Egpaar aangekeer vir miljoene se taksbedrog

(Foto: Maroela Media)

ʼn Oos-Kaapse egpaar is in die Oos-Londen-landdroshof op waarskuwing vrygelaat nadat hulle glo die inkomstediens (SAID) uit miljoene rande bedrieg het.

Lwando Zenzile, woordvoerder van die Valke, sê Eunice Mayizole (40) en haar man, Mongezi Sikhumbuzo Mayizole (47), het hulself as belastingpraktisyns van die SAID voorgedoen wat mense met hul belastingopgawes help.

Hulle het die belastingbetalers op afgespreekte plekke ontmoet en hulle dan gevra om op die e-Filing-stelsel te registreer en só gebruikers se aanmeldbesonderhede bekom.

Die egpaar het glo bedrieglike inligting namens die niksvermoedende belastingbetalers ingedien, wat weer gelei het tot onregmatige uitbetalings.

“Hulle het na bewering ʼn 10%-betaling vir elke transaksie geëis,” het Zenzile gesê.

Die slagoffers het glo geensins kennis gedra van die inligting wat gebruik is om terugbetalings te eis nie.

Die Mayizoles het glo nagenoeg R2,7 miljoen uit die SAID geswendel.

Hulle verskyn weer in Januarie volgende jaar in die hof hangende verdere ondersoek.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

5 Kommentare

Kokerboom ·

Bedrog, swendelary, korrupsie :’n groot deel van bevolking toon uitstekende inisiatief en energie maar as dit by eerlike harde werk kom verdwyn hul in massas

Phillip ·

op waarskuwing vrygelaat ???? lekker kan aan die name sien hoekom ander betaal grootbedrae maar die word ” op waarskuwing vrygelaat”

Hennie J ·

Philip, Jy is in die kol met jou kommentaar. Genoeg om van naar te word.

Jandup ·

Daar is vir seker ‘n politieke konneksie iewers om op waarskuwing vrygelaat te word.

Elsa ·

‘n Ou trick en mense val nogsteeds daar voor.

What’s in a name? Shakespeare was verkeerd. Everything is in a name

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.