Egpaar dood aangetref in Carolina

Argieffoto (Foto: Kent Williamson)

ʼn Egpaar van Carolina in Mpumalanga is Dinsdagoggend dood aangetref in hul huis.

“Die polisie is vanoggend omstreeks 07:10 na ʼn misdaadtoneel in Voortrekkerstraat ontbied. Die bure het onraad vermoed toe hulle besef hulle het die egpaar lanklaas gesien,” sê kol. Donald Mdhluli, woordvoerder van die polisie.

Die beamptes het aan die deur geklop, maar daar was nie enige reaksie nie. Hulle het daarna die huis betree omdat die deur nie gesluit was nie.

“Hulle het op die lewelose liggame van die 83-jarige man en 64-jarige vrou afgekom. Die persone is deur paramedici op die toneel dood verklaar.”

Enigiemand met inligting word versoek om kapt. Hesekiel Msibi te kontak by 082 318 9570.

Die provinsiale polisiekommissaris, lt.genl. Semakaleng Daphney Manamela, het die voorval ten sterkste veroordeel.

Geen verdere inligting is in hierdie stadium beskikbaar nie.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

5 Kommentare

Charl ·

Daar’s geen addisionele inligting, hoe kan die voorval ten sterkte beoordeel word as die persone net dood verklaar is op die toneel met geen verdere inligting beskikbaar ?? Dalk was dit ‘n dubbele selfmoord ? Was daar tekens van ‘n struweling, was daar bloed, was daar daar wonde aan die oorledenes ? Hoekom so vaag ??

Christine ·

Vir die polisiekommisaris om die voorval ten sterkste te veroordeel, beteken net een ding: hulle is wreedaardig vermoor. Indien dit selfmoord was, sou dit nie sy reaksie uitgelok het nie. Meer besonderhede sal beslis later verskaf word.

Gert ·

Hulle is dood, wat wil ons weet en wat wil ons daarmee maak?

Christine ·

Hulle is beslis vermoor en ons wil weet wie is daarvoor verantwoordelik.

Jack ·

Die betreding sonder lasbrief word seker ten sterkste veroordeel want daar was geen ander redes verskaf nie.

Het jy iets op die hart? Maroela Media se kommentaarfunksie is ongelukkig gesluit oor die Paasnaweek. Kom kuier gerus later weer!

Nuuswenke kan deur hierdie vorm gestuur word.