie maande gelede voor die instel van die landwye afsondering.

Die AA sê dié styging sal Suid-Afrikaners egter nie so erg beïnvloed nie, aangesien die prys reeds R4 per liter goedkoper is as aan die begin van die jaar. Motoriste is tans ook baie minder op die pad weens die landwye afsondering.

“Ons kommer is natuurlik dat die finansiële situasie van baie Suid-Afrikaners die afgelope twee maande vererger het weens werkverliese en salarisse wat besnoei is. Dit kan Suid-Afrikaners sensitief maak vir selfs klein stygings in die brandstofprys,” lui die verklaring.

Die AA sê die wisseling van die brandstofprys kan beduidend en langdurig wees, aangesien die wêreldekonomie hom aanpas by die nuwe werklikheid van die Covid-19-pandemie.

“Ons raai alle motoriste wat hul begrotings vir die maand opstel aan om niks as vanselfsprekend te aanvaar nie,” sê die AA.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

5 Kommentare

Alet ·

Jip net toe besighede weer mag begin werk… Geweet dit gaan gebeur.

Chris ·

Ek hoop iemand kan die vraag waarmee ek reeds lankal worstel vir my oplos. SASOL is reeds lank aan die gang. Was die hoofdoel van SASOL nie om brandstof/petrol uit steenkool te vervaardig nie. Die gonswoord was op ‘n stadium dat SASOL aan 30% van die aanvraag voorsien. Indien dit sou gebeur hoe sal/kan dit die prys van petrol in SA beinvloed, of nie. Help asseblief.

Die Wolf ·

Sasol na my mening word gebruik om aankope van olie te finansier. Dit is hoekom ons nie minder betaal vir Sasol nie maar dieselfde as die ander. Sasol word in elk geval by die ander brandstowwe ingemeng.

Jaco ·

ek sal R10 meer vir n liter betaal as dit beteken inperking is verby.

Het jy iets op die hart? Maroela Media se kommentaarfunksie is ongelukkig gesluit oor die Paasnaweek. Kom kuier gerus later weer!

Nuuswenke kan deur hierdie vorm gestuur word.