Egpaar dood in huis op kleinhoewe gevind

Tewie en Eurika Human. Foto: Verskaf

Tewie en Eurika Human. Foto: Verskaf

ʼn Geliefde egpaar van Grootbrakrivier is vandeesweek dood in hul huis op ʼn kleinhoewe in die Sandhoogte-gebied aangetref.

Tewie en Eurika Human is vermoedelik helder oordag in hul huis vermoor, maar dit is nie tans duidelik wanneer presies die moord plaasgevind het nie. Volgens die polisie is hul liggame Woensdag in die vroeë oggendure gevind.

Carlo Vos, die Human-egpaar se skoonseun, het vanuit Florida in die VSA met Maroela Media gepraat waar hy en sy gesin Saterdag van die skoknuus verneem het. “Daardie twee mense het harte van goud gehad. Hulle sou niemand leed aandoen nie en dan moes so iets met hulle gebeur het,” het hy gesê.

Hy het gesê Tewie was in sy vroeë 70’s en Eurika in haar laat 60’s. Eurika sou vandag verjaar het, dieselfde dag dat die egpaar ook hul huweliksherdenking sou vier.

Volgens Vos is sy skoonpa se liggaam in die motorhuis aangetref en sy skoonma se liggaam in die egpaar se bed. Die vermoede bestaan dat die egpaar vroegoggend oorval is aangesien Eurika nog haar slaapklere aangehad het, het hy gesê. Daar is ook ʼn sterk moontlikheid dat iemand wat sy skoonouers geken het by hul moord betrokke was, omdat daar geen tekens van gedwonge toegang tot die huis was nie. Verskeie items is glo uit die huis gesteel.

“Dit lyk glo asof my pa met ʼn stomp voorwerp oor sy kop geslaan is, terwyl my ma steekwonde aan haar lyf gehad het. Daar is geen skietwonde nie, so ons glo nie daar was ʼn vuurwapen betrokke nie,” het Vos gesê.

Hy het gesê Tewie het ʼn riooldienstebesigheid op die dorp bedryf en was dus ʼn bekende gesig onder die plaaslike inwoners. “Ek dink iemand het seker maar onraad gemerk toe hulle my skoonouers ʼn paar dae nie gesien het nie en die polisie in kennis gestel. Dit is toe dat hulle op hul liggame afgekom het.”

Vos het gesê hy en sy vrou, die Human-egpaar se dogter, woon in Costa Rica terwyl die egpaar se ander dogter in Kaapstad woon.

Lt.kol. André Traut, woordvoerder van die polisie, het die voorval aan Maroela Media bevestig. Hy het gesê niemand is nog in verband met die moorde in hegtenis geneem nie.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

57 Kommentare

Maria ·

Volksmoord? Ons Blanke Volk word uitgemoor. Sterkte aan die familie.

Conja ·

Ons boere word vermoor en verdagtes word nooit gevind. Hoe gaan hulle voel as hulle so uitgemoor word.

Joann ·

Sal dit nie beter wees as moordenaars en verkragters aan die publiek uitgelewer word nie? Bly nie dan gratis op belastingbetalers se geld in die tronk nie. Hul leef mos lekker daar.

Kleintjie ·

Waar gaan dit alles eindig? Seker eers wanneer AL die afrikaanssprekende, blanke afrikaners uitgemoor is.

Kaaiman ·

Ons bly op Grootbrak, hoewel ek nie die mense ken nie. Die dorp is tot stilstand geruk.

ursula jackson ·

Dis erg dat dit so wreed en woes gaan hier in hierdie pragtige land van ons.Onskuldige mense en ouer mense word wreed vermoor elke dag..Steve… kan almal nie maar soos hy wees en opstaan vir ons reg en mense nie??Waar gaan dit eindig????

Wat nou ·

Genade Maroela dit voel of jul al die gruweldade aantrek maar nou ja dit is wat elke dag nou met al wat wit is gebeur siek gemors wat ons aarde bevuil geen wonder mense laat hul uit oor rassisme nie al uitlaatklep sonder om na daad oor te gaan maar dan is jy in elkgeval in sulke groot moeilikheid dat dit nie eers die moeite werd is nie RIP mense van vrede maar o wee die dag gaan kom so waar as wragtag

nie belangrik ·

En hier gaan dit nog steeds aan. Die goed wat hulle hande gelig het vir die oom en tannie, mag julle brand.

Lana Barnard ·

Hoe hartseer is dit ! Wonder of n huiswerker dalk betrokke was…ai dis tragies dat ons nerens meer veilig kan voel. Sterkte aan die kinders !

