Egpaar buite plaashuis met panga aangeval

Argieffoto: Lorraine Claasen

ʼn Egpaar is Dinsdagaand op hul plaas buite Patensie in die Oos-Kaap aangeval oomblikke nadat hulle by die huis gekom het.

Kapt. Gerda Swart, woordvoerder van die polisie, sê die egpaar, albei in hul vyftigs, het omstreeks 22:00 by hul plaashuis aangekom toe hulle buite die huis deur twee aanvallers oorval is.

Die aanvallers, onderskeidelik gewapen met ʼn panga en ’n mes, het die egpaar gedreig en op kontant aangedring.

ʼn Struweling het tussen die man en een van die aanvallers ontstaan waartydens hy met die panga oor sy kop gekap is. Die ander aanvaller het ingespring en die man met die mes in sy hand en rug gesteek, het Swart gesê.

Die aanvallers het toegang tot die huis verkry waarna hul met twee selfone en ʼn onbevestigde bedrag kontant te voet op die vlug geslaan het.

Die man is vir behandeling na ʼn plaaslike dokter geneem. Volgens Swart is die vrou nie beseer nie.

ʼn Saak van huisroof word ondersoek.

Maroela Media verneem die egpaar se name is Steward en Jacky Riddle. Swart wou nie in die stadium die slagoffers se name bevestig nie.

Enigeen met inligting in verband met die voorval word versoek om ao. Johannes Noeth by 082 551 4749 te skakel of die polisie se plaaslike speurtak by 042 283 8419.

Inligting kan ook by Stop Misdaad by 08600 10111 aangemeld word.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

36 Kommentare

GP ·

Waarom ‘n saak van huisroof en nie poging tot moord nie? Natuurlik om die misdaad statistiek te kook.

Joe ·

Maar laat jy nou een klap in n parking lot gee, dan is dit poging tot moord. Die regstelses is uit en uit geskep om teen die witmens te wees.

Hannelie ·

GP ek stem 100% saam jou. Verstaan nie hoekom ‘n saak van huisroof aanhangig gemaak is nie. Hul het gegaan met die doel om ernstig te beseer (of dood te maak), want hul was dan bewapen. Volgende keer moet die mense maar gewapen uitgaan, as jy terugkom, kan jy jou mos self teen die “huisroof” beskerm. Dis dan mos presies dieselfde.

sarah ·

Roof is ‘n baie ernstige misdaad en daar moet ‘n element van geweld betrokke wees. Poging tot moord is omtrent om iemand vir dood agter te laat, nie die geval hier nie.

sarah ·

Mense verwar huisbraak met huisroof. Huisroof is ‘n vorm van roof waarby geweld betrokke moet wees. Dis baie ernstiger as huisbraak (geen geweld) en ook ernstiger as poging tot moord.

Theresa ·

Ek stem saam met jou GP. Wat verstaan die mense nie as iemand met ‘n panga en mes aangeval word nie?!

Derick ·

Maak soos ek stuur al die aanvalle op wittes die wereld in, sodat hulle kan sien wat gaan aan in SA.

Thinus ·

SAPS is onbevoeg en pateties treurig. Huisroof….. te sleg om poging tot moord te ondersoek.

Siekensat ·

En nog een … ja, kan jy dit oorvertel, huisroof … sickening!!!

Lindtjies ·

Het die mense dalk ‘n groot bedrag geld in die huis gehad en het iemand dalk daarvan geweet? Hoekom dring hulle dan aan op geld. Boere moet groot bedrae geld trek om lone te betaal. Maar iewers lek dit uit.

Santjie ·

Lindjies, dit is so. Waarskynlik kry die werkers weekliks lone en weet hulle seker nou al daar moet dus geld in die huis/kluis wees. Ek sou voorstel die boere laat hul werkers spaarrekeninge oopmaak as hulle nog nie het nie en betaal dan die lone oor. Hoewel daar altyd ‘n persoon of persone gaan wees, wat nog steeds glo die boer hou geld in sy huis/kluis.

jennefer ·

2e geval waar mense aangeval word as hul by plaas/huis aankom. Hoe weet die boewe hul is nie tuis nie?

Charlene ·

Ek werk op ‘n plaas en ons betaal ons werkers deur e-wallets. Selfs in pluk-seisoen (sitrus), as mense lemoene wil aankoop, is die reëling dat hulle op die dorp (of aanlyn) die geld inbetaal en vir ons die strokie wys, voordat hulle die lemoene kan laai. Dit is heelwat veiliger op hierdie manier.

