Fase 2-beurtkrag wat Donderdag gegeld het, is Vrydag om 06:00 na fase 1 afgeskaal.
Die reëling duur na verwagting tot Vrydag om 23:00.
Eskom sê verskeie van sy opwekkingseenhede kon aanlyn gebring word, wat dié verlaging tot gevolg gehad het.
“Ons pompopgaarskemas is voldoende hervul en ons werk steeds om dieselvlakke by ons oopsiklus-gasturbines te verbeter.
“Die noodreserwes sal vandag gebruik word om die opwekkingsvermoë aan te vul,” het Eskom gesê.
Die kragvoorsiener sê hy probeer so min as moontlik diesel gebruik in ʼn poging om koste te besnoei. Dieselopwekkers sal dus net tydens ʼn noodgeval ingespan word om ander eenhede te steun.
Eskom sê wees “onvoldoende instandhouding” oor ʼn hele aantal jare is die stelsel kwesbaar vir onbeplande bedryfsprobleme. Vrydag teen 04:00 was 12 098 MW weens onbeplande instandhoudingswerk nié beskikbaar nie.
Eskom het onderneem om Suid-Afrikaners ingelig te hou oor enige beurtkragvooruitsigte die naweek en die komende week.
Die laaste groot ondernemings en nywerhede wat nog nie ná die Kersvakansie heropen het nie, hervat weer Maandag hul bedrywighede.
O wee, die gesang is uit! Kommentaar word ná 48 uur op ʼn artikel op Maroela Media gesluit. Kom kuier gerus verder op ʼn meer onlangse artikel.
17 Kommentare
Die laaste sin sê baie. Wees maar seker daar is beurtkrag volgende week.
Waarom krag met duur ingevoerde diesel opwek, as ons klaar ons eie steenkool het? Steenkool is tog sekerlik goedkoper as diesel
Ons wil graag sien dat diegene wat verantwoordelik was vir die gebrek aan instandhouding in die verlede, verantwoording doen daarvoor en teen hulle opgetree word in verhouding tot die skade gedoen.
En nou reen die steenkool weer nat
Fase 9 beurt krag?
Doen gereeld onderhoud en hou inspeksies op gereelde basis oor jul substasies, dalk sal die instandhouding van die substasies dan beter beheer word en sodoende sal ons nie hoef te sukkel met beurtkrag nie. Die probleem le by die instandhouding van jul substasies en die bestuur. A nee a Eskom, hoe verwag jul moet n land kan aangaan ekonomies as dit so gaan, jul bring net meer skade aan almal se besighede, wat nog van toerusting wat breek weens die kort kort se aan en af skakel. EN DIE ERGSTE MET AL DIE BEURTKRAG BLY ONS REKENINGE NOG DIESELDE, GEEN… Lees meer »