Egpaar aangeval by gewilde uitkykpunt

Bloed binne die egpaar se motor na die aanval. Foto: Hi-Risk Unit

Bloed binne die egpaar se motor na die aanval. Foto: Hi-Risk Unit

ʼn Man is in ʼn ernstige toestand in die waakeenheid van ʼn Pretoria-hospitaal nadat hy en sy vrou Saterdagaand by die uitkykpunt by Fort Klapperkop aangeval is.

Arthur Crewe, hoof van Hi-Risk Unit-veiligheidsdienste wat kort na die aanval op die toneel was, het gesê die man is met ʼn mes in die bolyf gesteek, wat veroorsaak het dat sy longe platgeval het. Hy is in die waakeenheid van die Little Company of Mary-hospitaal opgeneem. Sy vrou het snywonde aan haar hand en arms opgedoen. Die paartjie is van Durban.

“Hulle het die aand vroeg by die uitkykpunt in hul motor gesit, toe verdagtes uit die bosse gekom het. Ons is nie seker hoeveel aanvallers daar was nie, maar ons vermoed drie,” het Crewe gesê. “Die verdagtes het probeer om die passasiervenster en die venster agter die bestuurder te stukkend te slaan, maar sonder sukses. Hulle kon daarin slaag om die bestuurdervenster te breek en het in die motor in geleun om waardevolle items te gryp. Dit is toe dat die man met ʼn mes gesteek is.”

Crewe het gesê die vrou is beseer toe sy probeer het om die aanvallers van haar man af te kry. Die aanvallers het met die egpaar se besittings die bosse in gevlug.

“Ons het dadelik ʼn soektog met honde van stapel gestuur, maar ons kon nie die verdagtes opspoor nie. Die reservaat is baie groot en daar is meer as genoeg spasie om te vlug,” het Crewe gesê. Hy het gesê hulle het Sondag die soektog hervat en op ʼn area afgekom waar die aanvallers weggekruip het.

Volgens Crewe word geweldadige aanvalle en rooftogte by die uitkykpunt gereeld by Hi-Risk Unit aangemeld. “Net verlede week is nog ʼn paartjie by die uitkykpunt aangeval en dieselfde modus operandi is gevolg deur die motor se venster te breek. ʼn Vrou is ook tydens ʼn vorige aanval op dieselfde plek verkrag,” het Crewe gesê.

“Die realiteit is dat paartjies dikwels soontoe gaan om romanties te verkeer en dus nie paraat of bewus is van wat om hulle aangaan nie. Dit maak hulle maklike teikens vir aanvalle. Fort Klapperkop moet in die aande sover moontlik vermy word,” het hy gesê.

Crewe het gesê die gebied is deur die dag effens veiliger wanneer drawwers en fietsryers in groepe rondbeweeg.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

17 Kommentare

alida ·

Hoeveel keer moet mens nog gewaarsku word? Hulle luister nie. Jy besoek nie meer ons mooi en gedenkwaardige plekke nie. Die barbare is orals !!!!

Gideon ·

Wanneer gaan mense leer om nie meer enige plekke te besoek nie!!! SA is te gevaarlik! Gaan met julle familie na ander lande vir vakansie!! Of wie kan met my verskil, en noem dan waar mens kan gaan waar mens veilig voel?

Paul ·

En wat van die honderdduisende mense wat elke dag allerhande plekke in Suid-Afrika besoek en niks oorkom nie?
Net omdat jy slegs van die geweld in die nuus lees, beteken nie dat dit al is wat plaasvind nie.

salie ·

Paul word wakker die helfte van aanvalle in SA lees jy nie eers in die nuus van nie.. ek was aangeval terwyl ek in die dorp was en nie eens op n afgelee plek soos klapperkop nie.

pop ·

Ek vermoed mense kyk nie nuus en lees nie nuus op kompers en fone nie. My eie kinders is van diesulkes. Hulle se hulle sal permanent in n staat van vrees lewe as hulle die goed moet lees, en raai ons gereeld af om nie maroela en news 24 te lees nie. Maar dan leef hulle met hulle koppe in die sand en loop die gevaar om so aangeval te word. Raai asb alle mense< die jongetjies ook, aan om by te bly met nuus. Eerder bang Jan as dooie Jan!!!!

Desire ·

Ja my kinders weet wat is reg en verkeerd maar wil niks weet van waak en bid nie. Hulle wil ook nie he ek moet hulle enige nuus vertel nie. Ons kan maar net bid.

Dominique ·

Ek was meer as 10 jaar terug ‘n student in Pretoria en daar was al toe vir ons daai tyd gesê hoe gevaarlik Klapperkop is. In een van my studente-jare, is ‘n student van ons Universiteit en sy meisie daar aangeval en sy is verkrag.
Maar ek lees die mense is van Durban. So hulle sou nie weet nie… Daar moet eintlik ‘n bordjie daar opgesit word om te waarsku dat dit ‘n groot risiko-area is.

