Effense verligting vir kragverbruikers

Argieffoto

Kragverbruikers kan ʼn effense sug van verligting slaak, maar dit is nog nie tyd om die kerse heeltemal weg te pak nie.

Nadat die land dae lank onder fase 4-beurtkrag gebuk gegaan het, sal fase 2 vir die grootste deel van vandag toegepas word. Eskom sê fase 1-beurtkrag is deur die nag toegepas en van 09:00 sal daar tot vanaand om 23:00 na fase 2 oorgeskakel word.

Die kragvoorsiener het nog nie bevestig wat die naweek vir kragverbruikers inhou nie, maar die verwagting is dat die rotasie-toepassing van fase 1- en fase 2-beurtkrag sal voortduur. Eskom het in ʼn verklaring gesê hy sal kragverbruikers deurlopend ingelig hou oor die jongste verwikkelinge.

Intussen is baie sosialemediagebruikers boos oor kragonderbrekings in verskillende woongebiede wat egter nié aan beurtkrag toegeskryf kan word nie.

Stad Tshwane het Donderdagaand gesê multikernkabels is by die Raslouw-substasie in Centurion gesteel wat verskeie woonbuurte insluitend Eldoraigne en Raslouw sonder krag gelaat het. Dit is intussen herstel.

Intussen was daar nog ʼn fout op ʼn kraglyn van die Rietvlei-substasie wat verskeie woonbuurte insluitend Kentron, Raslouw en Eldoraigne geaffekteer het. Inwoners van Wierdapark, Highveld en Eco Park het ook gekla dat hulle sonder krag sit.

Gebiede rondom Tembisa, Rabie Ridge, Austin View, Mayibuye, Commercial en dele van Glen Austin in die noorde van Johannesburg was gister ook heeldag sonder elektrisiteit weens die Allandale-substasie in Midrand wat afgeskakel was nadat dit Woensdag in ʼn brand beskadig is. City Power het Donderdagaand laat bevestig dat kragtoevoer na dié gebiede herstel is.

Kry jou beurtkragskedule

Indien Eskom jou elektrisiteit verskaf, kan jy jou beurtkragskedule kry deur www.loadshedding.eskom.co.za te besoek of 08600 37566 te skakel.

Indien ʼn munisipaliteit jou elektrisiteit voorsien, kan jy die volgende webtuistes besoek of inbelsentrums skakel.

City Power (Johannesburg): www.citypower.co.za of 086 056 2874
Ekurhuleni (Oos-Rand, Gauteng): www.ekurhuleni.gov.za of 086 054 3000
Tshwane Metro (Pretoria): www.tshwane.gov.za of 012 358 9999
eThekwini (Durban en omliggend): www.durban.gov.za of 080 131 3111
Stad Kaapstad: www.capetown.gov.za of 086 010 3089
Nelson Mandelabaai: www.nelsonmandelabay.gov.za of 041 506 5555
Polokwane (Limpopo): www.polokwane.gov.za of 015 290 2490
eMalahleni (Witbank en omliggend): www.emalahleni.gov.za of 013 690 6911
Umhlathuze: www.umhlathuze.gov.za of 080 022 2827

Indien ʼn kragonderbreking nie met beurtkrag verband hou nie, moet jy die probleem by jou betrokke munisipaliteit aanmeld sodat hul tegniese spanne ondersoek kan instel.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

38 Kommentare

Elsabé ·

Fase 1 deur die nag toegepas???? Askies???? Ek is al van 02h30 af wakker, krag REEDS af, en STEEDS af. Dit sal nie aankom voor 06h30 nie, want dit is fase 4. Eskom moenie kom lieg nie!!!!????

bolla ·

Korrek, daar is nie oorgeskakel na fase 1 deurnag nie. Minstens fase 2 gewees want ons krag was vroegoggend af en weer vanmiddag.

John ·

Voorspellings oor die koms van die tandmuis is meer betroubaar. Om die heeltyd die kragverbruikers as die verspreiders van vals nuus hetsy ongeduldig of onverantwoordelik uit te maak is om die handskoen aan die verkeerde hand aan te trek. Dit is ons reg om krag te ontvang want ons betaal vooraf daarvoor. 47 000 werkers en triljarde oor 25 jaar met ‘n unie wat kwaak en kwaak en nou is daar niks om te wys nie… net ‘n vingertjie na die storm in Mosambiek?

