Egpaar beseer toe hulle hondegeveg wou keer

Argieffoto

Argieffoto

ʼn Egpaar van Kloof in Durban, KwaZulu-Natal, is beseer toe hulle ʼn Amerikaanse veghond (Pitbull) en ʼn Rottweiler uit mekaar wou kry wat besig was om te baklei.

“Die man het baie ernstige bytwonde opgedoen en hy was in ʼn ernstige toestand,” het Chris Botha, woordvoerder van Netcare 911, in ʼn verklaring gesê. “Sy vrou het verskeie bytwonde opgedoen, maar sy het behandeling geweier.”

Paramedici het die man op die toneel behandel voor hy na ʼn plaaslike hospitaal geneem is.

Die voorval het in Edwardrylaan plaasgevind.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

6 Kommentare

Wat-ek-lees ·

Gevaarlik om in te meng. As jy nie weet hoe, hou jou daaruit.

adriaan ·

Ek gaan sukkel om werklike simpatie te openbaar vir sulke onnoselheid. Sal selfs nie inmeng in ‘n poodle geveg nie.

Rosa ·

Toe ek 7 jaar oud was het ons bure se hond my aangeval en my gesig lelik verwoes. Gelukkig het my broer tussen ingetree toe die hond my aan die keel beetgekry get anders was ek dood. Ek weet dat as twee honde baklei werk dit nigal goed om ‘n tuinslang te vat en hulle nat te spuit, dit is beter as om tussen in te probeer kom. Ek was altyd bang om met my Jack Russel te gaan stap want sy was ‘n moeilike enetjie , maar ek het later gehoor dit was omdat sy aangevoel het dat ek bang is vir ander honde wat ons dalk sal aanval. Sy wou my net beskerm.

antjie ·

Hoe stjoepet kan n mens nou wees, n mens meng nie by sulke goed in nie…..

charlene ·

SPELLING asb mense
Ja mens tree nie tussen beide in nie, maar daar is `n hele paar mense daar buite wat ongelooflik lief is vir hulle diere en wat weet somige diere sal baklei tot die einde. Die mense wou dit duidelik voorkom, en as dit hulle honde is, dink jy eers later en doen nou. Ek sou ook inspring as enige hond my (of eintlik my dogertjie) se hond wil byt, dis verseker. Hopenlik is die merke nie erg nie en herstel die wonde van beide mense.
Sterkte

Francie ·

Dit is sekerlik ‘n wyse stap om die honed liefs uit te los. Selfs jou eie dierbare hond sal na jou byt wanneer hy in ‘n geveg is en jy tussenbeide wil tree.
Dit help wanneer 2 persone elk ‘n hond aan die agterpote vasvat en dan optel. Sonder vastrapplek is hulle dan meer geneig om te los. Hulle kan jou dan aanval omdat jy pla.
Miskien die beste plan is om ‘n sproei te gebruik wat die suurstof onttrek uit die onmiddelike omgewing van die honde se gesigte. Dit veroorsaak ‘n tydelike floute wat dit moontlik maak om die honde te skei. Belangrik dan net om dit aan jou te dra, daar is verseker nie tyd om eers die houertjie te gaan soek nie.

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.