Egpaar dood in huis gevind

misdaadtoneel

Argieffoto

Die polisie in Limpopo ondersoek die dood van ʼn egpaar wat Sondagmiddag dood in hul huis in Mhingaville naby Malamulele in Limpopo gevind is.

Lt.kol. Moatshe Ngoepe, woordvoerder van die polisie, het gesê lede van die gemeenskap het onraad gemerk nadat hulle die egpaar drie dae gelede gesien het. Die polisie is ontbied en die egpaar se liggame is in hul huis aangetref.

“Gezani Donald Mahori (32) is gevind waar hy in die huis hang en sy vrou, Fortunate Shopola (25), is dood in die badkamer aangetref, met veelvuldige wonde aan haar liggaam,” het Ngoepe gesê. Dit is nie duidelik wanneer die egpaar dood is nie.

“Die motief vir en omstandighede rakende die voorval is nog nie duidelik nie, maar huishoudelike geweld kan nie uitgesluit word nie,” het Ngoepe gesê.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

8 Kommentare

Jandre Kroeze ·

Dit begin nou rerig baie ernstig hand-uit te ruk!! As blankes nie vuurwapens gryp, organiseer en coordineer om terug te baklei nie, dan kan ek maar net se; “Kry vir julle!” Stupidgeit is dodelik.

Pieter ·

Ek stem 100% saam maar sal net bygesê het as die kop dom is moet die lyf swaarkry.

VanAfrika ·

Jandre, wat probeer jy nou sê? Blankes??? Ek lees alles behalwe blanke name in die artikel. Of is ek nou die stupid een???

Verlig!!! ·

Die voorafgaande kommentare het WAT te doen met artikel?????

Skerpioen ·

Ja Jan Pierewiet, ek skud nes jy my kop oor al die kommentare… bly om te sien daar is nog nugter denkende blankes in Suid Afrika, nie soos die spul hier bo nie.

Sarel swartbrand ·

Ek respekteer almal se opinie of ek daarmee saamstem of nie maar weerhou myself altyd om beledigend met mense te wees of om neerhalend na hulle te verwys,ek dink dit is die verskil tussen n ware blanke afrikaner waarmee ek oorlog toe sal gaan , of een wat ek nie sal vertrou , die wat my oupa se pa hom teen gewaarsku het.

Gert ·

Daar is meer dom mense as wat ons wil erken. Die nie nugterdenkendes. Huishoudings het probleme oor grense heen. Baie moet gedoen word om kulturele waardes en stabiliteit aan te spreek. Almal het nie toegang tot hulp en ondersteuning nie. Die politieke uiteenlopendheid maak dit nie makliker nie.

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.