Oupa D ·

Gaan kyk op google na Prof Christo Viljoen se verduideliking oor die redes vir beurtkrag. Dan sal jy sien hoe lieg Gordhan, Ramaphosa en Mabuza. Hullekom net nie sover om die werklike redes, wat aan ons almal bekend is, by die naam te noem nie.

Vra maar net ·

Ek dink dis vreemd dat al die goed hier voor verkiesing gebeur. Is hier dalk iets anders aan die gang? Hoekom wil die diewe ons ewe skielik in die donker hou? Ek vra maar net?

Sê maar net ·

Hi ‘vra maar net’…ek sê maar net …haha. Daar is definitief iets aan die gang voor die verkiesing, weet nog nie wat nie…maar nou ja, ons sal seker uitvind. Daar is geen plakkate op van enige partye nie, het julle al agtergekom? Gewoonlik word al die pale in die strate toegeplak onder die partye. Geen bussies ry rond nie. Wees maar wakker

PR ·

6uur vanoggend af terwyl baie van ons wil regkry vir werk om regering se belasting te gaan verdien. Hoekom vir ons lieg?

Cherokee ·

Baie dankie vir jou lojaliteit, PR! Wens meer van die kommentators wou sò lojaal wees!
As hulle maar net wou onthou ons het sowat 60m meer siele om te voed as die enkele duisende belastingbetalende lojales soos jy.
En terwyl ek jou lojaliteit met ‘n kompliment toedig, kom ‘n heel ànder besef tot my… òns belastingbetalers is àlmal boere! Gesprekke wat handel oor plaasaanvalle praat van boere wat vir die land sorg. Òns is die boere.. hetsy ons in Standardbank werk, ‘n groentewinkel bedryf, goud delf of ruimte reise onderneem, òns is die boere want òns sorg vir die instromende anc-ondersteuners. Òns is diegene wat vir kos op die tafel sorg.

Snoopie ·

Niemand wil ons in die donker hou met opset. Hulle word verplig!! Waarom? Want hul onkunde grens aan die van n Regering wat op die Son wil land in die aand. Waarom? Die Son is slegs warm tydens die dag!!

Cherokee ·

LOL…… (lay over laughing) eintlik beteken hierdie kommentaar niks maar jy lok my uit om die feit uit te wys dat ons temperatuurvoorspelling het dit as 1° verskil tussen minimum en maksimum vir laasnag en vandag.

PR ·

Fase 2 vanaf 9uur. Ons kry krag direk van eskom maar 6uur vanoggend is krag af. Is besig om gereed te maak vir werk. Hoekom lieg vir ons? MM mag ek vloek?0

Marinda ·

Ons krag is nou vir die tweede keer af, maar beurtkrag begin eers 9 uur.??????????
Of verstaan ek die berig wat ek gehoor het verkeerd?

Johann van Cullinan ·

Eskom lieg. Ons was gister van 13:00 tot 15:30 sonder krag en toe weer gister aand van 21:00 tot 00:00 sonder krag. Asseblief. Moet ons julle nou glo. Interresant. As ek verby Mammelodie ry brand al wat ñ lig is. Dit is baie onregverdig. Ek betaal hard aan my elektrisiteit. Het ñ prepaid meter op plot. Kry direk van Eskom krag, teen R4.25 per kw/h. Het aansoek gedoen om terug te gaan na gewone rekening. As enige plot eienaars hiersie lees. Moenie prepaid vat op ñ plot nie. Dit is nou die dam onder die eend se gat uitpluk. Vir 1800 kw/ h teen R4.25 kos dit ongeveer R7650, maar op gewone rekening, beloop dit ongeveer R2200 ingesluit lynkostes. Ek wens ek was in staat om ander alternatiewe te gebruik. Ek gebruik al reeds sonkrag vir my huis se ligte.
Dit is nou hoe ñ klomp diewe ñ land regeer

Koos ·

En hoeveel geld het onse regering gemaak in belastings uit die verkoop van kragopwekkers en petrol vir hulle. Ek het gelees dat bykans al Massmart (Builders, Makro, Game ens.) se voorraad uit is.

Ja swaer ·

Pas asb beurtbetaling toe op Eskom se raad, betaal net sekere persentasie, hulle doen net sekere persentasie v hulle werk waarvoor hulle aangestel is.
Kan die DA munisipaliteite asb Eskom hof toe neem en skadevergoeding eis vir diefstal v kabels, kortsluitings op substasies en ander skade veroorsaak deurdat hulle kort kort die krag afskakel?

