Egpaar by vakansieoord aangeval

pienaardamDeon van der Merwe en Katrien Fourie is met pangas aangeval toe hulle by die Pienaardam-vakansieoord in Middelburg, Mpumalanga, tuisgegaan het.

“Die egpaar is Vrydagoggend deur ʼn groep mans aangeval wat by hul vakansiehuis ingebreek het,” het kol. Leonard Hlathi, woordvoerder vir die polisie, gesê. “Die polisie in Mpumalanga ondersoek die voorval.”

ʼn Aangesteekte voorwerp is in die huis gegooi en het die egpaar uit die huis gedwing. “Die rook het die huis gevul en toe die twee persone vars lug gaan soek het, is hulle aangeval,” het Hlathi bygevoeg.

Die aanvallers het selfone en ʼn beursie gebuit.

“Van der Merwe en Fourie is met pangas en ʼn hamer aangeval nadat ses mans toegang tot hul vakansiehuis bekom het,” het Willie Venter, woordvoerder vir die plaaslike tak van die Demokratiese Alliansie, in ʼn verklaring gesê. “Die egpaar is in die hospitaal opgeneem en ontvang steeds behandeling.”

Hlathi het gesê hulle is erg beseer, maar is in ʼn stabiele toestand.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Het jy iets op die hart? Maroela Media se kommentaarfunksie is ongelukkig gesluit oor die Paasnaweek. Kom kuier gerus later weer!

Nuuswenke kan deur hierdie vorm gestuur word.