Effense verligting vir kraggebruikers

Kendal-kragstasie (Foto: Eskom)

Eskom het Woensdag aangekondig beurtkrag sal van vanaand om 22:00 van fase 4 na fase 3 afgeskaal word. Beurtkrag sal egter steeds tot Vrydag geld, soos Eskom spook om meer opwekkingseenhede tot die stelsel te voeg.

“Eskom het reeds die afgelope 24 uur ses opwekkingseenhede tot die stelsel gevoeg en beplan om binnekort nóg drie eenhede wat vir herstelwerk verwyder is, by die stelsel te voeg.”

Nietemin is meer as 14 000 MW steeds verlore weens onbeplande onderbrekings.

Die kragvoorsiener sê egter dat die beurtkragfase aangepas kan word indien nog eenhede skielik onklaar raak, of eenhede vinniger as beplan herstel word.

Eenhede wat onlangs herstel is, sluit in eenhede by Arnot, Kendal, Lethabo, Camden, Matla, Majuba en Arnot.

Eskom verwag weer ʼn kleiner aanvraag na krag oor die naweek en is vol vertroue dat hulle nou aan dié vraag sal kan voldoen. “Ons staan tans op 5 787 MW beplande onderbrekings en 14 259 MW onbeplande onderbrekings,” lui ʼn Eskom-verklaring.

André de Ruyter, hoof van Eskom, het Woensdag gewaarsku teen bespiegeling en vrese oor ʼn algehele ineenstorting van die netwerk. Dit het nog nooit tevore in Suid-Afrika gebeur nie en Eskom het wel die vermoë om, sou die ergste gebeur, die netwerk weer aan die gang te kry.

Die beurtkragstelsel maak vir tot fase 8 voorsiening en daar is dus nog heelwat ruimte vir beweging voordat ʼn algehele ineenstorting enigsins as ʼn moontlikheid beskou kan word.

“Natuurlik het ons dringend meer kapasiteit in die netwerk nodig sodat ons ʼn veiligheidsmarge het om voorsiening te maak vir die onvoorspelbaarheid en onbetroubaarheid van die stelsel,” sê De Ruyter.

 

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

16 Kommentare

Misky ·

Ek kry die man vreeslik jammer en dink hy doen sy allerbeste. So moeilik as jy sinkende skip gegee word en die land verwag wonderwerke nadat dekades se swak onderhoud nou sy tol begin eis.

Papsak ·

Nou laat regering uit ons land se pad staan en daar sal krag wees ANC druk ons land in donkerte in laat privaat sektor oor vat en almal sal gelukkig wees

Henri ·

My wiskunde laat my verbysterd. Die afgelope jare is die onbeplande onderbrekings drie keer die beplande onderbrekings. Hoe? Is dit net nog ‘n manier om Jan Publiek stil te maak met onlogiese statistiek en groot woorde?

SwartBees ·

Nie as jy in Kempton park is nie:

Dear Resident

The following areas were not restore after loadshedding 12H30
Glen Marais Proper
Bonaero Park

Power drop in the Kempton Park X2-4 around 13H30

I did report it to the Electricity Department and they will send people to investigate

I will communicate information as soon the Department provide a update

No Estimate time for restoration is available

Regards
Cllr Jaco Terblanche

SwartBees ·

Vir wat koop ek n huis in n la-die-da area, betaal die volle bedrae maandeliks deur my nek vir krag, water en rates maar ek kry slegs 40% – 50% van dit per maand.

Marius ·

Terwyl daar nog reën en koue oppad is word daar ‘n kleiner vraag na krag verwag ? Ek dink nie so nie…

Johann ·

Moenie worry nie. Al is Esjomm stukkend is Eskom nog nie heeltemak stukkend nie en AS Eskom verder gebreek worr, dan sit ons hom net weer aan?

Twallie ·

LOL… my skedule bly onveranderd, selfs met die afskaling.

maruis ·

Maklik om op te los – gee die kaders elkeen iets onder die tafel en siedaar alle dokumente wat benodig word is geteken.

Barend ·

Dalk skep hulle ‘n rede om hul Turkse tjomme se skepe te kan gebruik.

WILLEM ·

De Ruiter slaap seker nie tegoed nie – nie sy skuld nie – ANC moes lankal nuwe kragstasies gebou het, maar soos met talle ander departemente word die werk nie gedoen nie. Dis mos nou die norm om niks tedoen wat gedoen moet word nie, want fondse word verduister, so waarom met ek werk!

Wondermaarnet ·

Wie besluit watter krag word waar aan- of afgesit? Vlak 3 beteken vir ons elke 6 ure, maar vlak 4 was elke 8 ure.

Manie ·

Kan City of Cape Town dalk vir ons sê hoekom Akasiapark in Goodwood, waar die parlementêre amptenare woon in jare nog nie ‘n enkele uur se kragonderbrekings gehad het nie?

Jr ·

My oorlede pa het altyd gesê en hy was n wyse man. “Moenie ‘n man in n oorpak en das vertrou nie. Vertrou net een in n overall met vuil hande

Nico ·

ESKOM sal altyd sorg dat sy grootbase altyd sal krag en bonusse kry. Stop dit asseblief.

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.