Antjie ·

Wat ek sleg verstaan, is dat verbruikers nie geblameer word vir die geleenthede wat geskeduleerde kragonderbrekings aan kabeldiewe bied nie. Ook nie die feit dat minder osoon die wilde diertjies toelaat om in die stasies se ratwerke in te klouter, en met aanskakeling brande met miljoene ekstra verlore, te veroorsaak nie. Kon ʼn paar van die hopelose werkers nie opdrag kry om kabels en stasies op te pas tydens af-tye nie? Of is dit óók die verbruiker se skuld en verantwoordelikheid? Ek wonder maar net oor die gans met die goue eiers…

Lizelda ·

Hierdie is seker n April fool grappie. Ons in liewe Faerie Glen Pretoria Oos het gister soos ouder gewoonte 3 keer beurtkrag gehad en toe dit moet aankom 19.30 gisteraand toe gaan dit WEER af!!! O toe het lyn 10 bd Koedoeberg kragstasie “getrip”, needless toe say ek weet nie hoe laaat die krag aangekom het nie. En toe weer vroegoggend af… Bel jy die nommertjie hou jy vir 15 min aan en sit maar noodgedwonge neer. Seker net een operateur wat op Menseregte dag gewerk het. :-( :-(

fred ·

Eskom is sooo bly dat hulle weer biljoene rande gaan ontvang van BRICS en die regering…….besef hulle dat die land ,wat nou reeds bankrupt is ,dit sal moet terugbetaal???? Dit gaan generasies vat….en die biljoene sal met rente bygetel trljoene word….

tokkie ·

Haai ons moenie so negatief wees – dink net ons spaar krag – ons meters loop nie. Lol

HPV ·

Eskom het al so gelieg dat geen nugterdenkende mens hulle ooit weer sal glo nie. Net die regering glo hulle nog daarom met die ontvangs van die volgende reddingsboei sal die beurtkrag soos mis voor die son verdwyn. Met die miljarde van die belastingbetaler, na afskil vir prestasie bonusse, sal seker slegs diesel aangekoop word vir hul diesel aangedrewe turbines tot dit weer opraak dan ‘n herhaling van die hele vervelige storie. Dit is makliker om diesel en gas turbines te “start” as om die “nuutgeboude” stukkende kragstasies weer inbedryf te plaas.

Oupa D ·

Jy weet, HPV, jy’s net gedeeltelik reg. Die regering hoef Eskom nie te glo nie – hulle is deel van die hele debakel, maar kan jy glo dat 10miljoen+ van die stemvee steeds dink dis masr reg dat hulle regeer? Dit slaan enige mens stom!

Skroef ·

Anc kaders skep weer diep met die diesel wat van irak af aangekoop word. Njannies waar.
Hoekom kan steenkool nie gebruik word nie? Eenvoudig omdat kaders kan voordeel trek uit die diesel foefie.

Trol ·

Dis nooit anders nie. Die land is dan vol steenkool myne. Ek dink dis n plan vir kaders om diep te skep. Diesel opwekkers inderdaad.

Lizelda ·

Hierdie is seker n April fools grappie, Eskom. Ons was gister weer soos ouder gewoonte 3 keer sonder krag in Faerie Glen Pretoria. Toe ons krag 19.30 moes aangaan toe ewe skielik se die DA raadslid lyn 10 van Koedoeberg kragstasie het getrip. Nou ja ekt maar gaan slaap weet nie hoe laat het die krag aangekom nie. Vanoggend selle ou storietjie.

Neskurig ·

Ons gebou in die middestad van Pretoria het nog nie gebukkend gegaan onder beurtkrag nie en ook nie rond om ons nie nou wonder ek maar net …. word die middestad dan nie geraak deur beurtkrag nie? Dit laat my verder wonder kry ons president beurtkrag………….?

HPV ·

Vir wat dit werd is. Julle substasie bedien waarskynlik ook ‘n hospitaal en of besigheids”mall”. Soms hou hulle die krag van sulke substasies aan.

