Videograaf-egpaar ná troue geskiet

Foto verskaf deur Netcare 911

ʼn Egpaar, wat ʼn videografieonderneming bedryf, is Sondagmiddag geskiet na afloop van ‘n troue.

Die egpaar was Sondagmiddag buite ʼn kliënt se huis in Berkshire Downs, New Germany in KwaZulu-Natal om verdere beeldmateriaal van die troue te verfilm toe drie onbekende persone in ʼn motor skielik op hulle losgebrand het.

“Die man, in sy 50’s, het matige beserings opgedoen toe hy in sy regterarm getref is,” het Shawn Herbst, woordvoerder van Netcare 911, in ʼn verklaring gesê. “Die vrou, ook in haar 50’s, het ernstige beserings opgedoen. Sy is in die maag geskiet.” Hulle het nog in hul onderskeie motors gesit toe die aanvallers op hulle losgebrand het.

Hulle is op die toneel deur paramedici behandel en weens die ernstige aard van die vrou se beserings is sy met ʼn helikopter na ʼn hospitaal geneem. Sy was in ʼn kritieke toestand. Die man is met ʼn ambulans na ʼn hospitaal geneem vir verdere behandeling.

“Die polisie stel ondersoek in oor die voorval.”

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

10 Kommentare

Marinda ·

Het hulle dalk iets onbewustelik vas gevang op kamera?
Sterkte

anni ·

Dit gebeur oor almal aabgepor word om Ons blankes uit te moor, ons het mos als verniet gekry, so hulle moet als terug Kry op sulke wrede maniere. Hierdie het nou als met die stemmery te doen, word als belowe, stem net vir ANC, EFF en jy kry dit.

Trinity ·

Trou op 50+ jarige ouderdom… Ag cute! Baie geluk en sterkte met die herstel!

Net 1 vragie: INDIEN daar kinders was… hoe het die kinders oor die troue gevoel? Ma en/of Pa se erf-geld na “vreemde mense”. Mens kry siek, geld-behepte mense wat letterlik enige iets vir die erf-geld sal doen… Vra net, want ek het so ‘n karakter in my familie…

$ ·

Trinity, jy het nie die berig mooi gelees nie.
Die egpaar neem videos by troues (onder andere) en was buite voor ‘n kliënt se huis; dis nie hulle wat nou eers getrou het nie.
Die feite maak dus jou kommentaar en al die gepaardgaande vrae irrelevant.

Lees mooi ·

Hulle doen videografie by troues… dit was nie hul eie troue nie…

izak ·

Waarom moet die leserspubliek heeltyd raai raai ripa speel oor die ras van die slagoffers en die ras van die aanvallers?

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.