Marietjie ·

Dit is so hartseer jy kan sien hul is liefde volle mense…. sterkte aan die familie en vriende. Hul moet onthou hul moet voor God gaan staan eendag. Dan wonder ek hk bring hul nie doodstraf terug nie. Dit is nou tyd om saam te staan. Gaan kyk Steve Hofmeyr se Treurgrond dan sal mense verstaan hk Steve so moedeloos is. Ons sal moet saam staan…….

Koos ·

Siener van Rensburg se voorspelling van die nag van die lang messe??

Chris ·

Alida waar begin ons? Vra jy vir Frans. Kom ek stel voor ons bere vir eers die bybel.

Rasioneel ·

Van te veel bid en niks doen nie dat ons in die gemors sit.

Hannelie ·

Regtig Chris, dit is nou juis die tyd om op jou knieë te bly en onse groot God te vertrou.

susan kerspey ·

Sterkte an di Human gsin &family mag GOD Jul in sy hande hu.

Charles and Sonia ·

We are shocked as we knew oom Tewie very well. This could make us start to react more adversely to any suspicious people around us in the community. Our condolence to the family.

Gert ·

Koos jys verkeerd dis mense wat hulle toelaat in hulle erwe en wat vir hulle werk en baie mense op plotte het n winkeltjie en verkoop goed aan hulle . die mense moet dit stop . skerp jou sekuriteit op en niemand moet by jou werk as jy nie n fotoe staat van sy ID het op jou pc en hy moet dit weet ,

diero ·

Now u talking,the ingredient 4 the solution,slaan d spyker oppi regte plek

Oom Kalahari ·

Nog ‘n sinnelose daad op onskuldige en liefdevolle oumensies. Alle medelye aan die Human familie, vriende en kollegas deur hierfie tydperk van rou en met jul groot verlies.

Jan van der Linde ·

Mag die familie en vriende vertroosting kry dit is so onnodig.
Hiënas gaan so te werk . Ou diere, enkel diere en swakkelinge word deur hulle gedood want ‘ n lafhard is slegs tot dit instaat. Mag die boosdoeners vrot in die hel.

Mel ·

Ag nee regtig, dit raak net erger en erger, ons mense word uitgemoor di een na di ander, wat nou nog, wat moet nog gebeur voor hierdie fantastiese regering gaan wakker skrik, kla kan ons ni kla ni want wie gaan luister, Mag geregtigheid seëvier

foxi ·

En so gaan die patroon voort! Met geen gevoel en respek word weerlose mense vermoor.
Geen misdadigers nog gevind nie???? Soek hulle ooit verder…of gaan die leêr in file 13 gebêre word. As almal daar buite net wil weet hoe n mens in jou hart voel. As jy maar net ‘dit’ of ‘dat’ kon doen om als te regverdig!
Sterkte aan die naasbestaandes.

Idee ·

Maroela, asb skryf berigte oor hoe ons kan paraat wees, wat ons kan doen om onsself te beveilig.

Peet J ·

Hierdie moorde, slagting wat op bejaarde witmense met die ouderdoms groep 60 plus die afgelope 25 jaar plaasvind sal seker voortgaan op grond van die feit dat die regering en ander swart splitergroepe dit aan die apartheidsjare koppel en hulle mense aanhits vir vergelding.
Die onderskeie instansies en politieke partye wat vir die wit mense staan beskik blykbaar oor so te sê , geen magte nie, vir die eenvoudige rede dat hulle gewoonlik indiwidueel optree en nie in ‘n groep om die belangrikheid van hulle saak te beklemtoon nie.
Verder wend hulle , hulle tot internasionale volkere vir hulp met die hoop dat hulle pleidooie op ‘n simpatieke oor sal val ongelukkig het dit nog nie gerealiseer nie omrede die groot moondhede die kleiner volke vir eie gewin gebruik.
Ons wittes in die NSA moet ons ondersteuning weerhou op alle gebiede aan die instansies waarvan ons lede is selfs kerke fisies en finansieel om ons teenkanting te bewys dat daadwerrklike stappe geneem moet word. Verder sit ek ook maar en wag ‘n mens weet nooit.

Jean ·

Dis my Oom en Tannie

Ek en my ouma oom Tiewie se suster is nog baie geskok ek het laasweek maandag met hulle gepraat, ons het so gelag en grappies gemaak. Dis tyd laat die moorde gestop word. Nie net op wit mense nie maar almal. DOOD STRAFFFFFFFFF selfde wat hulle aan ander doen moet hulle trug ontvang. Die gemors hulle was altyd goed vir wit en swart. Maar nee gemors bly gemors hoop jy lees dit. Mag jou lewe hel wees !!!!!!!!!!!!