Cathy ·

Moet se ek het al baie prepaid krag gespaar lol. Soveel so dat ek nie moes extra geld bymekaar skraap vir krag vir die laaste week nie. Fase 1 is wel toegepas dit hang net af van die area wat jy in is. Voor mens onoordeelkundig se iemand jok,stel ek voor dat jy die beurtkrap apps aflaai. Dit verduidelik mooi, waar, wanneer en watter areas op watter stadiums is. Jou Fase 1 is dalk gisteraand terwyl ons sin 1 uur vanmiddag is.

Melanie ·

Cathy, volgens die beurtkrag app moes ons krag afgewees het vanaf 8:00 -12:30. Dit is al 14:00 gewees en ons het nogsteeds krag. Ek moes inderhaas my krag gebruik omrede ek nie weet wanneer die krag afgeskakel gaan word.

Wonder in die wonderland ·

Ek wil ook weet hoekom sekere areas soos Gezina en Wonderboom Suid nie beurtkrag kry nie . Watter belagrike ANC MEMBERS bly daar !!!!!!!!!!!!!

GM ·

Al wat ek raaklees is ‘gebiede RONDOM Tembisa’ was gister sonder krag weens die substasie brand in Midrand. Gerieflik dat Tembisa krag het.

Ons het ook gaan kyk na Soweto se skedules tydens fase 4 gister – hulle word vir 2 ure geloadshed, terwyl ons 2 keer gister vir 4.5 ure op ‘n slag geloadshed was – dus 9 ure. Maar ons is die ‘suckers’ wat betaal vir krag.

Kosan ·

Hoe lank gaan dit vat voor die regering besef hulle is net nie in staat om ons land te bestuur nie ? Eskom, SAL, Denel, Poskantoor, SABC, Munisipaliteite, Prov Admin, staats hospitale, die lys word net al langer, gee die bestuur liewer aan bekwames uit die verlede wat net verwyder is, voor die staatskas totaal leeg is.

Annamarie Olivier ·

Ek weet nie waar julle “effense verligting” vandaan kom nie, dit is presies dieselfde.

Kla-nie-meer ·

Jis, die mense is negatief en kla oor als. As dinge goed gaan, kla ons, gaan sleg, kla ons. Gebruik die negatief en skakel dit om na Positief.
Fase een van vannag( Vrydag).
Ek, vir een, is dankiebaar vir die beurtkrag. Nou kan ons as n n gesin weer tyd saam spandeer. Niemand op selfone of tv of rekenaars nie!
Onthou, meer as die helfde van ons mense in ons land het niks of nie baie krag. Dis te duur/diefstal ens.
So as jy kla oor daar nie krag is nie, dan is jy van die bevoorigde mense wat krag en lopende water het. Gaan op jou kniee en se dankie daarvoor. En ja, jy mag dalk glo ons is oppad daarheen, wel, ons is nog nie daar nie. So maak die beste met wat jy het. Nou. Hou op kla en wees die lig vir ander.

Ek se maar net ·

Ek en my gesin het nie beurtkrag nodig om met mekaar te praat nie – ons doen dit as die krag aan is ook deur dissipline in ons huis te he. Meeste mense se fone en tablette is vol gelaai so sit steeds daarop. MAAR ek betaal wel meer as 40% belasting en is dus geregtig op diens waarvoor ek bitter baie belasting betaal en maandelikse heffings ook voor moet opdok. Dus is dit ons reg om nie tevrede te wees nie – helfte van ons mense het nie dienste nie want (a) hulle betaal nie daarvoor nie (b) is onwettig in die land en ons onderhou hulle (c) werk nie en dra dus nie by tot die ekonomie nie. Dit beteken nie dat die res van ons moet “roll over and play dead nie”…

Kolle ·

Hier in Polokwane bly ons in ‘n gedeelte waar meer as die helfte van die dorp se hooggeplaaste menere en madams woon. Vandat die beurtkrag laas week begin het, is ons net een keer geaffekteer. Ek spog nie. Wat wel waar is, is dat sekere areas oorgesien word en ons buurt is nie naby ‘n mall, hospitaal of lughawe nie.

Bekommerd ·

Ons krag is tussen R8500 en R9000 pwr maand voor die verhoging. Moenie jouself bluf deur te dink as die krag af is betaal jy nie…wanneer dit aangaan spike jou krag en jy gebruik baie meer kilowats om alles weer op temperatuur te kry…jy kan tot dubbel jou gewone rekening betaal. My broer is nie een van daai popye elektisiëns nie…jy en Eskom spaar niks..so sê hy. Ek glo hom eerder as vir Eskom.

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.