Egpaar, dogter op Vrystaat-plaas oorval

Die kleefband wat gebruik is om die slagoffers mee vas te bind. Foto: Verskaf

Die kleefband wat gebruik is om die slagoffers mee vas te bind. Foto: Verskaf

ʼn Bejaarde egpaar en hul dogter is Woensdag in die vroeë oggendure op hul plaas in die Vierfontein-omgewing naby Bothaville in die Vrystaat deur gewapende aanvallers oorval, vasgebind en beroof.

Sers. Ian Gaobepe, woordvoerder van die polisie, het aan Maroela Media gesê Frikkie van der Merwe (87), sy vrou Linda (85) en hul dogter, Anita Bruwer (57), is omstreeks 12:30 deur ses gewapende aanvallers op hul plaas, Vreugde, oorval.

“Die rowers het die egpaar en hul dogter met breë kleefband vasgebind,” het Gaobepe gesê. Hy kon nie onmiddellik bevestig hoe die rowers toegang tot die huis gekry het nie.

Die rowers het daarna ʼn aansienlike bedrag geld en ʼn haelgeweer uit die kluis gesteel, asook drie selfone en ʼn trouring, voordat hulle in die gesin se VW Tiguan, met die nommerplaat 105 PIT FS, gevlug het.

“Die slagoffers is gelukkig nie tydens die rooftog beseer nie, maar het ligte beserings opgedoen toe hulle hulself uit die kleefband losgewikkel het,” het Gaobepe gesê. Die egpaar kon daarin slaag om hulp te ontbied en lede van die plaaswag en die polisie was kort daarna op die toneel. Niemand is nog in hegtenis geneem nie.

Gaobepe het gesê ʼn saak van huisroof word ondersoek.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

21 Kommentare

Piet ·

Is dit nie ironies dat die plaas se naam Vreugde is nie? Gelukkig is hulle nie beseer nie.

Annie ·

Gelukkig is hulle nie beseer nie – maar nerens meer is mens veilig in hierdie land nie – maak nie saak hoe en waar hulle ingekom het nie – dis nie hulle perseel of reg om dit te doen nie – hoop die Polisie trek hullevas.

Yolandi ·

Hoe tragies dat ons in vandag se tyd maar net te dankbaar moet wees dat hulle net ons besittings gesteel het (waarvoor ons so hard werk) en ons nie vermoor het nie….

Connie ·

Ek lees die kommentare “gelukkig het hulle nie beseer nie”. Dit moes in die eersteplek nooit met hulle gebeur het nie. Jou huis is jou veiligevesting. Maar so het ons samelewing al verander. Dit is so sad. Ja moenie ‘n fout maak nie ek is ook bly hulle het nie seergekry nie. I hope catch my drift.

Irene ·

Jammer hulle weet wat in jou huis is en waardevol is pasop vir inside job wat nuus uitgee

Francie ·

Ek stem saam Irene. “Aansienlike bedrag” – is dit werklik nodig om jouself so bloot te stel? In hoeveel rooftogte is die juwele, kontant en waardevolle artikels nie nie lokaas nie? Wie sou daarvan weet anders as die mense wat naby kontak het met die huismense.

Denise ·

Dit moet nie gebeur nie jou huis is jou veilige hawe waar jy en jou familie rustig moet wees liewe tyd ek gan nie na ander se huis en vat sommer hulle goed nie en rand hulle aan nie!!!! Elkeen werk vir wat hy het en al het ek nie baie nie kan ek nie roof ,steel en vermoor nie!!!!

Karma ·

@Denise, dit is so – maar hierdie tipe misdaad gebeur met ALMAL: of jy pers, groen, geel, oranje of watookal is, of jy in huis, paleis, pondok of varkhok woon. My gewese tuinwerker het my vertel dat hy nie Maandae kan kom werk nie, want sy vrou was dan wasgoed en dan moet hy by die wasgoeddraad by hulle hok sit en die wasgoed oppas, sodat dit nie van die draad afgesteel word nie. Ek sê hier wat almal weet: MISDAAD IS VERBY HANDUITRUK, wat gaan wie daaromtrent doen???

Marlize ·

Doodgoeie, christenmense wat baie geliefd is…Dankie Vader dat U hulle beskerm het?

Denise ·

Ag nee hel man ek gan breek nie by ander se huis in nie elkeen werk vir wat hy of sy het!!! Ons mense sal meer paraat moet raak dit gan net erger raak!!! En so word onskuldige mense elke dag beroof , vermoor en verkrag Tragies!!!!

Bruce ·

Gelukkig het hierdie bejaarde egpaar van in die 80s nie hulleself teen die arme verontregte gewapende rowers beskerm nie.

Die berigte ending altyd met: “En niemand is nog gearrsteer nie… ens.”

Of…

“Die bejaarde egpaar is gearristeer vir moord”.

Liandre ·

Die storie wat deur maroela vertel word verskil vreeslik baie as die een wat ander nuus berigte vertel.. Die storie verskil ook van die feite wat die hoof van landelike beveiliging vertel..

Landi Slatter ·

Dagsê Liandre,

Dankie vir jou terugvoer! Die inligting soos in die berig vervat is presies soos ons dit van die polisie ontvang het. Indien jy enige ander inligting het wat jy onder ons aandag wil bring kan jy ons gerus e-pos by [email protected].

Groetnis
Landi nms Maroela Media

Jan maak n plan ·

Baie bly om te hoor dat hierdie mense darem nie seer gekry het nie, maar wat my ontstel is dat die buiteland nie n geraas maak hieroor nie. Nogal oulik van hulle nie waar nie.

Scalla ·

Klomp lafaards, sagte teikens word aangeval, moes inligting van iewers gekry het, sterkte aan die egpaar en dogter

Helen ·

Ai, dit is regtig verskriklik. Ja, hulle mag dalk nie fisiese beserings hê nie, maar die trauma is onbeskryflik. Mag Vader hulle en hul mense in hierdie tyd styf vashou en hulle deur dié aakligheid vashou, oplig en versterk.

Boeremeisie ·

Daar was twee plaasaanvalle vanoggend in bothaville.Ek weet nie hoe seer het die ander gesin gekry nie.Bid net vir ons boere se beskerming elke dag en nag.God is nogsteeds in beheer.

Ronnie ·

Ek ken oom Frikkie en tannie Linda persoonlik. Ek is so jammer vir julle…

Theresa ·

Dis onbeskryflike woede wat opwel wanneer mens lees hoe mense links en regs aangeval, mishandel, aangerand, vermoor, verkrag en vermink word. Met wie moet mens ‘n afspraak reël tussen die sg hoëkoppe om antwoorde te kry op hierdie gebeure. Dis ons REG om te weet waarom al hierdie dinge nou so toeneem.

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.