Geskok ·

HUISROOF?????LIEWE HEMEL MENSE MAAK OOP JUL OE!!!!HUISROOF TERWYL DAAR FISIES PROBEER WAS OM D OMIE DOOD TE STEEK MET N MES EN MET N PANGA HOM DOOD TE KAP…HIERDIE IS MOS OOP EN BLOOD DIE BEWYS WAT IN ONS REGSTELSEL AANGAAN….

Werner ·

Stem Minora ou wat nou nog nie gewapen bly nie veral as jy groot bedrag geld by hom het speel met vuur en moet nie simpatie verwag nie

Johan H. ·

Hoop maar die kriminele draai teen die regslui en kyk dan nog of sake gaan wees poging tot dit en poging tot dat,alles behalwe poging tot wat dit regtig moet wees, regslui moet net n poging aanwend om die werk te doen waarvoor hulle so mildelik betaal word

Sê maar net ·

Mens lees baie n struweling het ontstaan tussen die slagoffer en die booswig. Doen eerder net wat hulle vra en gee wat hulle wil hê. Dit kan die verskil tussen lewe en dood wees. Jammer dat hierdie onskuldige mense deur so iets moes gaan.

Elvira ·

Asseblief tog. HUISROOF? Roof en poging tot moord sal ek eerder se. Dit gaan lekker in S A ne!

Wilma ·

Waar is jul killer dogs en vuurwapens. Killer dogs wat opgelei is om boosdoeners op bevele aan te val en te dood
Dis wat ons benodig

WIEBO ·

Die polisie monitor die situasie, moenie worry nie……………………………

sarah ·

Roof is ‘n ernstiger misdaad as poging tot moord. Dis iets wat sommige nie verstaan nie.

Helen ·

Kosie, hier is ‘n nuus flash vir jou; of jy jou teesit of nie, jy gaan seerkry want dit is deel van hul pakket om te wys wie is baas. Duidelik was jy nog nooit in so ‘n situasie nie maar ek was wel en weet waarvan ek praat.

Penellope Jones ·

As dit gesien word as huisroof, hoekom is die egpaar dan met ‘n panga en mes aangeval. . . . . . . .?

Alida ·

Ek wens sommige mense hierbo wil ophou om die slagoffer die skuld te gee. Mense moet ongestoord kan aangaan met hul dagtake en kom en gaan soos hulle wil. Die regering moet en die SAPD moet iets daadwerkliks doen.

Riouna Martin ·

Geen maar geen hoop vir die land nie niks dinge raak erger by die dag . Dit is n baie baie siek land die.

Vrede ·

Ons is Afrikaners, ons sal onderhandel vir vrede, ons sal veg vir vrede maar ons sal nie oorgee vir vrede nie…

Muffin ·

Ek verstaan nie mooi nie. Maroela praat van n egpaar wat Dindagaand te Patensie aangeval is. Verder word genoem dat die egpaar se name Steward en Jacky Riddle is en net in die volgende paragraaf se Swart hulle wil nie op die stadium die slagoffers se name bekend maak nie.
Wie is dan die slagoffers is dit dan nie Steward en Jacky nie. Mag dom wees maar vra net.

Elize ·

Muffin ek het presies aan dieselfde gedink. Noem die name, en in die volgende sin lees dit die name van die egpaar kan nie bekend gemaak word nie.

Muffin ·

Ek verstaan nie mooi nie. Maroela praat van n egpaar wat Dindagaand te Patensie aangeval is. Verder word genoem dat die egpaar se name Steward en Jacky Riddle is en net in die volgende paragraaf se Swart hulle wil nie op die stadium die slagoffers se name bekend maak nie.
Wie is dan die slagoffers is dit dan nie Steward en Jacky nie. Mag dom wees maar vra net. Dankie

Mariné Lourens ·

Dagsê Muffin

Dankie vir jou kommentaar. Die egpaar wat aangeval is, is Steward en Jacky Riddle. Die polisiewoordvoerder wou nie in die stadium die name van die slagoffers bevestig nie, maar Maroela Media het die name by ‘n ander betroubare bron bevestig. Hoop dit klaar die verwarring op.

Groete
Mariné
nms Maroela Media

JoeV ·

Waar is die klag vir poging tot moord. Met panga en mes aangeval. Vreemd is dit nie?

Het jy iets op die hart? Maroela Media se kommentaarfunksie is ongelukkig gesluit oor die Paasnaweek. Kom kuier gerus later weer!

Nuuswenke kan deur hierdie vorm gestuur word.