Die prys van petrol daal Woensdag effens, het die departement van energie Vrydag gesê.
Die prys van alle grade petrol daal met 15 sent per liter. Diesel daal met 29.78 sent per liter, paraffien met 25 sent en LP Gas met 4 sent.
“Die afname in die prys van paraffien en LPG sal huishoudings, wat in die wintermaande van hierdie produkte gebruik maak, tot voordeel strek,” het Ben Martins, minister van energie, in ʼn verklaring gesê.
Die daling tree op 7 Mei in werking. -SAPA