Egpaar bedrieg kerk glo uit miljoene

Argieffoto

Argieffoto

ʼn Egpaar van Oos-Londen is Dinsdag vasgetrek nadat hulle glo die plaaslike Twaalf Apostels Kerk in Christus uit miljoene rande bedrieg het.

Kapt. Stephen Marais, woordvoerder van die polisie, het gesê Zola Maziyana (46) en sy vrou Zukiswa (38), het Dinsdag in die Oos-Londen-landdroshof verskyn op 53 aanklagte van bedrog en 123 aanklagte van geldwassery.

Die egpaar is omstreeks 07:30 by hul huis in Sunnyridge in hegtenis geneem. Die inhegtenisneming volg op bewerings dat die egpaar R7 miljoen van die kerk se geld gebruik het vir ander doeleindes as waarvoor dit bedoel was.

“Die kerk het die polisie genader om die saak te ondersoek en ná ʼn uitgebreide ondersoek [deur die Oos-Londense Valke] het is ʼn lasbrief vir die egpaar se inhegtenisname uitgereik,” het Marais gesê. Die Valke het ook ʼn hofbevel gekry om beslag te lê op die egpaar se bates en hul bankrekeninge te vries.

Die egpaar sal Woensdag weer in die hof verskyn om vir borgtog aansoek te doen.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

5 Kommentare

Se Maar Net ·

Aan vindingrykheid is daar ook nie ‘n tekort in ons land nie.

Het jy iets op die hart? Maroela Media se kommentaarfunksie is ongelukkig gesluit oor die Paasnaweek. Kom kuier gerus later weer!

Nuuswenke kan deur hierdie vorm gestuur word.