Egpaar, dogter (11) tydens huisroof geskiet

Argieffoto

Argieffoto

Niemand is nog in hegtenis geneem nie nadat ʼn man, sy vrou en hul 11-jarige dogter al drie Maandagaand geskiet is tydens ʼn rooftog by hul huis in Muldersdrift aan die Wes-Rand.

Die private veiligheidsmaatskappy, Drift Reaction, het op hul Facebook-blad gesê die pa het omstreeks 20:45 by die huis in Nooitgedacht gekom. Toe sy vrou die deur oopmaak, het drie gewapende aanvallers hulle oorval.

Ao. Matome Masedi, woordvoerder van die polisie, het bevestig dat ʼn 28-jarige vrou ʼn klop aan die deur gehoor het en toe sy die deur oopmaak, het haar man (45) en hul dogter die huis binnegekom, gevolg deur drie onbekende mans. “Een van die mans was gewapen en het glo op die drie slagoffers losgebrand. Hulle almal het skietwonde aan hul bene opgedoen,” het Masedi gesê.

“Die mans het daarna huishoudelike items en selfone geroof voordat hulle op die vlug geslaan het.” Masedi het gesê al drie gesinslede is in die hospitaal opgeneem.

Volgens Drift Reaction het die verdagtes toegang tot die perseel gekry deur ʼn draadheining te knip. Die veiligheidsmaatskappy het gesê die pa moes ná die voorval geopereer word, maar die ma en dogter is Dinsdag weer ontslaan.

Enigiemand met meer inligting word versoek om konst. Bambiso by 073 108 2539 of Crime Stop by 08600 10111 te bel.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

18 Kommentare

Shooter ·

Janee nou word die kinders ook al geskiet, en steeds nie ‘n oog geknip deur ENIGE politieke party nie, DA ingesluit. Moet net nie iemand agter op ‘n bakkie laai of met ‘n doodskis lol nie .. jy kan maar soos in die wilde weste skiet en tekere gaan ..

keelvol ·

Ek stem shooter en ook nie soos penny goed kwytraak nie….. maar skiet maar die witmense, dis reg!! Maak my siek

snoefie ·

natuurlik nie shooter. maar skiet jy nou om jou gesin, eiendom of jouself te beskerm dan word jy van n reeks oortredings wat AFVUUR VAN N VUURWAPEN IN BEBOUDE GEBIED aangekla. dan is jy gelukkig om af te kom met n opgeskorte vonnis vir laasgenoemde en n kriminele rekord. maar….. niemand is nog aangekla vir poging tot moord. roof, huisbraak, aanranding, verkragting en moord in n beboude gebied nie.

Danie ·

Antwoord om dit hok te slaan: Buurtwag en Plaaswag. O, ja en hou belastiggeld terug om daarvoor te betaal.

callie ·

Die land is siek, walglik siek. Jy wat rassisme sien in alles wat witmense doen of praat is uiters siek, want jy praat nooit oor die moorde op wit mense nie. Dalk vergewe iemand julle, ek sal nie. Die media moet regtigwaar begin standpunt inneem oor waar hulle staan met wat in die land aangaan.

charlene ·

Huisroof se agterkant, dis `n poging tot moord! die goed wat geteel is, is maar net. Die kind is 11!!!! Watse gevaar het sy ingehou vir hulle??? Dis `n tramatiese ding waardeer daai arme kind gaan, sy is 11 – sy moet nog kind wees nie in die groot mens wereld wees van roof en daai pyn nie. En die ouers waardeer moet hulle nie net gaan nie. Dis omdat die regering meer stress oor party’s en geld. De-hel met die gewone mense, die gewone mense beteken niks. Nie vir die ANC, DA of enige ander party nie! Die EEF gee net om, om die soort goed aan te huts. Onskuldige mense moet die prys betaal!

Fritz ·

Hulle het ons eers ontwapen. Nou begin hulle ons stelselmatig uitmoor. Ons as witmense moet ophou slapgat wees en onsself bewapen vir selfverdedeging en begin saamstaan. Glo my nie die huidige regering of die DA gan ons witmense bystaan nie. Ons moet die realiteit in die gesig staar en vir onsself opstaan.

Annie ·

Fritz jy is reg. Watse mens skiet n 11 jarige kind. Ons haat niemand .. ons walg en haat wat hulle doen. Al hierdie moorde gaan oor kleur. Tyd dat ons staak op belasting betaling tot die staan aksie neem!!!

Lewies ·

“Drie gewapende aanvallers ? ” Dit is polities-korrek, dis al. Is daar nie meer leidrade nie asb ?

Gus.Dry ·

Ek is in Kenya net voor die maumau uigebreek het gebore.voorreg gehad om my kinder jare daar te kon geniet . glo my die geweld was nie n tiende van wat nou hier plaasvind nie .elke dag is dit huisroof .moord .verkragting ens ens.einylik het die regering beheer verloor .daar gaan mense wees wat nie saamstem nie .bewys my verkeerd.

Piet ·

Ek wonder wat die opskrif sou wees as wit rowers swart kinders geskiet het ,maar ons is reeds so gebreinspoel ons aanvaar dit maar as reg.

johan briys ·

As daar nie erenstig gaan begin opgetree word teen die krimmenele nie gaan die land nog in anargie verval.

Gus Dry ·

Johan .ek sluit aan by jou kommentaar oor anargie.ek bevrees dis al klaar te laat.RSA is op die pad afgrond toe..

Ninie ·

Nie dat dit die aanval minder verkeerd of traumaties maak nie, maar dit is nie ‘n wit gesin nie. En dit was in Nooitgedacht, nie Muldersdrift @MM

Sê net ·

Ek maak vir niemand die deur oop as ek nie gereël het dat iemand kom kuier nie.

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.