Frederik ·

Seker weer ‘n eks werker wat om middernag wou kom “pay”.

Jean ·

Hartseer en seer oor my oom en tannie God sal jou straf jou gemors

Mel ·

Jean God slaap ni, baie sterkte aan julle familie en koester al di mooi herinneringe

cobusp ·

Ek wens daar was n oplossing, om die aanhoudende uitmoor van blanke suid afrikaners kan stop….Ek bid vir n leier wat sal opstaan namens die blankes ons kan verenig en rigting aangee die toekoms in…ons verdeeldheid is ons grootste ondergang..hoe ironies dat n skotman wat drie of vier woorde afrikaans kan praat, Angus Buchan begin met n veldtog om die mans te herrinner aan hulle prioriteite om hulle gesinne te lei en begin om soos Christene te lewe, “The Mighty Men” byeenkomstes…die grootste groep mense wat die byeenkomste by gewoon het was afrikaans sprekende blanke mans..wat se dit vir ons???…ons kon nie eers uit ons eie bloed afrikaans sprekende mans n persoon kry om ons godsdiens af te stof en ons probeer rigting gee….nee ons moes wag vir n skotsman om dit te doen…Ek is dankbaar en waardeer alles wat Angus Buchan gedoen het en nog steed doen..maar dit bevraagteken die afrikaner se vermoe om iets te doen vir sy voortbestaan..ek kan maar net dink die afrikaans sprekende vroue in wat se angs hulle leef in die land en hulle kyk op na die mans vir leiding en antwoorde….of vertrou ons te veel aan God om ons te verlos uit die ellende en sit terug en doen niks om ons omstandighede te verander…ek vra maar net.?

Mercy ·

Jammer Buks, ek val jou nie nou aan nie, maar ek stem nie saam met jou stelling nie. Die mooiste blomme word nie eerste gepluk nie, hierdie is nie God se werke of planne nie. Dit is diefstal van die vyand! Ons mooiste blomme word gesteel! Ek raak fedup!

Gerty ·

My genade dit gaan nooit einde kry. Sterkte aan familie dink aan julle. Ek bly in Krugersdorp ons te bang en gaan shopping centres toe. Ons bly agter tralies soos in tronke. Bybel het die tye voorspel. 2 Timotheus 3:1-5. Maar Jehovah gaan ons verlos van die wreedaards. Psalm 37:10, 11, 29. Openbaring 21:1-5. Ons innige meegevoel met die familie. Hulle dag sal kom. Genoeg is genoeg

Skapie ·

My innige simpatie met die naasbestaandes. So hartseer. Huil deesdae so baie oor mense wat ek nog nooit gesien het nie.

Flippie ·

Dit is die gevolg van die ANC, PAC en EFF se propaganda wat wat op leuens, verwronge idees en ideologies geskoei is.

Die genoemde politieke partye is meesters om leuens te versprei en haatgevoelens by gemeenskappe teen witmense te kweek. En hierdie moorde is dir gevolg daarvan.

Dit is nie nodig om iemand te vermoor en te martel as jy sy TV wil steel nie, maar in hierdie land word arm werklose massas deur die rewolusionêre politieke partye geïndoktrineer dat die witmense vir hulle omstandighefe verantwoordelikheid is en dat retrobusie in orde is.

Nou kies hierdie geïndoktrineerde lafaards sagte teikens. Ou mense en vrouens is word meermale teikens. En die regering is meer begaan oor die sewe politieke moorde wat die afgelope tyd geplerg is. Hoofsaaklik agv politieke binnegevegte.

Hennelie de Klerk ·

Ons gedagtes en gebede met die familie van hierdie mense. Gedink dis EEN area wat darem nog relatief veilig is teen die tipe misdaad

Pastoor ·

Hartverskeurend mense wat vir jare hul beste gegee het. Weerlose oumense word net sonder rede vermoor. Mense trek elke dag die volle wapenrusting aan van God. Efs 6.11. Sterkte vir die familie e vriende. Mag die man wat die daad gepleeg het spoedig gevang word

magda ·

Hier is weer drugs betrokke…… groot brakrivier is vol drugs! Dis my eerlike opinie.

