Egpaar dood in bakkie gevind

Argieffoto: SAPD/Facebook

Argieffoto: SAPD/Facebook

ʼn KwaZulu-Natalse egpaar is Sondag dood in hul bakkie in die Kwadabeka-gebied in Durban gevind.

Kapt. Nqobile Gwala, woordvoerder van die polisie, het gesê die polisie vermoed die 34-jarige man het sy 28-jarige vrou doodgeskiet, voordat hy homself om die lewe gebring het. “Die polisie het ʼn saak van moord geopen en doen ook ʼn geregtelike doodsondersoek,” het sy gesê.

Dit is nie duidelik wie op die liggame in die voertuig afgekom het nie.

Chris Botha, woordvoerder van Netcare 911, het gesê toe paramedici by die toneel aankom, was daar niks wat hulle kon doen, behalwe om die egpaar dood te verklaar nie.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

8 Kommentare

snoefie ·

‘nooddienste het die mense dood verklaar.’ kan iemand my help asb? mm se bogenoemde altyd ek wil weet, as die dooies nie doodverklaar word nie, sal hulle ontwaak en met hulle lewe aangaan?

Ano ·

Snoefie, jy wil nou tegnies raak. Op enige misdaad/ongeluks toneel MOET ‘n dokter of nooddienste lid ‘n person “dood verklaar” Dis wet.

t ·

Behalwe dat ek weet jy vra die vraag om die pot te roer is daar sekere tegniese aspekte wat sleg opgeleide personeel kan doen om die afsterwe te bevestig. Eers daarna kan hy dan die liggaam dood “verklaar”. Lees meer hieroor by
patient.info/doctor/death-recognition-and-certification

sure ·

dis algemene kennis perd maar gansegaar onnodig dat maroels dit elke keer se.

Alida ·

Wonder net wie gaan aangekla word van moord. Altwee is dan dood.

Ano ·

Ai tog!! Daar is ALTYD ‘n moordklag as iemand iemand anders doodmaak al is die persoon wat die daad gepleeg het ook dood. Dis die proses wat neergele is. Daar sal slegs ‘n Geregtelike ondersoek wees maar die klag bly moord. Niemand kan tronk toe gaan nie, maar vir versekerings en doodsertifikaat doeleindes moet dit aangegee word as moord.

Willie ·

Net kortliks, die dossier word oopgemaak en die hele ondersoek proses volgens wet moet voltooi word. Dan word die dossier na staatsaanklaer verwys wat op sy/haar beurt sien in dossier dat die beskuldigde ook dood is en geen straf verder uit n hof kan voortgaan nie. Dus word dossier,”afgesluit”. Nou kan enige assuransie of polisse ens aansoek doen tot inligting van gebeure.

Het jy iets op die hart? Maroela Media se kommentaarfunksie is ongelukkig gesluit oor die Paasnaweek. Kom kuier gerus later weer!

Nuuswenke kan deur hierdie vorm gestuur word.