Egpaar deur swerm bye aangeval

Argieffoto (Foto: PollyDot, Pixabay)

ʼn Egpaar is Saterdagmiddag na ʼn hospitaal geneem nadat ʼn swerm bye hulle in Witpoortjie in Roodepoort aangeval het.

“Die man, in sy laat 50’s, was glo besig om gras te sny toe ʼn by hom gesteek het,” het Annine Siddall, woordvoerder van ER24, gesê. “Sy vrou het gesien hy is in die moeilikheid en is ook ʼn paar keer gesteek toe sy hom gaan help het.”

Paramedici moes vinnig reageer om die egpaar te stabiliseer voor hulle na ʼn nabygeleë hospitaal geneem is vir verdere behandeling.

“Paramedici van ER24 is ook verskeie kere op die toneel deur die bye gesteek toe hulle die egpaar behandel het. Hulle het nie behandeling nodig gehad ná die voorval nie.”

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

12 Kommentare

Cor ·

Graag verneem el of daar iemand is wat raad kan gee hoe om van bye ontslae te raak sobder om gif te spuit. Hier by my huis het hulle tussen twee mure ingetrek en sou el hulle wou verwyder sal dit n geveg afgee en ek sal n deelvan die huis moet afbreek. Ek bly al 4 jaar saam met hulle maar rask nou bekkomerd. Gee raad asb. Ons bly in n landbou gemeenskap en wil nie graah die bye vergiftig nie

K ·

Kry iemand om die koningin te skuif. Daar is profesionele wat die diens bied. Bye word nie seer gemaak. Die kolonie volg dan na waar die koningin is

Martha ·

Dit is moeilik om by die bye uit te kom, want die koningin is heel waarskynlik baie diep binnein die mure weg vanaf die opening, maar probeer watte met terpentyn sover as moontlik indruk of spuit die terpentyn of Jeyesfluid in die gaatjie(s) in waar die bye in of uit gaan. Hoop dit help.

MissDemeanor ·

Cor, kry n deskundige om dit te doen (vergeet die terpentyn raad). As jy begin breek aan die muur gaan hul jou bydam, en as jy dit los dan sit jy met ‘n tikkende tydbom. Ek hoop iemand kan jou teen n billike prys help.

Cherokee ·

Ek hoop hulle gaan ‘n klag lê (maar sal eers die koningin moet opspoor).

Johannes ·

Ek woon twee Huise van die huis julle moes sien hoe my swembad van die bye gelyk het. Ons het binnenshuis gebly

PJC ·

Miskien is daar byeboere wat belangstel om die bye te vang. Gewoonlik kan ń mens hulle uitrook sonder dat hulle dood gemaak word.

Martha ·

Dit is moeilik om by die bye uit te kom, maar gebruik terpentyn om dit in die gaatjies te spuit waar die bye in gaan of gebruik Jeyesfluid. Dit kan ook help.

Ronel Nel ·

Bye is ‘n beskermde spesie. Kry ‘ n ervare bye kenner om hul uit te rook en te verwyder. Bye mag nie doodgemaak word nie. Kyk op google bir byevangers in die omgewing naaste aan jou.

JPV ·

Cor, moet asb nie iets self probeer doen as jy niks van bye weet. Baie gevaarlik! Ek is ‘n professionele byeboer, maar ongelukkig in die Wes Kaap. Gaan na http://www.sabio.org.za en kyk by menu. Daar is professionele byeboer wat jou kan help maar verwag dat jy sal moet betaal vir die diens.
PS. Bye is verseker nie ‘n bedreigte spesie in Afrika.

Didi ·

Ek stem saam…bye moet beskerm word en so ver moontlik verplaas word eerder as om doodgemaak te word. Vreemd toe ek ‘n rukkie terug ook ‘n by-probleem gehad het, het ek die brandweer gebel vir hulp. Hulle het pertinent gese hulle maak swerms dood. Mense is oningelig dat bye aan die uitsterf is. Kontak eerder ‘n byeboer vir hulp.

Martha ·

Ons boer self met bye en die raad van die terpentyn kom vanaf deskundiges, want om bye uit dakke of mure te verwyder is duur en ons maak nie bye dood nie. Probeer gerus die raad, dit kan moontlik net wees wat jy nodig het.
Sterkte

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.