Danie ·

Ons weet dat dit ‘n hoër risiko area is en dit gebeur gereeld. Dit is die geleentheid om hierdie knape vas te trek en agter tralies te kry. Dit is hulle wat ook snags jou lewe in jou huis bedreig. Hierdie knape reel ons lewens. Ons kan nie wegkruip en verdwyn nie. Ons moet saamstaan en iets met betroubare veiligheidsdienste beding en ‘n paar plekke veilig kry.

Nico ·

Volgens my, en ek praat onder korreksie, is daar bordjies om mense te waarsku. En ek het ook gehoor dat die gebied gepatrolleer word omdat almal weet dit is gevaarlik. Ek stem saam ons kan nie heeldag wegkruip nie. Die munisipaliteit weet dit is ‘n gevaarlike plek en het die plig om toeriste attraksies te beveilig. Of stel hulle nie belang in toerisme vir die stad nie. En om Schalk te antwoord, hulle is blykbaar getroud so hulle het nie nodig gehad om daarvoor soontoe te gaan nie.

Alf ·

Die knape is 51 miljoen, jy is 3 miljoen. Lekker vang ou knaap, maar leer eers TEL

Willemien ·

Schalk. Dis onnodig om so te se. Dink dis baie lelik en onvanpas van jou. My kids was vir anniversary daar om glasie champagne te drink en liggies te kyk. (En voor jy oordeel…. EEN glasie. Net klein botteltjie gehad.) Word toe deel van statestiek van gewapende roof. Ja met ‘n pistool…. nie eers messe nie. Man in sekuriteitsklere nogal. So ASB moenie veralgemeen nie.

Ursula ·

Ek is jammer vir die paartjie maar is Durban op ‘n ander planeet dat hulle nie weet hoe gevaarlik dit is in SA?

Theresa ·

Wat van die verpestings wat ons lewens so versuur word verwyder.
Bordjies soos “beware for your own safety”, “crime hot spot” ensovoorts is verspot. Dit behoort net ‘n ruk op te wees en dan moet die aanvallers vasgevat en uitgegooi word. Ver, ver, ver uitgegooi word.

Dada ·

Ons was 17 Jul ook daar aangeval (en ons is al effens ouer, met twee huise en het rerig net gaan liggies kyk;-). Ons moes van beter geweet het, maar mens glo mos altyd dit sal nie met jou gebeur nie. As iemand die mense ken, of dalk detail het van die mense wat dit ondersoek – Ek glo die aanvalle is die selfde mense, hulle het ook probeer om die vensters tebreek en my met n mes gesteek. (Dankie God dit was nie so ernstig nie). Die aanvaller se kop was ook erg beseer in die aanval, en ek het die twee se gesigte goed gesien. Ek sal graag help as ek kan?

Natasha Juull ·

Dis so hartseer dat niemand meer die mooi van ons land kan geniet nie. Nag of dag. Ons bly in ń klein dorpie en hier gebeur skrikwekende goed elke dag. Ek spandeer meeste van my tyd by my huis, wat ons so veilig gemaak het as moontlik. As ek wel buite sit word jy heeltyd gepla met ” karakters” wat “job” soek, maar so hard besig is om rond te kyk hulle hoor jou nie eers as jy vir hulle sê nee nie. So nou bly ek maar binne. My kinders word ook ontneem van die lekker van buite speel. Ons kan kla tot ons blou is, niks gaan gedoen word aan die geweld en steel nie. Ek sien mense dink nie altyd, handsak op sitplek, gaan trek laat in aand geld ens. En ja hulle moes van beter weet. Maar dit maak my kwaad as die “victim” soos krimineel behandel word, want daai handsak op die sitplek was nie syne om te vat in die eerste plek.

Werner ·

Ek gee nie om hoe ordentlik of korrek wie ookal wil wees nie. Dis nie normaal vir witmense om in so ‘n barbaarse samelewing te lewe nie. Vir die swart Afrika standaard is dit nou maar ‘n alledaagse realiteit kastig as gevolg van baie “redes” veral apartheid, kolonialisme ens. Al was die Afrikaner hoe arm, hy het nooit vermoor, verkrag en geplunder nie! Al hoe mens hier kan voortgaan is om die lae donker Afrika standaard te aanvaar – ek wil nie en ek hoef nie.

Het jy iets op die hart? Maroela Media se kommentaarfunksie is ongelukkig gesluit oor die Paasnaweek. Kom kuier gerus later weer!

Nuuswenke kan deur hierdie vorm gestuur word.