Elgeraine ·

Dis baie hartseer..lyk na twee dierbare oumensies. Simpatie aan die familie.

snoefie ·

al ooit gewonder oor al die blankes wat die afgelope paar jaar “selfmoord” pleeg deur hulleself te hang? Dan nog hulle self uit hulle broeke en onderklere stoei om nie te sterf nie? terwyl hulle gewere en bottels pille tot hulle beskikking het? in meeste gevalle maak dit nie saak hoe ek tel nie, die som wil nie sin maak nie.

Helene Roodt. ·

Dink aan families in Di hartseer tyd. Dra jul op aan Vader Hy sal jul dra en krag gee.Nou kan hul rus in vrede Maar dus Ni Maklik !! My man Nov.al 21jr.dood oppad vanaf werk middernag na werk Ni n ongeluk polisie ni gestop by hoofweg. Maar God groter As Groot Hy Dra My Elke Sekond AMEN !! God in Beheer En Al Is Ons Moet Bid Sonder Ophou ! Ons Kan Ni Kwaad met Kwaad Vergeld Se weer God is Groter As Groot ! Staan sterk in Geloof SUID AFRIKA ! Nie Maklik !!

Lance ·

37 mense word elke dag vermoor en elke 4 min word iemand gerape …wat de hel gaan in die mense se koppe aan ….

Marietjie ·

Ja en so sal dit ma net nog n moord wees wat onopgelos word. Hoor of lees nooit van n moord wat op ons boere was wat opgelos word nie. Moordenaars loop vry om aan te hou moorde te pleeg

johann brits ·

Mense moenie vuur spoeg nie,moenie onverantwoordelike dinge se nie.In hierdie tye gaan bid nie help nie,vervloek gaan nie help nie.Bemoemoedig mekaar,ondersteun jou polisie en buurtwag,wees paraat,gee om vir mekaar,doen goed aan almal,moenie deel wees van die probleem nie-wees ‘n lig wat skyn.

Theresa B ·

Dis vreeslik. Mense wat hul besig hou met hul eie dinge en wat ‘n bestaan wil maak en in vrede wil lewe in hul eie veilige plekkie. Dit raak net te veel vir my al hierdie moorde op onskuldige mensies.

Pieter vd Merwe ·

Ag dis hartseer, Tewie was vir 15 jaar my pompman by ons strandhuis, sommer op sy eie gekom sonder dat ek geskakel het. Ons het altyd verwys na die Kakkeman. Ons gaan jou mis !!!!!!!!!!!

andre barnard ·

Die anc regering het nie die leierskap, die kapasiteit of die wil om misdaad te bekamp of te ondersoek nie.

Sandra ·

GESKOK!! Wat antwoord jy vir jou ma van 89 jaar wat vrae vra oor hoekom moet sy nog leef om al hierdie terreur en hartseer te beleef. Haar vriende, Erika en Tewie sal onsettend gemis word en ons is almal tot in ons fondamente geskok. Hulle het dit nie verdien nie, geen mens het die reg om goedsmoed jou erf of jou huis te betree nie en dan sommer net sonder enige gewete jou lewe op ‘n wrede manier te neem nie. Waar was die honde? Is dit dalk iemand wat die gesin geken het? Dit is nie God se wil nie, maar die duiwel wat op die oomblik seëvier in ons land, want ons leef in ‘n wettelose land. “DRUGS” speel ook ‘n groot rol en veral in GBR. Sterkte aan die familie. Tannie Veulah en familie

Theuns ·

Hoor julle!Luister! DIE STILTE IS OORVERDOWEND! Die ANC en die DA is tjoepstil!!! Nie n woord oor al die moorde nie. En dan gaan julle Afrikaners nog vir hulle stem? Baie van die kommentators hier vra wat kan ons doen? Dit is voor die handligend! DRAAI DIE GELDKRANE TOE! MAAR WIE HET MOED OM DIT TE DOEN!

Buks ·

Onthou die ou gesegde wat se die duiwel kan nie by die satan aangeklae word nie. Hou op vra vir die doodstraf gaan vind liewer uit hoekom die doodstraf afgestel is en wie dit wou he.

Oni ·

Alles kom baie verdag voor. Voel meer of dit opdragte is. Kyk na vandag se gemors, of is hier ook n slang in die gras.

Cibo italiano ·

Ma Erika en Pa Tewie was deel van die Cibo Italiano familie….rus in vrede saam. Die van der berg gesin

Het jy iets op die hart? Maroela Media se kommentaarfunksie is ongelukkig gesluit oor die Paasnaweek. Kom kuier gerus later weer!

Nuuswenke kan deur hierdie vorm gestuur word.