Egpaar aangeval op plaas in Vrystaat

Argieffoto: Nico Strydom

Argieffoto: Nico Strydom

Ronald Nel (66) en sy vrou Ciska is vroeg Donderdagoggend op hul plaas in Virginia in die Vrystaat aangeval.

Sers. Mamello Mokhuoane, woordvoerder van die polisie, het gesê die drie verdagtes het deur ʼn venster toegang tot die egpaar se huis gekry. Die verdagtes het almal klapmusse aangehad.

Nel en sy vrou is met elektriese kabels vasgebind. “Die verdagtes het ʼn vuurwapen op die egpaar gerig en geld geëis. Die drie het die huis deursoek en op die kluissleutels afgekom.” Die verdagtes het met vier jaggewere, ‘n pistool, ammunisie kontant en ʼn selfoon gevlug.

Volgens Mokhuoane kon Nel en sy vrou daarin slaag om hulself los te wikkel en bure en die polisie te ontbied. Die polisie ondersoek ʼn saak van huisroof.

Enigiemand met inligting kan ao. David Dlamini kontak by 082 455 6063.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

9 Kommentare

HEVW ·

Boere om nog steeds jul wapens soos o.a. jaggewere in kluise aan te hou is om te se de vat. Hul pers jul sleutels af en dit is weg met jul geld, gewere, ens, ens. Julle stel jul gemeenskap en mense aan die ander kant van SA. in gevaar. Dit is net nie meer veantwoordelik nie. In u huis is daar baie ander alternatiewe plekke. Maak n plan. Sorg net dat jou ” getroue” bediende nie daarvan weet nie, en dat een of twee maklik bekombaar is. Dit is ook nie meer wys om in n tyd soos hiedie die luukse van n bediende aan te hou nie. Wat maak jy in elkgeval met 3 of 4 jaggewere. In meeste gevalle is dit der jare laas gebruik. Behou die goed, maar maak n plan.

boer ·

As jou geweer nie in n kluis is nie en dit word gesteel kan jy in die tronk beland , vir nalatigheid.
Hou maar jou pistool of revolver naby in die aand en dra dit aan jou bedags

E Jacobs ·

Iets wat my nogal laat wonder oor is hoe gebeur dit dat mense nog steeds on- verhoeds betrap word op hul plase of in hul huise?
In vandagse se tyd waar daar soveel elektroniese apparaat en tipe alarms is wat mens kan installeer!

Het die mense nie die kennis of is die apparate te duur?

Ek weet nie wat die rede is nie dus vra ek net?
Voel jammer vir al die slagoffers maar kan dit nie verhoed gewees het nie?

Elsabe du Plessis ·

Sal dit waardeer om al die inligting van Maroela Media te kan sien, want Maroela Media is nie
bang om die waarheid te publiseer nie. Baie dankie vir so ‘n media

HEVW ·

E Jacobs, stem saam, Mense skryf die gemaksugtige sorgvrye lewe van die verlede af. Die omstandighede waarin ons nou vasgevang is, sal geslagte lank voort duur. Soos gese is van die moderne elektroniese aparaat. Koop die toerusting. In Namibie is daar boere wat selfs versteekte kammaras in die veld km. van hul woning oprig en dit het veediewe al vasgetrek.Deesdae onstel die gebrek aan paraatheid my meer as die aanvalle self, ASSEBLIEF, RAAK LANDSWYD GEORGANISEERD DIT KAN GEDOEN WORD!!!!!!!!!!!!!!!!!!!

Mike Jordaan. ·

Ek is nie ‘n taalkundige nie. Mens kan nie op ‘n plaas bly in ‘n stad nie. Virginia is nie, ‘n stad nie. Mense woon in ‘n stad of op ‘n dorp. Die eerste paragraaf in hierdie artikel behoort te lui; “………….op hul plaas naby Virginia. Asseblief mense.

JAPIE SPANIO ·

KONSTANTE WAAKSAAMHEID $
CONSTANT VIGILANCE $
VEILIGHEID KAN NIE GEDELEGEER WORD NIE ..BASIESE BEGINSELS #DIEFWERING VEILIGHEDSHEKKE ALARMS RADIO KOMUNIKASIE HONDE TOEGANSBDHEER KRING TELEVISIE VEILIGHEIDSPLAN VIR JOU EN GESIN HEKKE GESLUIT BEWEGINGS WISSEL.SONDER BEDIENDE INDIEN MOONTLIK
HULLE WORD GEINTIMEDEER ..HULLE IS VAARDIG MET SELFONE EN NEEM ALS AF EN VERSPRY ***(*DIT IS ALS JOU EIE VERANTWOORDELIKHEID )
.

Knersus D ·

Jaap, leer spel asseblief! En dis goeie maniere om leestekens en upper case en lower case te gebruik.
Kommunikasie
ge – intimideer
versprei
toegang beheer

Wilhelm ·

Die Engelse taal het ‘n goeie beskrywing vir hierdie tipe mens/krimineel, dit is “vermin” – behandel hulle soos mens “vermin” behandel. Uit die aard van die saak moet die middele vir die behandeling effektief wees en dit is “extermination”

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.