Egpaar aangerand ná rowers honde vergiftig

polisie-huisroof-crime

Argieffoto: SAPD/Facebook

Die polisie is opsoek na vier verdagtes nadat ʼn egpaar van Bronkhorstspruit in Gauteng Donderdagoggend in hul huis oorval en aangerand is.

Konst. Zanele Vilakazi, woordvoerder van die polisie, kon nie die name van die egpaar bevestig nie, maar hulle is op sosiale media as Nico de Beer en sy vrou geïdentifiseer.

Vilakazi het aan Maroela Media gesê een van die paartjie se honde is glo Woensdag in hul tuin vergiftig. De Beer het Donderdagoggend omstreeks 05:00 deur ʼn venster in sy huis gesien dat die liggaam van hul tweede hond buite op die gras lê.

Hy het uitgegaan om ondersoek in te stel en is deur die verdagtes oorval wat reeds in die erf was. De Beer is die huis ingedwing waar die vier mans hom en sy vrou vasgemaak het en met die kolf van ʼn vuurwapen aangerand het. Die rowers het op die vlug geslaan met kontant en elektriese toestelle.

Vilakazi kon nie bewerings bevestig dat die egpaar gehospitaliseer is nie. ʼn Saak van huisbraak word ondersoek.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

12 Kommentare

Anesta ·

‘n Saak van huisbraak word ondersoek??? Wat van aanranding met die doel om ernstig te beseer!!!

jacques ·

Kan nie verstaan hoe mense nie hulle honde in die huis laat slaap saans nie. Is n mens se lewe dan nie meer werd as daai bietjie wat jy moet opoffer vir honde hare nie.My honde slaap orals in die huis van kombuis tot in kamer en geen alarm is so perfek soos n wakker hond in die huis nie.Bly hulle is ok.

Nadia Verster ·

Ek stem 100% saam Jacques.
My ouers se 3 honde (2 grotes en ‘n kleintjie) slaap almal in die huis.
Beste alarm ooit!

Nicolette ·

D vergiftiging vind nie net snags plaas nie. In Secunda gebeur dit helder oor dag, een van ons honde het nie vergiftiging oorleef nie, ongelukkig. Mens moet bedag wees. Hier was ‘n kar wat mans met pitbull honde aflaai om te stap en honde uit te lok en dan elimineer iemand die honde. Ons honde was toe gemaak agter en hulle het oor geklim

Nadia Verster ·

Sulke wreede wetters. Jammer om te hoor Nicolette – dis baie hartseer.

kayvee ·

Ek stem ook saam Jacques! Ons honde slaap binne en al moet daar nou elke dag gestofsuig word, dit bly die beste alarm snags!!!

Wynand v Heerden ·

En weereens sê ons in SA: danki tog hulle is NET aangerand en besteel… Hul kon mos verkrag, geskiet, gesteek , of vermoor gewees het…. Terrible!!

Peet Schabort ·

As jy onraad vermoed MOENIE uitgaan of enige ligte verander in die huis. Kyk en luister eers. Bly waar jy is terwyl jy die nodige byderhand hou. Dan kan jy bepaal wat om verder te doen.

Arno ·

Dis aaklig dat so iets gebeur, maar ek stem saam dat ‘n mens op jou hoede moet wees en nie uitgaan as jy onraad vermoed nie!

jacques ·

Wanne gaan die mense leer jy gaan nie uit jou huis uit nie maak nie saak wat gebeur buite nie

jacques ·

Wanne gaan die mense leer jy gaan nie uit jou huis uit nie maak nie saak wat gebeur buite nie

bekkie ·

Ek praat uit ondervinding ……………. Ek het ook groot honde wat met iets gespuit was toe my erf deur 5 mans betree is maar hul geblaf het my betyds wakker gemaak. My redding……. Ek slaap met oop gordyne en kon hulle in die buitelig sien aankom. Kon na veiliger deel van huis hardloop en wegkruip en hulp ontbied terwyl 5 in my huis rondsluip en uitdra. Ek was alleen. Nou nog meer slaap ek met gordyne oopgetrek sodat ek kan sien wat aangaanm

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.